Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 173 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 173

1. Toe Sethlahem van die hoë Abedam as ‘n natuurlike oog- en oorgetuie dit verneem het, het hy begin om aan te voel dat iets groots sal gebeur. Sy hart het gebrand, en ‘n innerlike oordeel het vir hom gesê: “Soos wat hierdie vreemdeling praat, waarlik, kan werklik geen mens praat nie! Agter hierdie vreemdeling moet iets buitengewoon steek!”

2. Na hierdie innerlike oordeel en deur hierdie innerlike oordeel gelei en sterk beïnvloed, het Sethlahem met die allerhoogste nederigheid na die hoë Abedam toe gegaan en vir hom gevra:

3. “Hoë vreemdeling, wat vol van goddelike wysheid is en dit ook nie lyk asof daar ‘n tekort aan ‘n goddelike krag in jou is nie, wanneer ek vir jou vra, sal jy nie van my ‘n klein guns aanvaar nie, dat ek hulle, wat daar sonder om oor die weë van Jehova te dink, mor, na jou toe sal bring of om hulle ten minste te laat onderrig, dat Jehova, die ewige heilige God, dit alles, wat daar reeds gebeur het, reeds van ewigheid af voorsien het, en in ‘n sekere opsig, alhoewel dit die vrye mens raak, ook so bestem het?!

4. Te oordeel aan dit wat eerstens Henoch reeds met getroue woorde van jou berig het, en tweedens wat ek nou self in gesprek met Henoch van jou verneem het, sal een enkele woord van jou vir diegene wat mor meer beterskap te weeg bring as duisende van my.

5. Want juis hierdie sewe is in alles geneem die mees onbuigsames van die hele middagomgewing.

6. Waarlik, daar moet nie iets sleg met hulle gebeur nie; maar hulle moet heeltemal beter word, ja verbeter moet hulle word!

7. Indien jy wil, sal ek onmiddelik gaan.” - En die hoë Abedam het vir hom geantwoord:

8. “Sethlahem, Ek sê vir jou, as jy My woord sou verstaan, dan sou jy ook verstaan, dat Ek jou diens kan ontbeer!

9. Alleen, aangesien Ek vir jou nog deur en deur ‘n vreemdeling is, kan jy maar gaan en doen, waarvoor jy lus is!

10. Maar as die sewe muiters nie vir jou wil volg nie, dan kan jy alleen weer omkeer en sonder dat jy iets uitgerig het weer hiernatoe terugkom! Amen.”

11. En onmiddelik het Sethlahem na die muiters gegaan, wat ‘n paar vyftig treë vêr hiervandaan gestaan het. Toe hy by hulle aangekom het, het een van hulle onmiddelik vir hom gevra, deur ietwat van ‘n grap te maak:

12. “Nou, om hoeveel hande vol klippe het jy nou meer wys geword?!

13. Het Henoch vir jou die gelykenis van die verafgeleë berge van gister wat suur geword, verduidelik?! Of het hy vir jou ‘n nuwe tier gebring wat kan praat?!

14. Ja, ja, by mense van jou soort moet daar altyd ‘n dier wat kan praat as wysheidsprediker teenwoordig wees; want woorde van ons word in elk geval as van geen belang meer geag nie.

15. Sethlahem, sien, dit is werklik jammer, dat gedurende die afgelope storm die groot sonderling Henoch nie by jou was nie, aangesien ten minste honderde van die mooiste tiere en nog baie ander ongediertes vir ons die eer laat toekom het om vir ons te kom besoek! Wat sou jy van daardie langstert woudwyses nie alles kon leer nie, indien Henoch almal kon laat praat het!

16. Waarlik, dit beteken om die dwaasheid tog ‘n bietjie te vêr te dryf! - ‘n Tier wat praat!

17. As die ding so aanhou, dan sal in die volgende jaar ook die bome en die gras begin om te praat, dalk selfs die klippe, die spruite en uiteindelik die see!

18. En in die derde jaar - jy moet net vas daaraan glo, want dit is jou leuse! - sal ook elke druppel wat van die hemel val vir jou sê: ‘Goeie môre, wyse Sethlahem, het jy lekker geslaap?!’ En nog ander wysheidspreuke!

19. Dan eers sal jy sien en jou ore lank rek en jou mond nog verder oopmaak as ‘n tier sy bek, wanneer dit saggies met een hap ‘n bul in sy maag laat wandel, en sal met jou oneindige wysheidsverwondering sê: ‘Wat - is - dit?’

20. Sethlahem, kan jy dan nog nie die dwaasheid van jou wysheidsdromery insien nie?!

21. Sien, so van ouds af volgens die spreekwyse van Adam, wat nog lewe en alle geloof as ons almal se vader verdien - veronderstel, dat hy die eerste mens op aarde is; want die aarde blyk groter te wees, as wat dit aanvanklik vir een mens bestem was om te wees! -, ou vrome tradiesies gebruiklik was, waarom moet dan iets daaraan verander word, aangesien nog boonop vir die werklik verstandige wyses aan daardie ou seremonie niks geleë is nie as alleen ‘n geskiedkundige ouderdomswaarde?! As dit nou wegval, sê, watter ander waarde kan hierdie ware kinderspeletjie vir denkende mense inhou?!

22. Of wil jy of kan jy as ‘n wyse man beweer, dat God die oneindige ‘n lus en vreugde daaraan kan hê, wanneer ons vir Hom tot eer ‘n paar houtstompe aan die brand steek en dan die dowwe vlamme, wat ‘n geslagde skaap verteer, aangaap - waar ons dalk nog dommer as die geslagde skaap self is?!

23. Waarlik, sodanige uiters dom begrip van die Godheid, waarvan die ewig brandende offer van tallose sterre en sonne getuig, maak ‘n verspotting van die menslike gees!

24. Sê nou, Sethlahem, indien jy net ‘n klein vonkie gesonde verstand besit, of dit nie so is nie, en jy dit nie ook noodwendig so moet insien nie, - veronderstel natuurlik, dat jy nie deur enige gestreepte woudwyse van iets beter onderrig is nie! Want wat die druk van ‘n bul vretende bewys alles kan vermag, begryp ons almal!

25. Praat, praat nou, indien jy wil en kan! Of het jy die blou berge in die verte nog nie voldoende verteer nie?! Of kan jy die mond nie wyd genoeg oopmaak nie?!

26. Sien, ons het geen slegte ore, wat eers deur ‘n tieragtige gebrul geprikkel moet word nie, om jou Henochse gladde wysheid te verneem nie, maar vir ons menslike ore is die gewone menslike stem nog voldoende; daarom maak net jou wyse mond oop! Amen.”

27. Hoe die arme Sethlahem oor hierdie spitsvondige toespraak gevoel het, sal nie moeilik wees om te raai nie, wanneer nog bygevoeg moet word, dat hy, hier ietwat grootdoenerig, homself ‘n bietjie belangrik wou voordoen; maar andersyds was hy deur die toespraak van die vreemdeling en ook die’ van Henoch sodanig deurdring, dat hy kort kort sy oë op die aarde gerig het, of dit nie reeds sou oopgaan, om die so geweldige lasteraars te verslind nie.

28. Daarom was hy ook nie in staat, om ‘n enkele woord oor sy lippe te bring nie, maar het, geweldig verneder, omgedraai en het weer na Henoch en die vreemdeling teruggeloop.

Hoofstuk 173 Mobiele weergawe Kommentaar