Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 137 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 2

Hoofstuk 137

1. Sê Ek: “Dit is heeltemal voldoende! Maar Ek sal nou vir jou ‘n ander manier wys, hoe ‘n mens wat in sy hart volmaak is, na die sterre kan reis, sonder om net een linie ver van hierdie aarde af weg te gaan; natuurlik kan jy dan nie so maklik ‘n steentjie as bewys saambring nie! - Nou, jy onthou die ster waarheen jy gereis het?”

2. Sê Jarah: “Ja, Here!”

3. Sê Ek: “Nou, stel hom vir jou baie lewendig in jou hart voor, kyk met jou oë vir ‘n rukkie stip daarheen en sê vir My, hoe hy na ‘n paar oomblikke sal vertoon!”

4. Jarah doen dit onmiddelik en na ‘n paar oomblikke sê sy: “Here, Here, Jy my God, Jy my liefde, ek sien hom nou soos gedurende die vierde been op my heenvlug. Hy word nou al hoe groter en sy lig is byna ondraaglik! A, dit is ‘n verskriklike sterk lig; maar gelukkig maak dit my oë nie seer nie! O, o, nou is die hele firmament net een verskriklike sterk, ongelooflik magtig golwende meer van lig! O God, o God, hoe groot en wonderbaarlik is Jou werke, en Jy wandel in die vlees as ‘n eenvoudige, beskeie mens onder die menswurms van hierdie aarde!

5. O, o, o! Nou is ek weer op dieselfde berg en sien rondom my dieselfde omgewing vol van heerlikhede der heerlikhede! Ek sien dieselfde tempels, dieselfde mense en hulle mooi tuine; ek sien ook baie mooi blomme. Maar die kleinste een van hulle is groter as ‘n huis op hierdie aarde; ek sal hulle nie as ‘n aandenking kan afpluk nie! A, nou sien ek ook allerlei diere en die wonderbaarlik mooiste voëls sien ek ook; maar hulle is ook verskriklik groot! Op die reuse bome hang die mees seldsame vrugte en dan sien ek ook hoe ‘n paar mense in ‘n tuin met die hande die vrugte afpluk en in die mond steek! Nou, nou, van sodanige peer, of watter vrug dit ook al mag wees, sou op die aarde ‘n duisend mense vir ‘n hele jaar genoeg hê om van te eet!”

6. Sê Ek: “Let nou mooi op, jy sal nou na ‘n soort stad van daardie wêreld kom; sê vir My hoe sy vir jou geval?”

7. Jarah slaan haar hande bokant haar kop bymekaar en skree feitlik van ekstase deur te sê: “Maar om Jou allerheiligste naam se wil, dit is ‘n heerlikheid waarvan nog nooit enige mensehart iets kon gedroom het nie! O, dit is onbeskryflik! Watter rye van tempels! Watter gange van suile, watter koepels! Nee, daardie prag, grootte en heerlikheid! Here, ek smeek vir Jou, lei my terug; want daardie te onnoembare heerlikheid in oorvloed sal vir my doodmaak!”

8. Sê Ek: “Nou, maak jou oë toe en dink aan My en aan die aarde, dan sal dit onmiddelik weer beter gaan!” - Jarah doen dit en sien nou die ster weer as ster voor haar.

9. Toe sy weer ‘n bietjie herstel het, vra sy vir My: “Here, het die engel op dieselfde manier vir my die ster gewys soos Jy nou? Want ek het hom nou baie beter gesien as voorheen en was net so te sê geestelik daar. Ek dink die liewe, goeie engel het vir my net vir die skyn ‘n bietjie hiervandaan weggevat en het dan die ster vir my op dieselfde manier gewys!?”

10. Sê Ek: “Nee, die engel het jou wens ten volle uitgevoer! Maar dit was ook net met jou moontlik, omdat jou hart oorvol van liefde is; met elke ander mens sou so iets heeltemal onmoontlik wees om te bewerkstellig. En indien ‘n engel, wat hy wel sou kon doen, met ‘n gewone wêreldmens dit sou doen, dan sou die nabyheid van sodanige engel die wêreldmens oombliklik doodmaak!

11. Maar jy het vir My nou net gevra, of alle sterre sulke wêrelde is; en Ek het vir jou met ja geantwoord. Nou, indien jy, my allerliefste dit wens, dan oortuig vir jou op dieselfde manier! Sien, wanneer ‘n wêreldse jongeling na ‘n jong bruid vry en vir haar uitverkies het, dan maak hy voor haar al sy skatte oop, om hom vir haar, wat sy hart liefhet, nog meer geneig te maak; want as sy hom dan nie ter wille van sy persoon wil hê nie, dan sal sy hom wel van weë sy groot skatte aanneem. En sien, Ek doen nou met jou dieselfde, sodat jy eendag gedurende die versoeking van die wêreld, nie van My hart afvallig sal raak nie. Daarom moet jy jou nou van My skatte oortuig, sodat jy kan insien, dat Ek nie so arm is, soos My uiterlike dit vir die mense verkondig nie. Sien, Ek is nou eenmaal jou geliefde en wys derhalwe ook vir jou ‘n paar van My groot besittings!”

12. Sê Jarah: “Here, Jy my lewe, indien ek derhalwe na nog ‘n ster moet kyk, om vir my daardeur voor ‘n ontrouheid in my liefde vir Jou te bewaar, dan sou ek jammer wees, dat ek reeds na die een ster gekyk het; want Jy alleen is vir my eindeloos meer as al die tallose sterre met al hulle heerlikhede! Waarlik, om vir Jou bo alles lief te wees, het ek niks nodig nie, ewig niks nie, as net vir Jou alleen; maar uit liefde vir Jou, omdat Jy dit so wil hê, kyk ek ook graag na die wonders van Jou mag en wysheid!”

13. Sê Ek: “Luister, jy My allerliefste Jarah, Ek kyk in jou hart en lees daarin, hoe baie jy vir My liefhet en ken ook jou trou; maar jy is nou nog meer ‘n kind as ‘n volwasse meisie. Tot dusver was jy voortdurend onder die beskerming van My engele, en die bose geeste van die wêreld kon nie vir jou nader nie; maar wanneer jou jare ryper sal word, dan sal jy vanuit jou eie krag die bose wêreld en haar luste moet weerstaan, om daardeur volgens My onveranderbare orde vir alle wesens, uit jouself ‘n vaste bodem te herwin, waarop jy vir My waaragtig in die gees en in alle waarheid sal kan nader. En sien, daar het die wêreld ‘n sterk mag oor die mens, omdat die wêreld grotendeels deur die hel beheer word, en dan kos dit die siel sommige harde stryd, om nie deur haar eie vlees en bloed en daardeur dan ook deur die wêreld verslind te word nie!

14. Jou voorkoms is baie mooi. Binnekort sal die wêreld se jongelinge hulle oë op jou rig en vir jou hart en hand aanbied, en dit sal vir jou moeilik wees, om hulle te weerstaan. Maar wanneer sodanige tyd sal kom, dan dink in jou hart aan My en alles dit wat jy op hierdie hoogte gehoor en gesien het, en die oorwinning oor die wêreld sal vir jou maklik word!”

15. Sê Jarah ‘n bietjie hartseer: “Maar dit moet mos van ewigheid af vir Jou duidelik wees, of ek ooit teenoor Jou ontrou kan word!? En as Jy in my ‘n toekomstige ontrouheid gewaar, hoe kan Jy vir my lief wees? En kan Jy dit vir ‘n toekomstige sondares toelaat, dat sy vir Jou nader?”

16. Sê Ek: “Dit is vir jou, My allerliefste Jarah, nog veels te hoog! Maar van weë My besondere liefde vir jou, sal Ek nogtans vir jou iets sê: Sien, Ek kan wel alles sedert ewigheid af weet wat met ‘n mens sal gebeur, indien Ek dit wil; maar sodat die mens gedurende die jare van sy ryp wording, vry en ongehinderd kan optree, trek Ek vir ‘n bepaalde tyd My oë van hom af weg en neem geen kennis van sy vrye handelinge nie, behalwe hy vra vir My innig, om hom gedurende die vrye geveg met die wêreld by te staan. Dan sal Ek na hom kyk, sal hom op die regte pad help en sal hom by die geveg met die wêreld die nodige krag verleen. {mt.07,07-08; lk.11,09-10; jl.bmar.179,14; jl.ev01.145,04-05; jl.ev03.100,17; jl.ev05.267,03; jl.ev08.069,02; jl.ev08.108,11-14;}

Hoofstuk 137 Mobiele weergawe Kommentaar