Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 255 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 4

Die menswording van die Heer in ons skeppingsperiode en op ons aarde

1. Ek sê: "Nee, My vriend, domheid is dit bepaald nie, maar vir `n aardse lewe wat te ver en te diep graaf in nuuskierigheid; want solank die siel nie volledig één geword het met My Gees in haar nie, kan jy sulke sake onmoontlik diep genoeg vat en begryp nie. As jy binnekort ook die geestelike wedergeboorte bereik en aan hierdie kant in die ryk van God selfs geestelik as `n volmaakte wese sal bestaan, sal jy wel baie tot op die bodem begryp, maar natuurlik slegs maar in soverre dit betrekking het op hierdie teenswoordige skeppingsperiode, binne wie se orde elkeen vroeër bestaan het en nou, voltooid in geestelike vorm, nog steeds voortbestaan. Maar tog bestaan daar tussen hierdie en alle voorgaande skeppingsperiodes, net soos tussen hierdie aarde en alle tallose ander hemelliggame binne die oermens van die skepping, `n enorme groot verskil.

2. Tydens geen van die ewige, tallose voorskeppings, wat alles `n groot menslike oervorm van geskape wêrelde vorm, het Ek My deur die krag van My wil op die en of ander aarde as mens met die vlees omhul nie, maar Ek tree slegs met haar menslike skepsele in kontak deur middel van voor die skepping geskape, suiwere engelegeeste. Slegs hierdie skeppingsperiode het ten doel om My op `n willekeurige, klein, aardse hemelliggaam, wat nou juis hierdie aarde is, vir alle voorafgaande asook vir alle in die nooit eindigende ewigheid volgende skepping, in My ewige, oergoddelike wese in die vlees en in die mees beperkte vorm te laat aanskou en deur My Self onderrig te word.

3. Ek wou My vir alle toekomstige tye en ewigheid nie slegs, soos gewoonlik, ware en werklike, volledig op My lykende, kinders skep nie, maar hulle egter deur My Vaderlike liefde uitverkies, sodat hulle dan met My oor die hele oneindigheid sou heers.

4. Om dit egter te bereik, huldig Ek, die oneindige, ewige God, die vernaamste sentrum van My goddelike wese in die vlees, om My aan julle, My kinders, as sigbare en tasbare Vader aan te bied en julle Self deur My hoogste eie mond en hart die ware, goddelike liefde, wysheid en krag te leer, waardeur julle dan, gelyk aan My, nie slegs oor alle wesens van hierdie teenswoordige skeppingsperiode moet en sal heers nie, maar ook oor die voorafgaande en alles nog komende.

5. En daarom het hierdie skeppingsperiode, ten voorskrif van alle ander, wat deur julle nog lank nie duidelik genoeg as voorreg besef word nie, dat hierdie in die hele ewigheid en oneindigheid die enigste is waarin Ek Self die menslike, vleeslike natuur heeltemal aangeneem het. Ek het My binne die hele, groot skeppingsmens, binne hierdie hulsglobe, (ronde sfeer) in die gebied waar Sirius die sentrale son is, uit die tweehonderd miljoen sonne wat hom nou omsirkel en van die talle aardbolle, wat haar omsirkel nou juis hierdie sfeer, waarop ons onsself nou bevind, uitgekies, om Self mens daarop te word en julle mense uit te verkies as My ware kinders vir die hele oneindigheid en ewigheid, sowel voor- as terugwaarts. As jy, Mathaël, soos een van die bekwaamste rekenkundiges, dit goed in die oog hou, sal die ewigheid en die oneindigheid van die ruimte jou nie meer so baie druk nie.

6. Vir die eindige en begrensde siel, ook al is sy nog so wys, is die oneindigheids- en ewigheidsbegrippe inderdaad iets onbegrypliks, wat haar noodsaaklikergewys voortdurend sal bedruk; maar dit geld nie meer vir die eens gewekte gees in haar nie. Want die is vry en in alles aan My gelyk, en sy beweging is al reeds van die aard dat alle ruimteverhoudinge vir hom heeltemal niks voorstel nie, en dit, vriende, is al `n baie belangrike eienskap van die geestelike mens!

7. Stel jou eers alle enorme bewegingsnelhede van die hemelliggame voor, soos wat Ek dit aan julle al by `n vroeëre geleentheid voldoende uitgelê het, dan sal julle gou ontdek dat die geweldige groot bewegingsnelheid van die sentrale sonne wat aan julle verkondig is, ook al word dit eonsmaal vergroot of tot die eonste mag verhef, `n ware slakkegang is vergeleke met die snelheid van die gees. Hulle het vir die aflê van `n baie groot afstand in die ruimte tog altyd, na gelang van die afstand, `n bepaalde tyd nodig, terwyl vir die gees elke nog so onmeetlike afstand gelyk is; want vir die gees is 'hier' en die nog so onmeetlike ver daarvandaan geleë 'daar' één en dieselfde, terwyl vir elke ander beweging die verskil in afstand in die ruimte wesenlik baie is.

8. Verder maak Ek jou daarop opmerksaam, dat uit die menslike gees, ook as hy nog nie volledig één geword het met die siel nie, tog met `n spesiale gevoel in die siel stroom en hom as iets suiwer geesteliks kenbaar maak deur hom alle gebeurtenisse - ook al sou dit `n ewigheid van die huidige tyd gebeur het! - steeds so voor te stel asof dit nou gebeur, asof die gees daar toe ook reeds as oog- en oorgetuie by was. Die afstand tot sulke reeds lank gebeurde dinge stel die beperkte siel haar eers later in haar brein voor. In die siel kom die herinnering in die plek van die geestelike gevoel; maar die herinnering plaas die feit nie in die teenswoordige tyd nie, maar verplaas dit, na gelang van die tydsverloop, na die tyd waarin dit plaasgevind het. Die gees verplaas hom egter geheel in die periode van handeling asof hy daar aanwesig was, en haal iets toekomstigs ook sodanig vir die gees asof dit reeds aanwesig is, hetsy dit reeds begin het of reeds lank terug gebeur het.

9. Die geleerdes noem dit die suiwer geestelike gevoel van die gees en van die haal van feite uit die verre verlede, of feite wat nog in die toekoms moet plaasvind, die 'fantasie' van die mens. Maar dit is nie dit nie, omdat `n mens se fantasie slegs maar dit kan noem, wat die siel self uit die voorraad van haar beelde as iets nuuts saamstel, waardeur sy dan verder in die vrye natuurwêreld nie voorhande vorm of werk tot stand bring nie. Uit die vermoë, wat slegs maar uit die siel stam, het alle gereedskap, alle geboue en kleding van die mense en fabels en allerlei digwerke voortgekom, waarvan die agtergrond baie selde volle waarheid is, maar meestal slegs pure leuens en eintlik heeltemal niks voorstel nie.

10. Dit is dus wat die mens fantasie kan noem; maar wat eerder genoemde aanwesigheidsgevoel by sake uit die verlede of ook uit die toekoms, is iets kenmerkend van die lewende gees, en die suiwer denkende mens kan daaruit uitmaak, dat die gees in die mens nog met die ruimte en ewe-min met die tyd iets te make het, en daardeur bo tyd en ruimte staan.

11. Ruimte bestaan dus slegs vir die gees as hy dit skep en wil hê, en vir tyd geld dieselfde. Wil hy geen tyd hê nie, dan kom daarvoor in die plek dadelik die ewige aanwesigheid van die verlede, hede en toekoms.

12. Ten slotte kon julle nog `n derde suiwer geestelike eienskap in julleself bespeur, as julle egter aandag daaraan sou gee! Hierdie eienskap bestaan hierin, dat julle jul iets, ook al is dit nog so groot, opeens in al sy dele kompleet kon voorstel en met één blik die hele songebied kan oorsien. Die siel moet met haar sintuiglike waarnemingsvermoë `n saak van alle kante langsaam en langdurig bekyk, betas en beluister en moet dit ontleed, om haar eers na verloop van tyd `n voorstelling van die geheel te kan maak. Die gees vlieg egter sowel uit- as inwendig in `n nouliks denkbare, blitsige oomblik om `n gehele sentrale son, en net so gou ook om `n onnoemlike aantal van sulke sonne en al hul planete; en hoe magtiger die gees is deur die orde waarin die siel verkeer, hoeveel helderder en duideliker is ook haar oor- en insig van die grootste en eindeloos gekompliseerde aangeleenthede van die skepping.

13. 'Ja', sê julle, en tereg selfs, 'hoe is die gees dan in staat tot so `n ongelooflike snelle totale oorsig?' En Ek sê en antwoord julle; “Op volmaak gelyke wyse as waarop `n volmaakte, volgens die natuurlike orde ontwikkelde siel in staat is deur haar uitstralende lewenseter op `n afstand dinge gewaar te word en aan te voel, soos wat julle dit voldoende by die swartes ondervind het. Maar by die siel, wat slegs maar substansieël is, is die eienskap tog, hoe sterk ook, nie te vergelyk met die van die gees nie, omdat sy noodsaaklikergewys nog ruimtelik beperk is. Daardeur kan sy slegs maar met bepaalde bo-sinlike, natuurlike oerelemente buite haar basisvorm dink en voel, en hoe nader sy by haar eintlike, menslike lewensvorm staan, hoe gevoeliger en suiwerder kan sy dit doen. Oor baie groot afstande geluk dit moeiliker, selfs in haar volmaakste, natuurlik suiwerste sielstoestand; en ook al het `n siel so `n sterk uitstralende lewensfeer, dan sal sy, as sy van hier uitstraal, in Afrika al heeltemal niks meer kan waarneem nie."

Hoofstuk 255 Mobiele weergawe Kommentaar