Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 13 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 13: Die verdrywing uit die Paradys

1. En nou keer weer terug na Adam en na Eva, en sien, hoe hulle verdere liggaamlike lewens en die van hulle twee nasate voor die alsiende oë van die heiligheid van Jehova verloop het! En sien, na ‘n kort tyd, wat volgens julle berekening dertig aardomwentelings om die son beloop het, en wat julle ‘jare’ noem, het die paartjie in die kring van sy geseënde nasate gelewe, waarvan die aantal dieselfde was as die aantal jare, met uitsondering van Cahin, wat nie geseën was nie.

2. En nou sien verder, wat daar gebeur het! Adam het op die dag van die Here, wat aan hom in sy hart deur die ewige Liefde Self en daarna veelvoudig deur die Engel as ‘n rusdag beveel was, ter gedagtenis aan die groot dade van die barmhartige Liefde en ter beskouing in eerbied die onmeetbare heiligheid van God, die goeie Vader, alleen ‘n entjie in die omgewing gaan stap, om die skoonheid van die natuur te geniet; en die wêreld was baie mooi vir hom, sodanig dat hy in sy gedagtes heeltemal van God vergeet het.

Hoofstuk 13 Mobiele weergawe Kommentaar