Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Geestelike Son, Boek 1

Waardeur kom die eenwording van die glas egter vervolgens tot uitdrukking? Deurdat alle dele nou die straal van die son op een en dieselfde manier opneem en deur en deur verlig word, dus heeltemal van lig versadig is. Tog kan hulle die opgeneemde lig geheel ongehinderd deur hulle heen laat gaan. Kyk, so leer die vensterglas julle reeds, hoe die hemelse verhoudings geaard is en tewens leer dit julle ook om die geestelike son op `n beduidende hoër trap te beskou. Ons sal ons egter nog nie met dié voorbeeld tevrede stel nie, maar by `n volgende geleentheid nog enkele dinge aanhaal, waardeur ons dan op die maklikste manier heeltemal tot die geestelike son self kan opstyg om onuitspreeklike heerlikhede daar te aanskou! – Die Geestelike Son, Boek 1, Hoofstuk 1, Paragraaf 21

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar