Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 171 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 171

1. En Henoch het met sy werk begin, deur rein sederhout dwars oormekaar op die altaar te plaas en het aanhoudend gebid terwyl hy gewerk het.

2. Maar terwyl hy so gewerk het, sien, toe het sommige vanuit die middag na hom toe gekom en vir hom gevra, wat dit dan moet beteken, dat die hout nou al op die altaar geplaas word, terwyl dit tog net in die aand die gebruik is.

3. En Henoch het vir hulle geantwoord, deur ook te vra: “Hoekom is julle daaroor bekommerd? Doen ek dit, wat ek doen, dan eiemagtig?!

4. Of het my optrede vir julle ‘n leun geword, omdat julle dit nie begryp nie?

5. Ja, ja, vir blindes is baie dinge ‘n leun; want alles wat jy vir hulle sê, is vir hulle soveel as ‘n leun, omdat hulle blind is.

6. Watter nut het die son se stralende lig vir die wat blind is?! Waarvoor die lig van die son vir hom begryplik maak, waarvoor vir hom bedrieg?! Want die blinde se son is dan swart; aan dit hou hy vas. Op grond daarvan is vir hom die stralende son ‘n leun; want indien by iemand se skat iets wat vreemd is, bygevoeg word, wat se waarde hou dit wat vreemd is in vir die eie skat? Niks as ‘n leun, aangesien dit nie gelykstaande aan die eie skat is nie, alhoewel dit by die eie lê, maar tog vreemd is of iets, wat vir hom so goed soos glad nie daar is nie, omdat hy daaraan geen sigbare eiesoortige ooreenkomstige teken kan waarneem nie.

7. Daarom vra ook julle vir my tevergeefs; want vandag is ek die minste geneig, om vir julle te lieg! Want wie vir die waarheid is, vir hom het alle leuens in die ewige nietigheid gesink; maar wie in sy hart nog vol van leuens is en hulle vir die waarheid hou, wat sou vir hom die eintlike waarheid beteken? Niks as ‘n leun!

8. Wie die wêreld se lig soek, wat beteken vir hom die innerlike lig van die gees? Niks as ‘n leun, ‘n barre duisternis! Want hoe sou dit vir iemand ‘n lig wees, waar hy verder moet tas as sien?!

9. Daarom moet julle vir my met rus laat! Die Here se weë kan julle nou nog nie begryp nie; want hierdie nag het julle harte met duisternis geslaan, waarom julle ook nie weet, dat die ware liefde vir God aan geen reëls gebind is nie, maar volkome vry is, en dit geld ook vir die offer, wat die liefde vir hom bring. Julle is tog vir julle vrouens sonder beperking lief en bind julleself nie aan tyd en uur nie, waarom moet dan die liefde vir God afgemeet wees?!

10. Daarom gaan, en dink oor iets beter! Amen.”

(1-12-1841)

11. Toe die nuuskieriges vanuit die middag deur Henoch op hierdie vir hulle toepaslike manier kortgevat was, het hulle ondermekaar begin om te mor; want hulle was baie ontsteld daaroor, dat Henoch vir hulle op hulle vraag sodanig eienaardige antwoord gegee het, nadat, soos hulle dit in hulle harte gesien het, met hulle vraag nie sleg bedoel het nie.

12. Een van hulle het vir die ander gesê: “Luister, julle broeders, ek ken vir Henoch baie goed, en wat ek gister van hom agtergekom het, glo ek, het die Vaders aan hom die offertaak oorhandig; en soos hy reeds nog altyd ‘n mens op sy eie was in alles wat hy gedoen en gesê het, net so sal hy dit ook by hierdie taak wees!

13. Maar ek is van mening, ‘n mens moet die ou gebruiklike vrome wyse van offer volgens die manier van Ahbel, wat vir God welgeval het, nie ligtelik aan die willekeurigheid van ‘n enkeling oorlaat nie, maar, indien daar enige verandering gemaak moet word, dan moes dit op ‘n raadsvergadering waar al die kinders teenwoordig is, plaasgevind het. En indien dit nie so is nie, wat is dan ons mense van gelyke rang?!

14. Indien die offer vir ons en van ons as geldig beskou moet word, dan moet mos ons aanbevelings deel daarvan vorm; soos dit nou is, dra dit net ons afkeur en hou dus geen betekenis vir ons in nie.

15. Hoe kan, hoe durf ons dit aanvaar, waar ons tog vantevore met betrekking tot goddelike dinge oor ons mening gevra was?!

16. Daarom glo ek, dat Sethlahem as die oudste en mees ervare een onder ons, nog eenmaal na Henoch toe moet gaan, en vir hom streng en ernstig vra, wat die vervroegde plasing van die hout moet beteken?!”

17. En Sethlahem, wat ook onder die vraers teenwoordig was, het vir die ontevrede spreker geantwoord: “Luister, daarvoor is ek nie baie lus nie; want ek het gister vir Henoch op ‘n manier leer ken, - ek sê vir julle, op ‘n buitengewoon eienaardige manier!

18. Ek het hom gesien waar hy met ‘n mag toegerus was, waarvoor ek vandag nog, wanneer ek daaraan dink, deur en deur bang is!

19. Die huidige nag was vol van gruwel! Skrikwekkend het die vlamme gewoed, soos julle almal weet, sodanig dat ons daarom na die hoogtes gevlug het en het daar in groot angs op die bewerige aarde gelê, vir solank as wat die storm aangehou het; alleen so groot ook die angs was, het dit nie vermag om die toneel wat ek gesien en dit wat ek gehoor het uit my hart te verdring nie, met betrekking tot dit wat ek gister aan Henoch ontdek het!

20. Julle weet dit almal, toe sommige van ons lus was, om na die dieptes te gaan, hoe daar ‘n magtige tier die pad versper het en hulle deur ‘n demonstrasie van krag, naamlik die verskeuring van ‘n reusagtige dier, genoodsaak was om vinnig om te keer.

21. Luister, dieselfde tier, wat ek nog goed geken het, was gister aan Henoch soos ‘n lam onderdanig en was aan elkeen van sy wenke gehoorsaam! Maar nie genoeg, dat daardie ongedierte aan Henoch gehoorsaam was nie, maar - wat die mees ongehoorde ding was, was dat dit selfs moes praat en het dit woorde wat ons almal kon verstaan vol wysheid gepraat!

22. Julle kon dit natuurlik nie gesien het nie aangesien julle heel in die agtergrond op die grond gelê het; maar ek, wat daar heel voor was, het dit onvergeetlik gesien en gehoor.

23. Dat Henoch vir my daardeur baie aangetrek het, kan julle vir julle voorstel, waarom ek dan, sodra die eerste geleentheid opgeduik het, gepoog het, om met hom ‘n paar woorde te wissel.

24. Maar toe ek met hom begin het om te praat en selfs ‘n dissipel van hom wou word, sien, toe het hy vir my ‘n gelykenis oor die aanskouing van ‘n veraf geleë bergreeks vertel en het vir my die verskil tussen dit wat vertel is en ‘n mens se eie ondervinding sodanig duidelik gemaak, dat ek by sy verduideliking met al my wysheid voorgekom het asof ek so pas uit die moederliggaam gebore was!

25. En soos dit vir my voorgekom het, was al die vaders - selfs Adam nie uitgesluit nie - in die woord aan hom onderdanig en hy alleen het vir almal met sy woorde leiding gegee.

26. Daarom sê ek vir julle: Wie van julle daar nog lus is, om vir hom na sy kortvat van ons ontydige nuuskierigheid met nog ‘n ontydige vraag wil lastig val, die kan dit maar net altyd probeer; alleen vir my moet julle nie daarby betrek nie!

27. Maar ek glo ook, dat julle geveg met hom verskriklik belaglik daar sal uitsien, en nie veel tussen die van ‘n muis en ‘n leeu sal verskil nie. Wie by sodanige gevegte die wenner sal wees, - glo ek, om dit te kan voorspel, behoort ‘n mens nie juis ‘n groot profeet te wees nie!

28. Maar indien julle, ongeag dit, nog steeds lus is, om ‘n ernstige streng vraag aan hom te rig, wens ek vir julle baie geluk toe en ‘n vrolike sonskyn daarby! Net dit wil ek nog by alles wat reeds gesê is, byvoeg, naamlik dat met hulle, wat met God op ‘n noue wyse in verbinding staan, nie grappe gemaak moet word nie. Wat hulle doen, moet ons eerder met erns beskou, as om ernstig daaroor te vra; want die groot God se weë is onverstaanbaar en Sy besluite onbepaalbaar!

29. Neem dit eers in julle gemoed op, voordat julle ‘n tree waag!”

30. Maar toe die wat ontevrede was, dit van Sethlahem verneem het, het hulle van hulle voornemens afstand gedoen en het aan die wyse raad van Sethlahem toegegee.

31. Maar Henoch het op grond van ‘n innerlike opdrag vir Sethlahem terug geroep en het die volgende vir hom gesê:

32. “Sethlahem, ek loof vir jou. Sien, nou het jy werklik wys opgetree, aangesien jy vir hierdie swakkes opgehelp het, wat sonder jou hulp onfeilbaar in ‘n diep afgrond sou geval het, aangesien hulle blind is en daarom nie kan sien, hoe die bodem onder hulle saamgestel is nie!

33. Maar jy moet van nou af nie meer van my sy af wyk nie, totdat ook jy sal sien, wat jou sterflike oë nog nie gesien en jou sterflike ore nog nie gehoor het nie!

34. Het dan nie vir jou opgeval hoe die dag vandag so vrolik en aangenaam is, na die nag van skrik nie?!

35. En indien jy die verloop van die storm en sy skielike einde gevolg het, sê vir my, het daar nie vir jou iets opgeval nie?!

36. En Sethlahem het vir hom geantwoord: “O Henoch, vir wie kon dit nie opgeval het nie?! Maar van watter nut is al die opvallerei soos vir iemand soos ek?! Want ek verstaan met of sonder opval niks van al dit en dink vir my eie gerusstelling net die volgende:

37. Die Here Jehova sal dit wel en uiters verseker weet, waarom dit en waarom dat! Om meer uit te bring sal diegene verstaan, vir wie Jehova nader is as vir my; maar vir Hom alle dank daarvoor, dat hy net vir my die vrede gegee het! Dit is meer as voldoende vir my!

38. Wat meen jy dan, liewe Henoch: Is dit nie reg so nie?”

39. En Henoch het vir hom geantwoord: “O Sethlahem, jy het ‘n goeie bodem! Wanneer die saad in jou grond sal val, sal dit vir jou duisendvoudige vrugte bring!

40. Luister, vandag sal jy ‘n Vreemdeling in ons midde sien, na hierdie Vreemdeling moet jy gaan. Hy sal vir jou met een woord meer kan sê as ek in duisende jare! Ja ek sê vir jou, Hy sal vir jou deur en deur lewendig maak!

41. Maar nou niks meer verder nie; want ek sien Hom reeds nader kom!”

Hoofstuk 171 Mobiele weergawe Kommentaar