Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 161 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 161

1. Toe altwee nou hierdie toespraak van Abedam verneem het, het hulle vir Hom van harte gedank, en die bodem van hulle harte het gespring en het begin, om helder vlamme van ware liefde te laat opvlam. En so het ook Seth vir Abedam erken en het vol van innerlike ontroering gesê:

2. “O heilige Vader! Nou eers het ek uit die byna agthonderd jaar lange slaap wakker geword en sien nou in die mees duidelike omtrekke, wat alles deur Jou oneindige Vaderliefde gedoen word, om Jou skepsels werklik te verlewendig en selfstandig vry te maak en hulle dan op te voed en te verhef om Jou ware kinders te word, sodat hulle dan as sulks langs Jou, goeie Vader, ook iets moet beteken!

Hoofstuk 161 Mobiele weergawe Kommentaar