Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 56 Die Geestelike Son, Boek 2

Waarom is mens, te midde van alle prag, so alleen?

1. Ons is in die versierde pilaar by die altaar. Soos julle sien, is ons ook nog hier, soos julle gewoond is om te sê, moedersiel alleen. Julle sê nou weliswaar; dit is tog werklik vreemd op hierdie wêreld; waar ons ook maar kom, ontdek ons wel die grootste prag, waaruit ook die hoogste denkbare wysheid spreek, maar die mense blyk hier maar `n ewigdurende rusdag te hê, en naas hulle groot prag, in hulle vertrekke te sit. Dit sou tog aangenaam en buitengewoon opbeurend wees om ook maar één paar saam te sien wandel; maar nou sien mens niks anders nie as dooie prag waaraan die lewe byna geheel blyk te ontbreek. So is ons ook hier op die oop plato deur suiwer wondere van menslike vermetelheid en wysheid omgewe, maar die boumeesters is, God mag weet waar, verborge.

2. Waarlik, die hoofgebou is in sy totale omvang so spoggerig en verhewe mooi, dat ons onsself nie kan voorstel dat dit mensewerk is nie. Want dit is tog slegs vir God moontlik om so iets te bou, terwyl die skepsele tog nouliks daartoe in staat lyk. As dit werklik deur skepsele van hierdie wêreld gebou sou wees, dan moet hulle ten eerste reusekrag besit, ten tweede `n uithoudingsvermoë en moed hê waarvan `n menslike gees hom nog geen begrip kan vorm nie en ten derde moet hulle volmaakte voorstellingsvermoëns op estetiese gebied so wys wees, dat mens hom daarbo heeltemal niks meer kan voorstel nie. En tog is daar van al hierdie wonderbaarlike mense hier buite, niks te ontdek nie. Waarom eintlik nie?

3. Is hierdie mense so skugter, so ingetoë of het hulle, soos reeds gesê, juis op die tyd dat ons hier aangekom het `n rusdag of, omdat mens hier geen dae het nie, `n bepaalde rusperiode?

4. Beste vriende en broeders, bly julle maar by julle laaste uitspraak, dan het julle die korrekte rede gevind waarvolgens hierdie mense `n sekere ruspouse hou presies op die oomblik wat ons onsself op een of ander plek bevind het. Is hierdie ruspouse ten einde, glo my, dan gaan dit by julle op aarde in die allerdrukste wêreldstad nie so lewendig toe, soos op so `n plek nie.

5. Want julle sal op aarde nie maklik `n plek aantref wat digter bevolk is as hierdie waarop ons onsself nou bevind nie. En julle kan rustig aanneem dat meer as tien miljoen mense hulle in hierdie gebou ophou, want van die grootte van hierdie gebou het julle al vanuit die verte `n bietjie `n idee gekry.

6. Neem die plato waarop ons onsself nou bevind, maar net goed in oënskou, en dan sal julle moet toegee dat dit groot genoeg sou wees om plek te bied aan een van die grootste stede van Europa. En tog beslaan dit nouliks `n kwart van die gelykvloerse gedeelte van die gebou. Daarom kan ons so iets groots ook net maklik oorsien met ons geestelike oë, en op die manier word dit vir ons ook draaglik.

7. Met julle liggaamlike oë sou julle slegs `n baie klein gedeelte op `n keer kan oorsien, want die afmetinge is te groot vir die pupille van `n menslike oog, sodat alles aan alle kante te klein sou word en in die ruimte sou vervaag. Hieruit kan julle tog sekerlik die gevolgtrekking maak, dat dit daar gedurende die vrye tyd, in al hierdie ruimtes en in die wye omstreke baie lewendig gaan.

8. Bowendien is dit veral hier noodsaaklik, dat julle hierdie besonder mooi mense nie te siene kry, voordat julle aan die so verhewe dinge wat van die allerdiepste betekenis is, ietwat gewoond geraak het nie. Want sou ons dadelik met hierdie wonderbaarlike mooi mense in kontak tree, voordat julle alle ander belangrike dinge aanskou het en op `n sinvolle manier bekyk het, dan sou julle so deur hierdie mense in vervoering raak dat julle niks meer oor al die ander, nog so verhewe mooi en betekenisvolle dinge sou omgee nie! Juis om die rede moes ek julle dan ook na hierdie plek gebring het op `n tydstip wat die bewoners gewoond was om `n rusperiode te hou.

9. Julle kan julle egter spoedig daarvan oortuig dat dit hier buitengewoon lewendig gaan. Ons sal deur die bekende handeling wat aan ons bekend is, die hout op die altaar laat brand, waarna die ruimte van die wyd uitgestrekte plato hom weldra vanuit alle kante sal begin te vul.

10. Julle sou graag wil weet of hierdie mense hier enige vermoede het van ons aanwesigheid, of dat hulle miskien wel in staat is om ons te sien. Ek sê vir julle; voorlopig is nóg die een, nóg die ander die geval, maar ons sal ons aan hulle laat sien en ook met hulle in gesprek gaan en wel met die bedoeling dat julle hier alles leer ken, sodat julle weet hoe dit hier gaan. Want na die verblyf op hierdie plek, sal ons spoedig hierdie wêreld verlaat en nog `n besoekie bring aan die glansende oppervlak van julle son.

11. Daarom sal ons onsself dan ook aan hierdie bewoners vertoon en met hulle oor die een en ander spreek, sodat julle daardeur self ervaar wat hulle geestelike agtergrond is.

12. Ek maak julle egter vooraf daarop attent, dat julle veral niemand te naby moet benader, of aanraak nie, want julle sou die bekoorlike invloed nie kan verdra nie, waardeur julle voortydig van hierdie wêreld verwyder sou word. Daarop moet selfs ek let, want terwyl ek tog al so lank van al die natuurlike verlos is, mag ek ook nie een wat nog in sy liggaam lewend is, aanraak nie.

13. Julle vra nou waarom ek dit dan nie sou mag nie. Met my is weer die omgekeerde die geval. Hierdie mense het so 'n ontsettende hoë dunk van die kinders van die Heer en hulle respek en liefde vir hierdie kinders van die Heer is so onbeskryflik heftig en sterk, dat hulle, sou hulle deur my aangeraak word, dadelik van suiwer liefde sou verteer en ten slotte geheel en al oplos.

14. Daarom moet julle julle ook nie daaroor verbaas as julle my streng en ernstig met hierdie mense sal sien en hoor spreek nie, want dit moet ek doen uit liefde vir hulle. Dieselfde moet julle ook in ag neem.

15. Deur `n uiterlike liefdevol lykende behandeling sou julle hulle verreweg meer skade aandoen as van diens te wees, want so is alles volgens die ordening van die Heer gereël.

16. Die liggaam van die mens het ook verskillende dele wat weliswaar vir `n gemeenskaplike lewensdoel werksaam is en ook moet wees; maar sou iemand een of ander liggaamsdeel wil afsny en dit uit suiwer liefde vir die liggaamsdeel dit in sy hart wil plaas, dan sal hy daardeur nie slegs die liggaamsdeel nie, maar ook die hart dood.

17. So bly egter ook dieselfde ordening tussen die veelsoortige dinge en skepsele in die onmeetlike skeppingsgebiede van die Heer bestaan. Hulle is daar almal vir mekaar en dien mekaar vir een en dieselfde lewensdoel; hy moet homself nie verplaas en nie onderling van plek verwissel nie, as hulle mekaar nie wederkerig te gronde wil rig nie, dit wat deur `n wanordelike of ontydige liefde kan gebeur.

18. As ons `n korrekte, geordende, wyse beperking in ag neem, kan ons alle skepsele benader en op `n verantwoordelike manier met hulle in kontak kom, soos alle dele van `n liggaam voortdurend met mekaar in kontak staan. Wat verder gaan, is verderflik. Berei julleself dus voor; ek sal my hand op die altaar plaas, die hout sal vlam vat en van alle kante sal julle weldra die mense sien toestroom.

19. Nou raak die altaar ek met my vinger aan. Kyk, die hout het vlam gevat en kyk nou net na buite, waar die poortjies begin oopgaan.

Hoofstuk 56 Mobiele weergawe Kommentaar