Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 11 Die Huishouding van God, Boek 1

26. En nou, nadat ek vir julle volgens die volkome wil van die ewige Liefde gelei, alles gewys en gesê het, is my sendingstaak van die ewige Liefde in die Vader van alle heiligheid en goedheid voltooi, en ek moet vir julle sigbaar verlaat; maar onsigbaar sal ek vir julle stap vir stap volg en sal elkeen van julle treë, volgens die onveranderbare wil van Jehova, tel.

27. En julle sal my, elke keer wanneer julle vir die Here van heerlikheid in alle nederigheid julle harte sal offer, te siene kry; en ek sal julle offer in ‘n houer plaas en sal dit na bo voor God dra en sal dit voor die aangesig van die Seun uitgooi, en dan sal die groot, heilige Vader ‘n welgevalle aan julle werke vind.

28. Maar julle sal ook altyd vir my te sien kry, wanneer julle van die wet van liefde en van die gebooie van die heilige Vader sou of kan afwyk, soos julle my nou nog met die vlammende swaard in my regter hand sien, om vir julle uit die tuin te verdryf en om van jou, Adam, ‘n groot deel van die geskenke van die ewige Liefde uit Haar groot genade, weg te neem en om vir jou swak en angstig, vir die geringste geluid van die gras, te laat word.”

29. En nou sien, jy blinde skrywer van hierdie My nuwe lewendige woord in jou soos ook in julle almal, en beskou vir Adam, soos hy nou in die Paradys ‘n volmaakte mens, tot op een, was en met watter vaardighede hy deur My toegerus was, ‘n volkome meester van die aarde; en al hierdie sy volmaakthede was net ‘n geskenk van My, en hy het dit tot die’ tyd behou, toe hy vir ‘n enkele keer van My vergeet het, nadat die Engel voor sy oë onsigbaar geword het.

30. En nou sien, dit alles, wat Adam as geskenk besit het, wil Ek vir julle as blywende gawe gee en nog baie ander dinge sonder getal en oneindig groter dinge, as wat Ekself is, en alles, wat Myne is, moet ook julle s’n wees, indien julle My liefhet, en verder niks as net liefhet nie!

31. Maar waar is julle liefde, waarvoor Ek so duur moes betaal het en vir ewig My eie wil noem?! O, dit is maar yl gesaai op hierdie aarde! Sy is dan so lig en sag, en julle wil haar nie hê nie en soek haar ook nie, waar sy vir julle wag nie, en versmaai die groot prys in haar!

Hoofstuk 11 Mobiele weergawe Kommentaar