Hoofstuk 54
![]() ![]() | Die Geestelike Son, Boek 2 |
Elfde verdieping. Die vooruitgang van die gees 1. Julle sê en vra nou: Ons kom dus op die eintlike dak van die gebou, wat jy `n groot oop plein genoem het. Dit is alles goed en wel, liewe vriend en broeder, maar bevind ons onsself, hier op die oop plein, nou werklik op die elfde verdieping, oftewel die twaalfde galery? Omdat die dak tog onmoontlik as `n galery of `n verdieping beskou kan word, kan ons die uitsig, wat ons vanaf die welbekende gebergte gehad het, nie verklaar nie, want ons het tog baie duidelik twaalf verdiepings gesien. Was hierdie twaalf verdiepings slegs gesigsbedrog of sit iets anders daaragter? Ons het dit tydens die beklimming van die wonderlike gebou al eens oor hierdie vreemde verhouding gehad, maar toe het jy ons na `n beter geleentheid verwys en gesê: Hoe dit daarmee gesteld is, sal ons op die korrekte plek verneem. Daarom sou ons graag werklik van jou wil hoor of die oop plein miskien die korrekte plek sal wees waar ons die antwoord sal verneem. 2. Liewe vriende en broeders, ek sê vir julle: Klim maar dapper omhoog, dan sal julle bokant in die skitterende buiteruimte vanself goed sien wat julle alles sal ondervind. 3. Dit wat julle soseer ter harte lê, het nie so 'n groot betekenis as wat julle wel dink nie, maar is van die aard, dat dit sondermeer, by die eerste aanblik bokant in die oop lug, vanself duidelik sal word. Ons sal egter in die vrye ruimte baie ander dinge teëkom wat verreweg van groter gewig en `n hoër geestelike belang sal wees as die twaalfde verdieping wat julle nog mis. Gaan dus nou maar vreugdevol en vinnig na bo, sodat ons ons vrye ruimte so vinnig as moontlik kan bereik. 4. Kyk, wanneer `n mens sy treë versnel, bereik `n mens sy doel vinniger as wanneer `n mens dit vertraag. Dit is `n waarheid soos `n koei en het geen wiskundige bewys nodig nie; maar die gees is ook in staat om voorwaarts te tree en wel veel meer as die stoflike liggaam. Maar hoe kan die gees sy treë versnel en hoe vertraag? Kyk, dit is nie so vinnig volkome duidelik te begryp nie; daarom sal dit nodig wees om, voordat ons die boonste oop plein volledig betree, nog enkele woordjies daaraan te besig. Luister daarom na my! 5. Julle weet dat die vooruitgang van die gees nie bestaan uit die sodanige wyser word nie, maar enkel en alleen uit die steeds meer vervul word van liefde vir die Heer, en uit hierdie steeds groter rykdom aan liefde groei al die ander volmaakthede en bekwaamhede van die gees sondermeer op. As dit helder en begryplik is, dan is die vraag; hoe moet die mens die aanleg verkry om so vinnig as moontlik `n oorvloed aan liefde vir die Heer te hê? Want dit is tog bekend dat `n hele spul mense hulle verskriklik baie aan die Heer geleë laat lê. Vra mens hulle egter na hulle geestelike vervolmaking, dan sê hulle: 6. Wat ons geestelike vervolmaking betref, daarvan sal die goeie God goed weet hoe dit daarmee gesteld is. Ons hou ons soveel moontlik aan Sy gebooie, ons neem alle ander reëls in ag, ons hou die daaglikse Sabbatsrus en bid baie tot God, die Heer en vra Hom ook altyd om ons gees so vinnig moontlik te vervolmaak. Maar desondanks merk ons nouliks enige vooruitgang en as ons nie baie goed op onsself let nie, dan kom dit nog bowendien vir ons voor asof ons gees nie slegs geen vooruitgang geboek het nie, maar eerder agteruit gegaan het, sodat daar so menigmaal `n ligte vertwyfeling by ons opkom en dat ons dink dat: Óf ons is gladnie vir so `n geestelike voortgang voorbestem nie, óf die hele bewering oor die vervolmaking van die gees is, altans in die aardse lewe, niks anders as `n vrome fabel nie, of tog op sy minste `n hipotese. 7. Wel nou, beste broeders en vriende, dit is gewoonlik by die mense op aarde die mees gangbare antwoord op die vraag oor die aarselende vooruitgang van die gees. 8. Sou daar dan geen moontlikheid wees om so `n voortgang te bespoedig nie? Sou daar dan geen Corneliusse meer bestaan, oor wie God se Gees gekom het, nog vóór hy deur Petrus gedoop was? Kyk, dit is `n heel ander vraag en die antwoord daarop is verseker van die grootste praktiese belang. Maar hoe sal ons so 'n besonder belangrike vraag, so kan beantwoord, dat elkeen dan ook tevrede sal wees met die helder insig wat hy daardeur verkry het? Dit sal vir ons nie so moeilik wees nie, want as daar voldoende aanskoulike voorbeelde vir `n saak is, hoef mens haar slegs op hierdie manier evangelisties te beskou, en die antwoord sal vanself volg. Daarom sal ons onsself nie langer met inleidinge ophou nie, maar dadelik die eerste en beste voorbeeld ter hand neem.
|
Hoofstuk 54
![]() ![]() |
Mobiele weergawe ![]() |