Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 160 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 160

1. En sien, toe het die vlamme vinnig geblus, en al die diere het pad gegee. En Adam met Seth was van die sterk versoeking bevry en het ‘n oop pad dwars deur die hele hut gehad, sodat hy kon loop waarheen hy wou.

2. En hy het by homself gepraat: “Eva het in elk geval nou nie meer my nuttelose beskerming nodig nie; want hoe sou ek iemand anders kon help, waar ek tog self nie in staat was om myself te help nie?! Aangesien die ruimte van hierdie ou hut nou deur die groot barmhartigheid van die Here van die verskrikkings bevry is, wil ek vir my nou uit vrye wil daarheen wend en my voete daarheen laat wandel, waarvandaan hierdie heilige redding gekom het!”

3. En onmiddelik het beide, Adam sowel as Seth, hulle voete wat nou vry was, in die rigting van Abedam in beweging geplaas.

4. Maar Hy het vir hulle tegemoet gekom. En omdat altwee se harte van dankbaarheid oorgeloop het en niemand in staat was om ook net een woord oor hulle lippe te bring nie, het Abedam hulle ook hier tegemoet gekom en gesê:

5. “Indien jy vir jou in nood aan die Here gewend het en die Here het jou gesmeek gehoor, dan moet jy nie meer jou rug op Hom draai nie, maar moet met jou hele aangesig en jou hele hart by Hom bly; want indien Hy vir jou kan beskerm, sal hy nie ook vir hulle kan beskerm, vir wie jy met jou dwase sorg wil help nie?!

6. Sien, Eva en almal lewe nog en het nog geen beserings opgedoen nie! Wat het jou verspot-dwase bekommernis vir hulle gehelp?! Sou Ek nie vir hulle beskerm en volkome veilig bewaar nie, wat sou nou van hulle geword het?! Of sou jy vir hulle kon gehelp het, indien hulle hetsy deur die woede van die sterk, bloeddorstige diere verskeur, of deur die vernietigende mag van die vuur aangeval sou word?!

7. Sien, daarom is daar net een bekommernis vir die mens noodsaaklik, en dit bestaan daarin, om God, die heilige Vader, altyd te soek, nie net in nood, maar ook op die liefde geregverdigde weë! En wie vir Hom daar as die allerhoogste eiendom gevind het, die moet nie weer sy rug op Hom draai nie, maar by Hom bly, andersins sal hy altyd sy nietigheid gewaar word, reeds op die halwe terugtog en eers deur bittere ondervinding moet erken, hoe hy hoegenaamd niks sonder My vermag nie.

8. Want indien daar iemand My naam roep, maar het sy rug op My gedraai, waarlik, die sal vir solank nie aangehoor word nie, totdat hy sy hart en aangesig na My toe gewend het!

9. Maar let wel: Sodanige tweede omkeer sal altyd op ‘n warm proef geplaas word, en dan eers sal dit wys, hoeveel ernstigheid daar in die hart heers - want die wêreld sal geweldig rondom hom woed -, en daar sal geen ander woord aangehoor word nie behalwe die’ van die hart!

10. Verstaan dit goed, en moet nooit jou rug na My toe draai nie, maar laat vir jou orals heen deur My gelei! Amen.”

Hoofstuk 160 Mobiele weergawe Kommentaar