Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Huishouding van God, Boek 1

2. En wie vir My voor al die wêreld voorkeur gee, vir My lief het soos ‘n teer bruid haar bruidegom, met hom wil Ek arm in arm wandel. Hy sal My altyd sien soos ‘n broer die ander broer, en soos Ek hom reeds van ewigheid af aanskou het, nog voor hy was.

3. Maar vir hulle wat siek is, sê: Hulle moet nie in hul siektes bedroef wees nie, maar moet hulle ernstig aan My wend en moet vas op My vertrou. Ek sal hulle troos, en ‘n stroom van die kosbaarste balsem in hulle harte uitstort, en die bron van die ewige lewe wat nooit sal opdroog nie, sal aan hulle geopenbaar word; hulle sal genees en verkwik word soos die gras na ‘n donderstorm.

4. Diegene wat My soek, sê vir hulle: Ek is orals en nêrens. Ek is orals, waar mense My lief het en My gebooie hou, - maar nêrens, waar mense My net aanbid en vereer nie. Is dan die liefde nie meer as die gebed nie, en die nakoming van My gebooie nie meer as die verering nie?! Waarlik, waarlik Ek sê vir jou: Wie vir My lief het, aanbid My in die gees, en wie My gebooie hou, dit is hy wat My in waarheid vereer! My gebooie kan egter niemand hou as net hy, wat My lief het; maar wie vir My lief het, het geen ander gebod meer nodig nie behalwe, dat hy My en my lewendige woord, wat die ware ewige lewe is, moet liefhê.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar