7. Stahar sê: "As dit so is, wat ek binne my persoonlike sfeer gladnie wil betwyfel nie, vra ek egter: Wat doen ons dan met Moses, by wie tog ook goed uitdruklik en duidelik staan: 'Geen mens kan God sien en tewens die lewe behou nie!”? Tewens vind ons in Moses `n formele verbod, van God se kant af aan die groot siener, waarin daar staan dat `n mens God met geen enkele afbeelding, hoe verhewe ookal, mag voorstel nie! Maar jy sê dat die Messias, volgens die gesegde van Dawid, nou Self as `n mens In corpore (liggaamlik), dus volkome en in daardie vorm, rondwandel!? Hoe staan dit nou met die verbod van God aan Moses, wat moet daarmee gebeur?! Eén moet verval, hetsy Moses of jou Messias, want beide Moses en Dawid kan tog onmoontlik gelyk hê!"
|