Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 71 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 5

6. Word die materie opgelos, dan gebeur dit ook met die siel. Sy word, in elk geval vir die grootste deel, opgelos in die substansiële, psigo-eteriese oerkragatome en daarby bly daar vir die eintlike siel na die afval van die vlees niks anders oor as die een of ander liglose en dikwels byna lewelose skeletagtige grondtipe van `n dier, wat nie die minste gelykenis het met die wese van `n mens nie.

7. So `n siel bevind haarself dan in `n toestand wat die oeraartsvaders, wat begaafd was met die vermoë om geestelik te sien, ‘SHE OULA’ (hel = dors na lewe) genoem het, wat `n baie ware en korrekte benaming was.

Hoofstuk 71 Mobiele weergawe Kommentaar