Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 15 Die Huishouding van God, Boek 1

12. Sien, ek is dit nie werd om te lewe nie; daarom vernietig vir my van grond af vir ewig, sodat ek voortaan vir ewig nie meer sal wees nie en my grootste, allenige skuld daarmee geblus word ter wille van al die toekomstig geseënde nasate van Adam en Eva!”

13. En sien, toe het sy broer die swaard weer in die linkerhand geneem en het dit weereens geswaai, - maar hierdie keer oor die bors van Cahin.

14. En sien, toe deurstroom ‘n nuwe lewe vir Cahin, en die doodshonger het hom verlaat; maar in plek daarvan het die honger na lewe al hoe groter geword. Maar hy kon niks kry, wat hom onmiddelik sou versadig nie. En omdat hy niks kon vind nie, het hy hom weereens aan Ahbel gewend en gesê:

15. “Sien, broer, ek is baie honger vir voedsel van die lewe, voedsel wat lewe in hom dra en nie die dood nie, soos die vleis van die slang en sy koue bloed! Want sien, broer, aangesien ek nou van grond af erken het wie ek is, soos ek voorheen was, en soos wat ek nou is, ondervind ek sterk berou en ‘n groot honger en ‘n brandende dors vir die goddelike Liefde en vir haar groot barmhartigheid! Want sien, ek ween sonder stem, en die berou is sonder trane by my; daarom versadig vir my met die stem van liefde, en les my groot dors met trane van berou!

Hoofstuk 15 Mobiele weergawe Kommentaar