Hoofstuk 54
![]() ![]() | Die Geestelike Son, Boek 2 |
8. Sou daar dan geen moontlikheid wees om so `n voortgang te bespoedig nie? Sou daar dan geen Corneliusse meer bestaan, oor wie God se Gees gekom het, nog vóór hy deur Petrus gedoop was? Kyk, dit is `n heel ander vraag en die antwoord daarop is verseker van die grootste praktiese belang. Maar hoe sal ons so 'n besonder belangrike vraag, so kan beantwoord, dat elkeen dan ook tevrede sal wees met die helder insig wat hy daardeur verkry het? Dit sal vir ons nie so moeilik wees nie, want as daar voldoende aanskoulike voorbeelde vir `n saak is, hoef mens haar slegs op hierdie manier evangelisties te beskou, en die antwoord sal vanself volg. Daarom sal ons onsself nie langer met inleidinge ophou nie, maar dadelik die eerste en beste voorbeeld ter hand neem. 9. Laat ons eens aanneem dat daar in een of ander hoofstad duisende is wat byvoorbeeld musiek beoefen. Onder hierdie duisende is daar tenminste enkele honderde wat werklik musikaal begaafd is; maar hoeveel van al hierdie leerlinge sal daaruit as waaragtige musici en virtuose (meesters) na vore tree? Miskien één, maar miskien ook selfs geen enkele een nie; en mens kan `n stad uiteindelik gelukwens as daar uit tien jaargange één of hoogstens twee voortkom wat homself tereg "kunstenaar" of "virtuoos" mag noem. Is dit nie `n ware smaad vir die mensdom nie? Want elkeen kan tog sê: Ek het immers ook `n onsterflike gees, `n ewebeeld van God in my! Hoe is dit egter met sulke ewebeelde van die allerhoogste volmaaktheid gesteld, as daar maar enkeles van hulle is wat weet om hulle nouliks bokant die middelmatiges uit te werk? Die grootste aantal bly al sondermeer onder die vriespunt steek, alhoewel hulle ook ewebeelde van God is. Waarom dit so gaan, sal ons nou dadelik in die studeerkamers van ons musiekstudente sien. 10. Kyk, daar lê `n straatjie met so 'n honderd huise; daar woon ten minste duisend jongmense wat musiek bestudeer. Laat ons by nommer 1 binnegaan. Kyk, daar lê die leerling nog heerlik en slaap en dan is `n aardige stuk van sy instrument nog verwyder; sal hy wel `n kunstenaar word? Ek dink dat die mens nie die kuns met slaap sal leer nie! Ons gaan huis nommer 2 binne. Kyk, die leerling daar verklee hom juis om uit die mooi dag iets te haal en `n uitstappie na die platteland te maak, iets waarvan hy baie hou. Sal hy wel `n kunstenaar word? Ek dink dat die mens op straat, in die veld, of in die bos, nie die kuns sal kan leer nie. Ons gaan huis nommer 3 binne. Kyk, daar sit tog werklik `n leerling met sy instrument en oefen sy opgawe huiwerend. Sal hy miskien `n kunstenaar word? Ek dink dat `n huiwerende ywer vir die kuns te gering is. 11. Maar laat ons weer na die volgende huis gaan. Kyk, daar tref ons glad geen leerling aan nie en die slordig deurmekaar lêende musiekboeke, wat verder baie versorg daaruit sien, gee ons voldoende bewys van die ywer van ons leerling. Sal daar miskien uit hierdie een `n kunstenaar groei? Ek dink, dat die hele instrument eerder in goud sal verander as dat hierdie leerling `n kunstenaar sal word. Laat ons die volgende huis binnegaan; miskien vind ons daar so 'n aankomende kunstenaarsheld. Luister, daar sit sowaar iemand en oefen; maar kyk net goed na hom, sy oë staan vol trane, want hy word net deur sy vader, wat baie geld vir sy seun uitgegee het, met `n pak slae tot studeer aangepor. Sal hierdie leerling `n kunstenaar word? Julle sê al: ‘ex trunco non fit Mercurius’, wat soveel wil sê as: As die liefde vir die kuns met geweld ingeslaan moet word, dan sal daar nie veel kunstenaarskap tevoorskyn kom nie. Moet ons nog meer huise binnegaan om soortgelyke kunsbroeders te besoek? Ek dink dat dit nie nodig sal wees nie. 12. Maar kyk, heeltemal aan die einde van die straat staan `n baie onooglike krotjie, waarin `n armlike familie gehuisves is. Daar sal ons binnegaan en sien hoe die kuns daar beoefen word, omdat `n kind van hierdie armlike vader ook musiek bestudeer. Wel nou, hierdie knaap het vandag al minstens agt uur gestudeer; maar saans wil die vader hom om gesondheidsredes saamneem vir `n klein wandeling. Kyk nou net na die jongman, hoe hy sy instrument aan die hart druk en dit liefkoos, asof dit sy beste lewensgesel was. Slegs met baie moeite en oorredingskrag van die vader, kan ons kunsbroeder hom met trane in die oë van sy liefling losmaak, terwyl hy sê: My dierbaarste kleinood, ek kom gou, ja baie gou weer na jou toe terug! Ek vra nou; sal hy `n kunstenaar word? Luister maar net na die tone wat hy al na `n kort tydjie geleer het om aan sy instrument te ontlok en julle sal sê: Ag, dit is wonderbare tone! Mens sou sê dat hulle van boaardse ruimtes kom. Ja, ja, my liewe vriende en broeders, hierdie jongman sal sekerlik `n groot kunstenaar word, want hy het wel die korrekte leermeester in homself en sy leer hom, om alles aan die kuns op te offer en nêrens `n groter vreugde te vind as juis in sy musiekstudie nie. 13. Alle voriges was ook wel leerlinge in die kuns, maar hulle het geen liefde vir haar nie en sal dit daarom sonder hierdie meester (die liefde) ook nooit sover bring nie. Maar waarom het hulle geen liefde nie? Omdat die wêreldse gedoe vir hulle beter was as die selfverloëning en die volledige oorgawe aan die liefde vir die kuns. Om die rede egter sal hulle ook net die vrugte van hulle wêreldse gedoe pluk, maar nooit die van die skitterende kuns nie. 14. Wel nou, die voorbeeld gee ons voldoende opheldering oor die basis wat aan die bespoediging van die geestelike vooruitgang ten grondslag lê. 15. Sou mens wel die innerlike volmaaktheid kan bereik op wandelinge, in teaters, in die gesellige vriendekring of by ander wat se wêreldse sake dit dan ook is? O nee, uit al die wêreldse gedoe groei geen Corneliusse op nie, soos die Heer Self ook baie duidelik aangetoon het met `n gelykenis waarin Hy verskeie vriende vir `n gastemaal uitgenooi het, maar die vriende allerlei verontskuldiginge aanvoer waarom hulle geen gevolg aan die uitnodiging kon gee nie. Die een was druk besig met `n stel osse; `n ander met huweliksaangeleenthede; `n derde met die aankoop van `n stuk grond en sodoende kon niemand kom nie. Kyk, dit is wêreldse beslommernisse wat die vooruitgang van die gees verseker nie bespoedig nie. Hierdie mense is weliswaar baie respektabele vriende van die Heer, anders sou Hy hulle nie laat uitnooi het nie; slegs die tyd ontbreek hulle om te kom. 16. Die Heer spreek egter tot die ryk jongeling: "Gee alles weg en volg My, dan sal jy `n skat in die hemel vir jouself berei", of met ander woorde: Dan sal die volmaaktheid van die gees jou ten deel val! 17. Wie hierdie roep nie opvolg soos my broeders, die apostels nie, wat soos julle weet, die Heer na die eerste oproep gevolg het, hulle moet hulle dan ook laat welgeval wat die Heer presies so met hulle sal doen as met die geroepenes wat met die Heer oorleg probeer pleeg het. Daaruit kan ons die volgende in `n baie kort reël saamvat: 18. Hoe meer wêreldse gedoe, des te minder geestelike vooruitgang; hoe minder wêreldse gedoe, des te vinniger die voortgang van die gees. Sonder enige wêreldse gedoe kan `n Cornelius egter uit elke mens groei. Meer het julle nie nodig nie: Open daarom die poortjie en klim na die ligte, vrye ruimte! |
Hoofstuk 54
![]() ![]() |
Mobiele weergawe ![]() |