Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 10 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 10: Die Here se versoening

1. En sien en luister en begryp en verstaan goed, wat die ewige Liefde toe gesê en gedoen het. - Toe die goeie, heilige Vader met groot erns Sy toespraak voltooi het, deur genade bo geregtigheid te verkondig en om vir hulle, wat die wette van die oorgroot genade sal oortree, met die oordeel te dreig en om die dood vir die sonde te gee, was die ewige Liefde tot in die binnenste van haar barmhartige hart ontroer en het vir die tweede keer trane van medelye en trane van die mees innerlike vreugde en saligste genoeë oor die groot, behoudende genade van die oorgoeie, oorheilige Vader geween en het toe met die diepste ontroering van Haar hele wese vir Adam en Eva gesê:

2. “Jy, Adam, jy het nou die vreeslikste oordeel van God voor jou oë sien verby trek, en Eva het dit deur jou gesien en gevoel; maar nou wil Ek ook vir haar die oë en die ore oopmaak, en sy - so ook almal wat uit haar, volgens die getal van die sterre aan die uitspansel en volgens die getal van die gras op aarde en volgens die getal van die sand in die seë, wat oneindig is, sal voortgaan - moet in alle toekoms met eie oë sien en met oop ore luister, wat die Godheid in Sy grimmigheid gedoen het en wat daarop die ewige Liefde met sy onbeperkte barmhartigheid gedoen het.

3. En die wet het Ek in jou hart gegrawe, soos jy dit ook in die hart van Eva moet grawe; en as teken, dat julle en almal, wat vir julle sal volg, teen die oordeel van God as gevolg van julle sonde, gewaarsku sal wees, sal Ek hier en daar berge, wat daar af en toe sal brand tot aan die einde van die tye, laat ontstaan, en wil vir julle die weerlig agterlaat, wat vir julle moet herinner aan die destydse verwoesting, en die altyd daarop volgende donderslag, wat vir julle aldag die naam van die groot en sterk God kragtig sal verkondig, wanneer julle Hom ooit sou of kon vergeet.

4. En die trane van medelye en van die groot genadevreugde uit die heilige Vader het Ek as ewige teken vir ‘n nuwe skepping in die wye ruimte van die uitspansel geplaas, en hulle sal vir julle in elke nag op aarde lig gee en sal vir julle in die skemering van die lewe verkwik en sal vir julle die nuwe dag verkondig.

5. En nou kyk op na die hemel; hulle lig in veelvoudige orde en in veelvoudige prag, - die’ met ‘n rooierige lig as teken van My medelye, en die’ met ‘n wit lig as teken van My vreugde oor die groot genade van die oorheilige en oorgoeie Vader. En daardie wit flikkerende breë band bokant die sterre van medelye en vreugde, wat ook uit sterre van die voortyd bestaan en deur trane van die barmhartige Liefde oor die reeds destyds gevalle geeste onstaan het, en wat in die middel van die hemel se wye ruimtes getrek is, dien vir julle as teken vir die ewige, heilige verbond tussen die ewige Liefde, wat vir julle en alles, wat daar is, gemaak het, en tussen die Godheid wat volgens Sy ewige heiligheid oordeel.

6. En nou kyk hier, jy Adam, en ook jy, Eva, in My linkeroog, wat bokant My hart teenoor julle regterkantste oog sagmoedigheid en genade uitstraal, - sien, daar hang nog een traan aan die ooglid daarvan, en sien, daardie traan is groter as al die ander, wat uit hierdie oë vir julle gevloei het!

7. Daar, waar dit lyk dat die groot band aan die wye uitspansel verdeel is, kyk baie daarnatoe en altyd wanneer julle daarheen kyk, moet julle dankbaar en diep ontroer wees; want daardie plek moet vir julle en ook die hele skepping as ewig blywende teken van julle getrouheidsbreuk met My dien, sowel ook vir My destydse breuk met die heiligheid van God uit barmhartigheid teenoor julle, en die band moet vir julle by die plek, waar dit lyk asof dit weer aanmekaar gelas is, herinner aan die groot bemiddeling van die ewige Liefde, wat Ek van ewigheid af is, tussen die onaantasbare heiligheid van God en tussen julle, wat getrouloos voor die aangesig van Sy onbeperkte heiligheid gesondig het.

8. En nou kyk, daarvandaan kom hierdie traan, en daar is die plek van sy ontstaan!

Hoofstuk 10 Mobiele weergawe Kommentaar