Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 172 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 172

1. En so het Henoch stil geword en saam met hom ook Sethlahem, wat in stilte vir die groot Aankomeling gewag het.

2. Maar dit was nie nodig om lank te wag nie; want voor hulle nog kon dink, was Hy aan die sy van Jared en Abedam ook reeds daar. Adam moes intussen saam met Eva en die kinders van Seth na die reeds bekende oggendhoogte gaan en daar vir Hom soos vir al die ander wat vir ons van Adam se hut af bekend is, in blydskap wag.

3. Skaars aangekom by Henoch by die offeraltaar, het die hoë Abedam vir hom gevra: “Liewe Henoch, luister, Ek het ‘n gemor uit die harte van sommige, wat uit die middag afkomstig is, verneem! Sethlahem het wel vir hulle die mond toegestop; maar nou skree des te harder hulle harte en hulle is vol ergernis!

4. Wat meen jy, wat ons met hulle moet doen?”

5. En Henoch het vir die hoë Vraer geantwoord: “O Abba, Jy sê dit in my hart! Met hulle moet volgens Jou wil geskied, en dit sal die beste vir hulle wees!”

6. En Abedam het daarop weer vir Henoch gesê: “Sien Henoch, alleen ter wille van hulle was die nagtelike storm toegelaat, sodat dit hulle hoogmoedige harte moes nederig maak; alleen watter geringe uitwerking dit op hulle gehad het, het jy nou met jou eie oë gesien en met eie ore gehoor!

7. Sou dit dan nie beter wees, dat sulke kwaadstokers nie sou wees nie, as wat hulle daar is?!

8. Daarom moes hulle eintlik van die aarde verslind word, sodat hulle asem nie verder hierdie heilige plek verpes nie?!

9. Nou, wat meen jy, sal dit reg wees, indien met hulle sal gebeur volgens die waarde van hulle harte?”

10. En Henoch het vir Abedam geantwoord: “Here, waar Jy daar vol liefde en barmhartigheid is, Jou wil is altyd heilig en Jou barmhartigheid oneindig, en Jy het nie nodig dat iemand vir Jou om barmhartigheid moet smeek nie; maar tog verskaf Jy vir ons geleenthede, waar ons ons eie harte moet toets, hoeveel naaste- en broederliefde daarin woon, en hoe ver ons dit, om gelykheid met Jou te behaal, met die barmhartigheid gebring het.

11. Sien, aangesien ek dit deur Jou oneindige genade en barmhartigheid erken het, dat die barmhartigheid en liefde in my teenoor my broeders niks as net Jou barmhartigheid en liefde is, ‘n vonkie van Jou eindelose, oorheilige liefdesvuur, kom ek hier in my skynbare barmhartigheid na Jou en beken, dat niks my eie, maar alles Joune is, - my liefde Jou liefde in my, my barmhartigheid Jou barmhartigheid in my! Daarom , o Abba, alle dank, lof en prys daarvoor.

12. O Abba, indien ek oor iemand barmhartigheid in my voel, dan voel ek ook gelyktydig, hoe oneindig laat ek met my barmhartigheid na vore kom!

13. Waar sou ‘n arm, swak blinde mens in die’ tyd wees, wanneer ek op grond van my barmhartigheid vir hom tot hulp sou kom, indien Jou barmhartigheid hom nie oneindig vroeër reeds sou gehelp het nie?!

14. Tog kan ek vir Jou vra, dat Jy barmhartigheid teenoor die swakkes moet betoon! Maar soos ek vir Jou daarvoor vra, o Abba, dan vra ek nie vir Jou om iets te doen nie, maar dat jy genadiglik na my hart moet kyk, wanneer dit vir Jou uit Jou skat vir die broeders ‘n klein offer wil bring!

15. Daarom sê ek ook hier soos orals en altyd: O Abba, Jou heilige wil geskied! En wat my hart vir Jou aan liefde en barmhartigheid bring - ‘n geringe offer teenoor Jou oneindige liefde en barmhartigheid -, neem dit genadiglik op, asof dit iets voor Jou sou beteken, sodat dan ook ek, wanneer Jy barmhartigheid teenoor iemand betoon het wat ons blindes as ‘n sigbare daad kan waarneem, saam met hulle wat Jou sigbare barmhartigheid ontvang het, kan bly wees!

16. O Abba, neem hierdie my bekentenis op, en wees met my dwaasheid geduldig; Jou heilige wil nou en vir ewig! Amen.”

17. En Abedam het oorvriendelik vir Henoch gekyk en vir hom die volgende geantwoord:

18. “Liewe Henoch, jou toespraak is volkome waar, omdat dit gewys het, hoe jou hart saamgestel is, en hoeveel wysheid uit die liefde daarin heers! Sodat jy ook heel volkome innerlik kan gewaar word, hoe alle voorbidding uit die ewige orde moet lyk, luister na die volgende:

19. Wanneer jy sien, dat daar enige op watter manier ook al arm broeder of suster wandel, dit beteken, dat hy hetsy arm is aan die liggaam deur die swakheid of totale onbruikbaarheid van een of die ander sintuie, of dat hy arm in die hart is, arm aan liefde, arm aan krag tot die daad, arm aan ‘n wil, arm aan insig, arm aan die verstand of totaal in gees en alles, wat van die gees is, verarm is en jy is jammer vir hom vanuit die liefde van jou hart vir My en daaruit eers vir die broeder of die suster, sien, dan is jou barmhartigheid volmaak, aangesien dit dan alreeds ‘n opname van My groot barmhartigheid op dieselfde manier is, as wat daar die wind deur die woud trek en beweeg die bome en roer elke blaar aan elke boom, waardeur dan elke blaar heen en weer wieg en ook ‘n klein windjie teweeg bring, wat van die algemene groot wind opgeneem word, asof dit in verhouding daartoe ook werklik iets beteken.

20. Maar jy sal ook reeds dikwels agtergekom het, wanneer die wind waai, dat hy ook die droë blare roer; alleen, aangesien hulle droog is en derhalwe styf en dood is, kan hulle die trek van die wind nie weerstaan nie, breek van die takke af en fladder dan dood op die aarde neer. En word hulle ook vir ‘n tyd lank deur die groot wind saamgedra, sal hulle tog mettertyd daarheen daal, waar die vernietiging op hulle wag!

21. Die blare van ‘n boom het sodanige bestemming; maar nie die mens nie! Wee hom, indien hy aan die boom van die lewe droog geword het; waarlik, hy sal sy vernietiging nie ontgaan nie!

22. Maar dit is wat julle uit die gelykenis moet ontneem, dat net diegene wat lewendig is, tot die lewendige barmhartigheid deur My groot barmhartigheid beweeg kan word; sy barmhartigheid word dus deur My barmhartigheid opgeneem, asof dit iets sou beteken. Net soos die wind die gewaaide luggie van die blaar meevoer, en oor die medeblare laat spoel, net so staan die mens se barmhartigheid teenoor sy medemens, waarom daar een broer vir die ander so baie as wat hy kan, vanuit die lewendige, ja van My en deur My lewendige liefde moet doen, en Ek sal dan sy daad en sy voorbidding beskou, asof dit iets van My sou wees!

23. Sien, wanneer dus die wind waai, dan neem hy jou asem saam, asof dit iets is! Maar dink jy, jou asem sal hetsy die wind versterk of vir hom ‘n ander rigting gee?!

24. O sien, dit sal die asem van alle mense saam nie vermag nie! Want die magtige wind kom, en niemand van die mense weet, waarvandaan hy kom nie; en niemand weet waarheen hy trek nie, maar net sy ordelike rigting kan uit sy trek bepaal word. Indien jy saam met die’ rigting blaas, dan word jou asem opgeneem en meegevoer; maar blaas jy eiemagtig windop, dan sal jou asem teruggestoot word, en sal aan jou eie mond breek en sodoende bydra om jou eie lewe te versmoor!

25. Wanneer jy by ‘n rivier sit en trane van medelye uit jou oë stort, waarlik, ook hulle sal, indien hulle in die water van die rivier geval het, en daarom met die rivier se water een geword het, na die see van barmhartigheid meegevoer word! Maar wanneer iemand by die rivier huil, maar sou nie ag slaan op die water van die rivier nie en sou die trane op die oewer se sand laat val, sal sodanige trane ook by die see uitkom?!

26. Sien, wie daar dink dat hy vir My deur sy voorbidding tot barmhartigheid kan beweeg, is hy dan nie dommer as iemand, wat daar van mening is, dat waar hy ‘n traan gestort het, moet die see bykom en sy traan opneem, sonder om net in die geringste mate in aanmerking te neem, wat die see is, en waarheen in elk geval elke spruitjie sy rigting neem nie?!

27. Maar wie vir hom deur My laat beweeg, die’ is met sy barmhartigheid binne die orde, en sy trane val onmiddelik in die see!

28. Maar wie het dan vir My beweeg of by My voorbidding gedoen, om julle te skep, toe behalwe vir My niks was nie?! Of het Ek dan sedertdien harder en meer liefdeloos geword, waarom Ek vir My deur My skepsels tot aksie moet laat beweeg?!

29. O sien, dit is werklik nie nodig nie, maar wel die omgekeerde, dat My kinders hulle deur My in hulle harte moet laat beweeg en vir My opneem in die suiwer liefde, dan op die trek van My groot barmhartigheid ag slaan en sodoende lewendig saam barmhartig word! Sien, dit is My wil!

30. Aangesien Ek vir jou vroeër gevra het, wat daar met hierdie hardkoppiges moet gebeur, was jou antwoord ook reg, aangesien jy vir jou deur My laat gryp en laat roer het, en moet dit ook in toekoms by elke regverdige medelye met elke armoedige so wees, want elkeen is vir die ander ‘n broer in My liefde; maar as Ek dooies wil verwek, wie sou daar vir My bid, dat Ek dit nie moet doen nie?!

31. En sien, Henoch, waar jy My vroeëre vraag nie volledig begryp het nie, moet ook hierdie muiters eers deur die aarde van ware nederigheid verslind word, voordat hulle lewendig kan word!

32. Daarom het Ek nou vir jou sodanige boodskap gegee. Maar nou laat die muiters nader na My toe kom! Amen.”

Hoofstuk 172 Mobiele weergawe Kommentaar