Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 15 Die Huishouding van God, Boek 1

4. En sien, toe kalmeer Cahin van sy ergernis, van sy woede en van sy grimmigheid en kyk toe vir Ahbel en sê: “Sien, wat Ek gedoen het, het ek uit wraak gedoen, om die slang en sy geslag te vernietig en ook om my te vernietig, aangesien ek nooit waardig bevind was, om die seën van die Here te ontvang nie, aangesien ek geword het, soos ek is, sonder my skuld, maar deur die skuld van my ouers, wat voor my was, toe ek nog nie daar was nie, en daar ontstaan het, waar hulle voor die oë van Jehova gesondig het.

5. Waarom moet ek dan boete doen vir my skuld, waarvoor ek nooit iets kon bygedra het nie, aangesien ek net die vrug van sonde, maar nie die oorsaak daarvan is nie - en moes derhalwe die seën, wat vir julle almal ten volle gegee was, ontbeer, en moes vir my moeisaam afsloof, en terwyl julle soos takbokke rondgespring het, was ek belas met die onverdiende vloek van Jehova?!

6. En nou sien die oorsaak van my daad; want die slang in die gras het met my gepraat en gesê: ‘Eet vir my, en raak versadig met my vleis, en les jou dors met my bloed, en jy sal ‘n meester op aarde word, en al jou nasate sal heersers daarop word, en hulle krag en mag sal sterker wees as al die geseëndes s’n; en ek gee vir jou geen gebod nie, maar die mag, om te heers, en die krag, om alles aan jou onderdanig te maak!’

Hoofstuk 15 Mobiele weergawe Kommentaar