Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 16 Die Huishouding van God, Boek 1

5. “Ahbel, seënvervulde seun van liefde, tree nader tot Adam en Eva, die ouers van jou liggaam, en tel hulle op en wys vir hulle die boom van die lewe, wat Ek vir julle as voedsel vir julle liggame tydelik en ook vir die versterking van julle liefde in die toekoms, geseën het!

6. En sê vir Adam, dat hy met nuwe krag sy kinders moet optel en vir sy kinders die brood van die boom van lewe moet gee om te eet, ter versterking van hul liggame en hulle liefde; en sê vir Eva, dat sy na Cahin toe moet gaan, vir hom moet optel en vir hom na Adam toe moet bring; en Adam moet vir hom die linkerhand gee, om sy regter hand te neem, en moet dan sy regter hand op die hoof van Cahin plaas en moet vir hom drie maal in sy gesig blaas en moet vir hom sewe keer vanaf die aarde af optel; en op die’ wyse sal Cahin, volgens sy getrouheid, geskik raak vir die geleidelike opname van die seën vanuit My.

Hoofstuk 16 Mobiele weergawe Kommentaar