Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 54 Die Geestelike Son, Boek 2

8. Sou daar dan geen moontlikheid wees om so `n voortgang te bespoedig nie? Sou daar dan geen Corneliusse meer bestaan, oor wie God se Gees gekom het, nog vóór hy deur Petrus gedoop was? Kyk, dit is `n heel ander vraag en die antwoord daarop is verseker van die grootste praktiese belang. Maar hoe sal ons so 'n besonder belangrike vraag, so kan beantwoord, dat elkeen dan ook tevrede sal wees met die helder insig wat hy daardeur verkry het? Dit sal vir ons nie so moeilik wees nie, want as daar voldoende aanskoulike voorbeelde vir `n saak is, hoef mens haar slegs op hierdie manier evangelisties te beskou, en die antwoord sal vanself volg. Daarom sal ons onsself nie langer met inleidinge ophou nie, maar dadelik die eerste en beste voorbeeld ter hand neem.

9. Laat ons eens aanneem dat daar in een of ander hoofstad duisende is wat byvoorbeeld musiek beoefen. Onder hierdie duisende is daar tenminste enkele honderde wat werklik musikaal begaafd is; maar hoeveel van al hierdie leerlinge sal daaruit as waaragtige musici en virtuose (meesters) na vore tree? Miskien één, maar miskien ook selfs geen enkele een nie; en mens kan `n stad uiteindelik gelukwens as daar uit tien jaargange één of hoogstens twee voortkom wat homself tereg "kunstenaar" of "virtuoos" mag noem. Is dit nie `n ware smaad vir die mensdom nie? Want elkeen kan tog sê: Ek het immers ook `n onsterflike gees, `n ewebeeld van God in my! Hoe is dit egter met sulke ewebeelde van die allerhoogste volmaaktheid gesteld, as daar maar enkeles van hulle is wat weet om hulle nouliks bokant die middelmatiges uit te werk? Die grootste aantal bly al sondermeer onder die vriespunt steek, alhoewel hulle ook ewebeelde van God is. Waarom dit so gaan, sal ons nou dadelik in die studeerkamers van ons musiekstudente sien.

Hoofstuk 54 Mobiele weergawe Kommentaar