Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 211 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 5

9. En nou het ons 100 korrels wat ons ook in die aarde gaan lê! Hieruit kry ons dan al 100 are, elk met 100 korrels, dus alles bymekaar 10.000 korrels. En sien, die 10.000 korrels, die 100 halms en are, moet ook al geestelik in die een korrel aanwesig gewees het, soos wat hierdie korrel self al inbegrepe moes gewees het in die een korrel wat as eerste uit God se hand in `n vrugbare voor van hierdie aarde geval het, omdat `n mens hom andersins nie kan voorstel dat voortplanting moontlik kan wees nie. Julle het hier opnuut `n bewys van hoe iets selfs oneindig en ewig in één so `n korrel aanwesig is.

10. Julle dink nou weliswaar by julleself: “Ja, dit is wel met `n korrel die geval wat weer as saad in die aarde gesaai gaan geword; maar wat gebeur daar met die korrels wat tot meel gemaal word, en dan as brood deur mense of ook deur diere geëet word?' Ek sê vir julle: Waarlik, die korrels is nog beter daaraan toe; want daardeur gaan hulle al in `n meer volkome lewe oor, waarin hulle hulleself dan soos `n geïntegreerde deel van `n hoër lewe netso, en nog meer egter in homself, in tallose idees en lewendige begripsvorms kan vermenigvuldig; slegs die baie materiële kaf word as uitwerpsel uitgeskei, waardeur dit dan egter ook tot `n meer edel vrugbare humus van die aarde word, waaruit die kiemgees in die verskillende saadkorrels vorm en die onsterflikheid aantrek. Wat daar egter met die strooi en die kaf van die plante gebeur, gebeur op `n nog baie edeler manier met die vleeslike liggaam van die mens.

11. En so kan julle niks aan die mens vind wat verganklik en begrens is nie, maar slegs wat veranderlik is op weg na `n bepaalde geestelike doel, en sodoende is dit bes moontlik dat `n mens oneindige en ewige sake, tyd, ruimte, krag, lig en lewe baie goed verstaan, omdat dit alles in hom aanwesig is.

12. Maar natuurlik kom dit veral neer op die onderrig wat `n lig vir die siel is. As dit ontbreek, soos wat dit nou by die meeste mense die geval is, dan ontbreek alles eintlik, en sonder so `n geestelike lig sien en verstaan die siel van die mens selfs nog minder van wat in haar is, soos `n blinde in die nag verstaan van wat daar om hom heen plaasvind en ook maar in sy omgewing gebeur.

13. En, sê My nou, Epifanus, of jy My mening verstaan en opgeneem het! Daarna sal Ek jou eers sê of Ek met My gees wel die oneindige ruimte en die ewigheid deurdring. Spreek nou heeltemal vry en sonder om te skroom?”

Hoofstuk 211 Mobiele weergawe Kommentaar