Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 161 Die Huishouding van God, Boek 1

2. “O heilige Vader! Nou eers het ek uit die byna agthonderd jaar lange slaap wakker geword en sien nou in die mees duidelike omtrekke, wat alles deur Jou oneindige Vaderliefde gedoen word, om Jou skepsels werklik te verlewendig en selfstandig vry te maak en hulle dan op te voed en te verhef om Jou ware kinders te word, sodat hulle dan as sulks langs Jou, goeie Vader, ook iets moet beteken!

3. Uit liefde het Jy wêrelde voor hulle oë vernietig, sodat hulle hulle eie nietigheid en die alles van Jou heilige liefde moet erken!

4. Jy het vir Jou weer voor hulle verberg, sodat hulle vir Jou moet soek en gedurende hierdie heilige soeke die wêreld en sy verganklike prikkelings moet vergeet!

5. Wie ooit vir Jou in ‘n onryp toestand genader het, vir hom het Jy sagkens teruggestoot en het hom op ‘n goeie grond geplaas, sodat hy des te vinniger ryp sou word en met veelvoudige vrug belaai na Jou toe sou terugkom en Jy vir hom boonop nog sal beloon, omdat hy toegelaat het dat Jy hom oneindig lief het en vir hom met die lewe se tallose liefdesdade kon toegooi!

6. Jy het al lankal die groot traagheid van ons harte gewaar en gesien. In plek daarvan om vir ons welverdiend te straf, het Jy selfs sigbaar vir ons kom besoek en het vir ons geleer en leer vir ons nog steeds deur Jou heilige woorde en heilige dade van Jouself en ook om die ewige lewe in ons te erken!

7. Hemel en aarde en dus ook alle elemente bring Jy ter wille van ons sigbaar in ‘n verbasende beweging en laat ook deur die harde donderslae vir ons dowe ore Jou groot liefde en barmhartigheid preek; en deur die helder, krakende blitse maak Jy ons oë wat in ‘n diep slaap van die dood gesink het, wakker, sodat hulle die werke van Jou oneindige Vaderliefde kan aanskou, ja dat hulle vir Jou, Jouself, die heilige Vader moet aanskou!

8. O Vader! Wie kan ooit vir Jou voldoende liefhê, wie vir Jou skaars ‘n duisendste deeltjie dank volgens die oneindig kleinste deel van ‘n kinderlike plig?!

9. O Jy, goeie Vader! My hart, maak vir jou nou wyd oop, ja bo alle sigbare hemele ver oop! En jy, die heilige vlam van die opnuut ontwaakte liefde, vul my wyd oopgemaakte hart van onder tot bo, sodat ek tog eenmaal vir Jou, o heilige Vader, met al my kragte, ja bo al my kragte kan liefhê!

10. Nou eers duik al die woorde, die jy, Henoch, in die naam van die Vader dikwels na my gespreek het, soos helder glansende sterre op; ja, nou word eers alles vir my duidelik! Vanaf die eerste kinderoggend voel ek nou dat in elke trek wat met my hare gespeel het, in elke doudruppel wat ooit my voete nat gemaak het, ja in alles, wat ooit aan my geraak het, ja selfs elke droom ‘n werk van Jou oneindige liefde, o heilige Vader, was!

11. Ontvang nou vir alles die dank, die mees opregte dank, wat ek net vir Jou en van nou af voortaan vir ewig in alle liefde van my hart in staat is om te gee en met Jou genade sekerlik ook meer en meer in staat sal wees om te kan gee!

12. O, as ek nou net kon skree, as ek vir Jou net kon openbaar maak! Waarlik, net soos kort gelede die geraasmakende elemente my stem verdoof het, net so, o Vader, wil ek vir hulle met my lof verdoof!

13. O Vader, vergewe vir my, indien ek dalk te veel gepraat het! Maar wie kan in die liefde matig wees, indien hy vir Jou, o Vader, erken het, en wie kan hier te veel doen?! Wie vir Jou te veel lof gee, wie vir Jou te veel dank?!

14. Wie se hart kan te veel oopgaan, om die onuitspreeklike grootte van Jou barmhartigheid, Jou geduld, Jou lankmoedigheid, ja die oneindige grootte van Jou Vaderliefde te kan opneem?!

15. O Vader, heilige, goeie, beste Vader! My hart sal vir Jou vir ewig geheel en al as dank opgeoffer wees; ons allerliefste heilige Vader neem dit genadiglik aan! O neem dit van ons almal aan! Jou wil, amen!”

Hoofstuk 161 Mobiele weergawe Kommentaar