Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 5

3. MARKUS sê: “Ja, hemelse vriend, jou manier om die spyse uiters vinnig op die tafels te plaas, sou natuurlik baie voordelig wees - want ondanks die hulp van die dienaars van Cirénius, sou dit tog nog wel lank duur voordat die voedsel vir soveel mense op die tafels geplaas is; maar daar is hier `n ander haakplek! Daar is nog glad nie voldoende voedsel klaar voorberei nie! As jou boaardse bedrewenheid iets daaraan kan doen, dan sou dit op hierdie oomblik goed te pas kom; anders sal dit nog wel `n goeie halfuur duur voordat alles gereed sal wees om opgedien te word!"

4. Heel gemoedelik sê RAFAEL aan Markus: “Dit dink ek immers ook: Om so vinnig moontlik alles voor te berei en net so gou die tafels van die passende spyse en drank te voorsien! Ek sê jou, mens hoef net die wil te hê, dan werk alles! As jy wil, kos dit my maar net `n baie kort oomblik en dan staan alle spyse ook al op die beste voorberei voor die gaste op die tafels!"

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar