Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 14 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 14: Adam se insig en berou

1. En sien, toe het Ahbel, deurdring van te groot vreugde oor die oorgroot genade van bo, op sy knieë geval en sê: “O, groot, oorheilige en oorgoeie liewe Vader, kyk hier vir Jou klein dienaar voor Jou in die stof, wat met die gevoel van diep onwaardigheid voor Jou die Almagtige en mees Barmhartige uit die onderste dieptes na Jou hoogste hoogtes opkyk en verneem die gepleit van ‘n kind vir genade vir sy swak ouers en vir al sy broers en susters, en moet nie die krag van my af wegneem nie, wat ‘n oorgroot geskenk van Jou aan my is, en laat dit genadiglik oor hulle uitstroom ter vergifnis van die sonde en om die lewe uit Jou weer met die noodsaaklike mag en krag terug te wen!

2. En deur barmhartigheid en genade verander hierdie omgewing volgens Jou allerhoogste welgevalle, sodat dit vrugbaar sal word en die swakkes voedsel ter versterking van hul ledemate kan vind en om hulle brandende dors by ‘n fontein met vars water te kan les en laat ook nuttige diere, wat gehoorsaam aan hulle wil sal wees en wat vir hulle sal dien, hierheen kom.

Hoofstuk 14 Mobiele weergawe Kommentaar