Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 14 Die Huishouding van God, Boek 1

9. “Kinders, moet nie te vroeg juig en vrolik wees nie, maar ween en berou eers met my en met Eva die groot skuld en dink daaraan, wat ons verloor het! Daar is niks aan die aardse Paradys en aan al die besittings geleë nie; want soos ek en julle dit saam met my sien, het die Here vir ons in Sy oorgroot, onbeperkte barmhartigheid so baie teruggegee, dat ons almal die verlies van die oorvloedige gawes van die aardse Paradys maklik sou kon vergeet bo hierdie nuwe, groot, onbeperkte rykdom van Sy te groot Liefde. Maar kyk net na al die diere van die lug sowel as die van die vaste aarde, kyk vir die gras, die plante, die struike en al die boompies en groot bome en die windjie wat waai, en vra hulle almal, en luister, of julle van enige een ‘n antwoord sal kry!

Hoofstuk 14 Mobiele weergawe Kommentaar