Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 10 Die Huishouding van God, Boek 1

2. “Jy, Adam, jy het nou die vreeslikste oordeel van God voor jou oë sien verby trek, en Eva het dit deur jou gesien en gevoel; maar nou wil Ek ook vir haar die oë en die ore oopmaak, en sy - so ook almal wat uit haar, volgens die getal van die sterre aan die uitspansel en volgens die getal van die gras op aarde en volgens die getal van die sand in die seë, wat oneindig is, sal voortgaan - moet in alle toekoms met eie oë sien en met oop ore luister, wat die Godheid in Sy grimmigheid gedoen het en wat daarop die ewige Liefde met sy onbeperkte barmhartigheid gedoen het.

3. En die wet het Ek in jou hart gegrawe, soos jy dit ook in die hart van Eva moet grawe; en as teken, dat julle en almal, wat vir julle sal volg, teen die oordeel van God as gevolg van julle sonde, gewaarsku sal wees, sal Ek hier en daar berge, wat daar af en toe sal brand tot aan die einde van die tye, laat ontstaan, en wil vir julle die weerlig agterlaat, wat vir julle moet herinner aan die destydse verwoesting, en die altyd daarop volgende donderslag, wat vir julle aldag die naam van die groot en sterk God kragtig sal verkondig, wanneer julle Hom ooit sou of kon vergeet.

4. En die trane van medelye en van die groot genadevreugde uit die heilige Vader het Ek as ewige teken vir ‘n nuwe skepping in die wye ruimte van die uitspansel geplaas, en hulle sal vir julle in elke nag op aarde lig gee en sal vir julle in die skemering van die lewe verkwik en sal vir julle die nuwe dag verkondig.

5. En nou kyk op na die hemel; hulle lig in veelvoudige orde en in veelvoudige prag, - die’ met ‘n rooierige lig as teken van My medelye, en die’ met ‘n wit lig as teken van My vreugde oor die groot genade van die oorheilige en oorgoeie Vader. En daardie wit flikkerende breë band bokant die sterre van medelye en vreugde, wat ook uit sterre van die voortyd bestaan en deur trane van die barmhartige Liefde oor die reeds destyds gevalle geeste onstaan het, en wat in die middel van die hemel se wye ruimtes getrek is, dien vir julle as teken vir die ewige, heilige verbond tussen die ewige Liefde, wat vir julle en alles, wat daar is, gemaak het, en tussen die Godheid wat volgens Sy ewige heiligheid oordeel.

6. En nou kyk hier, jy Adam, en ook jy, Eva, in My linkeroog, wat bokant My hart teenoor julle regterkantste oog sagmoedigheid en genade uitstraal, - sien, daar hang nog een traan aan die ooglid daarvan, en sien, daardie traan is groter as al die ander, wat uit hierdie oë vir julle gevloei het!

7. Daar, waar dit lyk dat die groot band aan die wye uitspansel verdeel is, kyk baie daarnatoe en altyd wanneer julle daarheen kyk, moet julle dankbaar en diep ontroer wees; want daardie plek moet vir julle en ook die hele skepping as ewig blywende teken van julle getrouheidsbreuk met My dien, sowel ook vir My destydse breuk met die heiligheid van God uit barmhartigheid teenoor julle, en die band moet vir julle by die plek, waar dit lyk asof dit weer aanmekaar gelas is, herinner aan die groot bemiddeling van die ewige Liefde, wat Ek van ewigheid af is, tussen die onaantasbare heiligheid van God en tussen julle, wat getrouloos voor die aangesig van Sy onbeperkte heiligheid gesondig het.

8. En nou kyk, daarvandaan kom hierdie traan, en daar is die plek van sy ontstaan!

9. En hierdie traan sal eendag vir julle en julle nageslag as ‘n mooi môrester ontvou, wat al die volkere van die aarde, wat vir julle gedurende die tye van die tye in julle voetspore van berou sal volg, sal verlig, en sal vooraf die aarde van die stinkende modder van sonde skoon was en sal julle trane van berou en treur, van die vullis van die slang, reinig.

10. En nou kyk nog eenmaal hier: Hierdie traan wil Ek op ‘n wit blom van hierdie struik tussen die twee reeds bevrugte blomme van Eva laat val, en daaruit sal eendag ‘n rein vrou ontvou, wat vir die slang die kop sal vertrap. Maar die slang sal ook vir haar in die hakskeen byt, maar die gif sal geen skade aan haar doen nie; en uit haar sal voortgaan, wat nou voor julle is, naamlik ‘n mooi môrester vir alle volkere van die aarde, wat ‘n goeie bedoeling het, en die ewige oordeel van alle teësinnige kinders van die slang!

11. En die geeste uit die skoot van die heiligheid van die Vader sal liggaamlik na die aarde toe kom en sal vir julle kinders die groot tyd en die manier van aankoms van Hom, verkondig, van Hom, wat nou voor julle staan en wat julle nou nog hoor en sien, maar voortaan nie meer sal hoor en sal sien nie tot die beloofde aankoms volgens die belofte van die heilige Vader deur My as die ewige Liefde in Hom.

12. En nou het julle alles verneem, wat vir julle nodig is om te weet vir die ontvangs van My seën!

13. En dus wees geseën deur die hand van mag en die hand van krag van die ewige Liefde van die heilige Vader en die krag van die Gees, wat heilig is uit beide van Ons, en bevrug en vermeerder julle en vervul die aarde met die lewendige vrug van hierdie seën!

14. En elke keer, wanneer julle mekaar op grond van hierdie seën sal nader, moet julle julle harte vir My offer! Indien julle dit nie sal doen nie, sal die slang, wat nog lewe en ook vir ewig in die grimmigheid van God sal lewe, die vrug in julle laat sleg word, en jy, Eva, en almal van jou geslag sal in die plek van ‘n vrug van seën, ‘n vrug van vernietiging in die wêreld bring. En hulle sal die kinders van seën en van die lig in groot hoeveelhede vernietig, en aan hulle dolheid en woede sal daar geen einde wees nie; en op die’ manier sal julle die sonde as nalatenskap aan almal oordra, en julle skuld sal tot die groot tye van die tye en ook daarna, sigbaar word.

15. En hierdie offer van julle harte vir ontvangs van My genadeseën, is vir julle as ‘n heilige taak gegee, wat julle altyd, wanneer julle mekaar ter wille van My seën nader, aan My verskuldig sal wees. Hierdie nuwe en maklike gebod, wat julle so pas uit My mond ontvang het, is die eerste kerk, wat Ek voor julle ter herdenking aan My stig, en sal vir julle in dankbaarheid aan die dade van die barmhartige Liefde herinner en sal vir julle na die heilige vrees vir God, terug lei!

16. ‘n Gees sonder sonde met ‘n vlammende swaard in die hand, wil Ek vir julle van bo stuur, sodat hy vir julle sal lei en die hele aarde, vanaf een hoek daarvan tot die ander, sal wys; en hy sal vir julle die dwalinge van die wêreld verlig en ook vir julle tugtig, wanneer julle van My weë sal afwyk.

17. Dit alles sê vir julle die ewige Liefde in die naam van die heilige Vader, amen.”

Hoofstuk 10 Mobiele weergawe Kommentaar