Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 174 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 174

1. Toe Sethlahem nou weer by die offealtaar tussen Abedam, Henoch, Jared en die bekende Abedam, was, het hy diep asem gehaal en wou behoorlik oor die belediging wat hy van die kant van die sewe ontvang het, kla.

2. Die hoë Abedam het hom egter voorgespring en vir hom gevra: “Sethlahem, waar is dan die sewe?

3. Ek sien net vir jou alleen. Hoe het dit dan gebeur dat jy die voorgenome taak nie voltooi het nie?!

4. En in plek daarvan om die sewe hiernatoe te bring, kom jy nou alleen terug en daarby nog met ‘n beledigde hart vol van ‘n bitter klag!

5. Wat moet Ek nou met jou maak? - Maar Ek sê vir jou, indien jy wil wraak neem op jou sewe broeders, dan skryf hulle skuld in die sand! Indien iemand in die hart vir jou wil kwaad wees, vir hom seën, asof hy jou eersgebore seun sou wees, dan sal jy ‘n ware onsterflike kind van die ewige liefde wees, vol van genade en vol van liefde en alle wysheid daaruit!

6. Sien, van watter nut is ‘n gees vir jou wat kan dink, indien jy nie die liefde het nie?! Ek sê vir jou, jy sal vir ewig in die duister rondtas! Al sou jy ook vir ‘n duisend jaar na daardie verre bergreeks star en so baie daaroor nadink, dat jy met jou gedagtes ‘n gat in ‘n klip kan slyp, - sê, sal die samestelling en voorkoms van die blou berge meer duidelik word?!

7. Ek dink, beslis nie! Maar indien jy in plek van die lang koue dinkery jou hart vir die blou verte laat ontbrand, sal jy dan nie binnekort vir jou op jou voete maak, ‘n paar gelyk gesinde vriende uitsoek en ‘n reis na die onbekende verte onderneem nie?! En wanneer jy daar aangekom het, sal jy hulle dus aantref, soos honderdduisend van jou blinde gedagtes vir jou gelieg het hoe hulle sal lyk?!

8. Sal vir jou nie elke nog so gedagtelose kyk meer onthul as hier in ‘n duisend jaar tallose sogenaamde vlymskerp gedagtes?!

9. Dus kyk nou, watter voordeel die liefde bo alle gedagtewysheid het!

10. Wie die liefde het, dit wil sê die rein liefde vir God, die Vader van alle mense en die Skepper van alle dinge en uit daardie liefde ook vir al sy broeders en in ‘n geregverdigde, rein mate ook vir die susters, die het alles; ja hy het die ewige lewe en alle aanskoulik duidelike, heilige wysheid, maar nie ‘n donker gedagtewysheid van die wêreld nie, wat geen ander doel het nie, behalwe om die lewendige mens mettertyd vir die dood ryp te maak en uiteindelik selfs dood sal maak!

11. Maar indien jy deur die liefde tot die ware, lewendige wysheid wil kom, waarlik, daar moet eers alle aanklag oor jou broeders uit jou hart wyk, en daarmee saam alle gedagtewysheid! Indien dit nie sal plaasvind nie, sal jy altyd in die duister ronddwaal, sodat jy nie eers vermag om te onderskei, vir wie jy voor jou het nie, ‘n mens of ‘n ewige, almagtige God, soos wat dit reeds nou by jou sterk die geval is.

12. Daarom beraadslaag met jouself in jou hart! Vergewe jou broeders, al het hulle ook wat aan jou gedoen, dan sal ook Ek vir jou jou dwaasheid vergewe en vir jou tot die ewige lewe genees!

13. Wanneer jy daaroor kwaad is, dat jou broeders anders dink en praat as jy, waarom neem jy dan gelyktydig nie in aanmerking, dat jou gedagtes daar sewe harte verbitter nie, terwyl die sewe dit net met jou alleen te doen het?!

14. Sien, een hou hier en een hou daar, wanneer word daar ooit ‘n gewin vir iemand?! Maar indien julle ‘n eenderse gesindheid het, waar daar liefde in is, dan het julle reeds die gewin! Al is daar nie baie waarheid in nie, dan is Ek tog vir julle nader; maar indien Ek nader is, is dit nie ‘n gewin nie?!

15. Daarom gaan nog eenmaal na jou broeders! Vra hulle om vergifnis en wen hulle in die hart, dan sal hulle ook makliker hiernatoe kom en vir die ware, ewige lewe gewen word!

16. Die hardkoppige sal jy nooit met eenderse hardkoppigheid kan oorhaal nie, - nie eers jou eie kind nie! Want in jou eie wysheid sê jyself, dat twee kragte van gelyke soort nooit kan een word nie, want die een streef teen die ander een en probeer om dit te vernietig; daarom kan twee klippe nie die plek van een klip inneem nie.

17. Sien, is dit nie jou leerstelling nie?! En Ek sê nog daarby vir jou, dat die’ leerstelling reg en volkome waar is.

18. Het jy nog nooit dop gehou, hoe die swakker klip vir die sterker een toegee nie?! Wie volg nou die ander een, en wie word die leier en is dus die grondoorsaak self?

19. Waarlik, die sterker een beslis nie, wat die swakker een uit sy posisie geskuif het nie, maar die swakker een, wat vir die sterker een pad gegee het! Sien, dit is ook wysheid!

20. Daarom gaan nou na jou broeders en doen dieselfde, dan sal jy ook volgens die beter trek van jou hart hulle leier en meester word! Amen.”

Hoofstuk 174 Mobiele weergawe Kommentaar