Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 16 Die Huishouding van God, Boek 1

7. En jy, Ahbel, neem die swaard in jou regter hand, en volg vir My ver weg van hier af in die rigting van die môre, op ‘n hoë berg in die groot woestyn! Daar sal jy ‘n opening vind; plaas die swaard met die hefkant daarin, sodat die skerp punt na die hemel wys, en dat die twee vlammende snykante, die een na middag en die ander een teen middernag wys.

8. Gaan daarna op jou knieë, dank God, totdat die vlamme van die swaard sal blus, en die swaard in ‘n doringbos met rooi en wit bessies sal verander; pluk dan van die bos drie wittes en sewe rooies, en keer dan na jou familielede terug! En wanneer jy na veertig dae weer huis toe sal kom, dan moet jy vir My, soos wat jy dit in die Paradys vrywillig gedoen het, ‘n offeraltaar oprig; plaas koring en vrugte daarop en steek dit met die vuur van jou liefde aan die brand, wat Ek vir jou van bo met ‘n groot weerlig sal stuur.

Hoofstuk 16 Mobiele weergawe Kommentaar