Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 137 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 2

16. Sê Ek: “Dit is vir jou, My allerliefste Jarah, nog veels te hoog! Maar van weë My besondere liefde vir jou, sal Ek nogtans vir jou iets sê: Sien, Ek kan wel alles sedert ewigheid af weet wat met ‘n mens sal gebeur, indien Ek dit wil; maar sodat die mens gedurende die jare van sy ryp wording, vry en ongehinderd kan optree, trek Ek vir ‘n bepaalde tyd My oë van hom af weg en neem geen kennis van sy vrye handelinge nie, behalwe hy vra vir My innig, om hom gedurende die vrye geveg met die wêreld by te staan. Dan sal Ek na hom kyk, sal hom op die regte pad help en sal hom by die geveg met die wêreld die nodige krag verleen. {mt.07,07-08; lk.11,09-10; jl.bmar.179,14; jl.ev01.145,04-05; jl.ev03.100,17; jl.ev05.267,03; jl.ev08.069,02; jl.ev08.108,11-14;}

17. En sien, op grond van dieselfde rede wil Ek ook nie by jou in die toekoms kyk nie, sodat jy in jou handelinge vry kan bly; maar daarom leer Ek nou vir jou, sodat jy tydens die versoeking vir jou aan alles werkdadig kan herinner. Ook die beskermengel sal vir jou in daardie tyd alleen los; maar wanneer jy uit jou eie krag die wêreld volledig sal oorwin het , dan sal hy weer na jou toe kom en vir jou in alle dinge dien. - Het jy, My allerliefste Jarah, dit so ‘n bietjie verstaan?”

Hoofstuk 137 Mobiele weergawe Kommentaar