Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 13 Die Huishouding van God, Boek 1

12. En sien, toe het hy in volle trekke van die sap gedrink en het dit dan vir Eva en vir Cahin en uiteindelik vir almal behalwe vir Ahbel gegee om te proe, want hy was nog nie teenwoordig nie, aangesien die vuur op die altaar, wat hy opgerig het, nog gebrand het, om ‘n offer aan die heiligheid en die liefde van Jehova te bring, wat vir die Here aangenaam was.

13. En toe het Adam en Eva en almal, wat van die sap gedrink het bedwelmd geraak; en onder die’ invloed het Adam en Eva en almal uit Adam en Eva wild in die begeerte van die vlees ontbrand, en het saam met Adam en Eva ontug en hoerery gedryf, terwyl Ahbel by die altaar van Jehova gebid het.

Hoofstuk 13 Mobiele weergawe Kommentaar