Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 111 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 2

4. God het ook nooit vir die mens geleer, om Hom met die lippe te vereer en die harte koud te laat nie. Maar omdat Samuel voor die volk hardop gebid het, dieselfde sommige van die profete, en omdat David vir God die Here sy psalms en Salomo sy Hoëlied gesing het, het die volk met die leë lippegebed en die koue offers begin. {mt.06,07; jes.29,13; 1 kon.18,26; sir.07,15; jl.ev02.111,04-07: jl.ev01.195,04; jl.ev03.036,03-05; jl.ev03.112,08-10; jl.ev03.209,03-04; jl.ev04.001,13-15; jl.ev10.032,04-05}

5. Maar voor God is sodanige gebed en offer ‘n gruwel! Wie nie in die hart kan bid nie, die moet liewers glad nie bid nie, sodat hy hom voor God nie swak gedra nie! Voete, hande, oë, ore en lippe het God nie vir die mens gegee, dat hy daarmee ydel en leë gebede moet bid nie, maar alleen die hart! {mt.06,07; jes.29,13}

6. Maar nogtans kan elke mens ook met die voete, hande, oë, ore en lippe bid; veral met die voete: deur na die armes toe te gaan en vir hulle hulp en troos te bring; met die hande: wanneer hy diegene wat in nood is, onder die arms gryp; met die oë: wanneer hy graag na die armes kyk; met die ore: wanneer hy graag en daadwillig God se woord hoor en sy ore nie vir die gepleit van die armes sluit nie; en ten slotte met die lippe: wanneer hy graag die arme, verlate weduwees en weeskinders troos en met hulle praat en vir die gevangenes volgens sy mag en krag graag ‘n goeie woord by hulle wat dikwels die armes skuldeloos aanhou, aanteken, sodat hulle vir hulle sal vrylaat. {mt.06,07; jes.29,13}

7. Net so bid die mens ook met die lippe, wanneer hy die onkundige leer en hulle tot die ware geloof, tot die regte erkenning van God en tot allerlei bruikbare deugdes ompraat. Dit alles is dan ook ‘n gebed wat vir God hoogs welgevalle is. {mt.06,07; jes.29,13}

8. Indien julle nou dit weet, dan doen ook daarvolgens, - en daar sal nooit by julle ‘n tekort aan seëninge van God wees nie! Want dit is wat dit beteken: Om God in die gees en in alle waarheid te aanbid.

9. Dit staan wel geskrewe, dat die mens sonder onderbreking moet bid, indien hy nie in versoeking wil val nie; maar hoe belaglik en watter volkome onsin sou dit nie wees nie, indien God van die mens ‘n nimmereindigende lippegebed sou vereis! Dan moes die mens, om God welgevalle te wees, dag en nag aaneen op die knieë lê en onophoudelik leë hart- en sinlose lippegebede, nes die voëls in die lug, kekkel! Maar wanneer sou hulle dan enige noodsaaklike werk kon verrig? Maar as julle met hande, voete, oë, ore en lippe aaneen aktief is en is in julle harte altyd lief vir God en julle naaste, dan bid julle in waarheid en sonder onderbreking vir God, wat vir julle daarom ook altyd sal seën en vir julle eendag in die hiernamaals die allergelukkigste ewige lewe sal gee! - Het julle dit alles goed verstaan?”

10. Sê almal: “Ja, Here en Meester, dit is so helder en waar, soos daar helder en waar die lig van die son is, en ons sal almal daarvolgens doen!”

11. Sê Ek: “Goed dan, My liewe vriende, laat ons dan nou weer terug na die stad gaan!”

12. Maar Ebahl het ‘n paar van die agt knegte gevra om saam te kom, sodat hy vir hulle met brood, wyn, vis en vrugte kan versorg. - Toe het ses van hulle onmiddelik saamgekom en Ebahl het vir hulle met alles ryklik voorsien.

Hoofstuk 111 Mobiele weergawe Kommentaar