Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 254 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 4

Die grootte van die skepping

1. Ek sê: "My beste vriend Mathaël, die onoorbrugbare verskil tussen God en die geskape, sterflike mens, selfs die allervolmaaktste, bly steeds bestaan. In alle ewigheid kan dit nie verander word nie, dat God in Sy oerwese voortdurend ewig en oneindig in alles is en moet wees, terwyl die mens wel ewig voortaan steeds volmaakter in sy geestelike wese sal bestaan, maar tog nooit die oneindige maat van die oerwese van God sal kan bereik nie.

2. Die mens kan aan God gelyk word in sy vorm, ook in die liefde en in haar krag, maar tog ewig nooit in geheel in die wesenlike omvang van die eindelose wysheid in en uit God nie. So sou die lang ewigheid met hul tallose ewigheidsperiodes wel heelwat baie kon bevat wat in die eindelose ruimte beslis plek sal vind, maar waarvan selfs `n oeraartsengel beslis nog nooit van gedroom het nie! Want ook die bevattingsvermoë van `n oeraartsengel is daarvoor nog baie beperk; eers wanneer elke oeraartsengel, net soos Ek die weg van die vlees deurgemaak het, sal hy ook meer kan inneem, - maar onmoontlik nie alles van die algehele, ewig nooit eindigende oneindigheid nie!

Hoofstuk 254 Mobiele weergawe Kommentaar