Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 175 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 175

1. En Sethlahem het aanstaltes gemaak om ‘n nuwe vraag te vra; maak ook hier het Abedam vir hom voorgespring en het Hy vir hom gesê:

2. “Sethlahem, jy is nog nie rein nie; want ‘n groot vraag van twyfel druk jou hart en maak vir jou blind, waarom jy nie My woorde kan en wil verstaan nie!

3. Wat is daaraan geleë, of dit wat jou broeders beweer, waar of vals is? Want jy het dan nog niks, waardeur jy die egtheid van jou skat van wysheid kon waarborg nie!

4. Maar wat is dan nou beter: om die een valsheid met ‘n ander valsheid te wil slaan, of om te erken dat jou eie valsheid van geen waarde is nie en om die valsheid van die broeder ter wille van eendrag en liefde nie teen te staan nie, waardeur dan die broeder, wat vir jou lief is, wanneer jy ‘n ware lig sal ontvang, vir jou graag sal wil volg, omdat hy lief is vir jou?!

5. Maar wanneer jy met die eie valsheid hardnekkig die valsheid van die ander teenstaan, waaroor hy sal kwaad word, hoe sal hy dan vir jou volg, wanneer ‘n ware lig in jou opgekom het?!

6. Sien, die liefde is die begin van alle wysheid; maar die nederigheid is ‘n magtige hefboom van die liefde sowel ook die wysheid! Wanneer jy nederig is, waarlik, geen mens sal probeer om vir jou van iets te wil oortuig nie; want waar die veglustige geen teenstand meer gewaar nie, dan sit hyself sy strydbyl opsy, - en wat jy in jouself het, dit sal niemand van jou wil wegneem nie! En dus is die nederigheid die grootste beskermer van alle wysheid en daarby die beste skool vir alle wysheid, waarvan die saad die liefde is.

7. Maar die hoogmoedigheid is in alles lyn reguit presies die teenoorgestelde, soos wat reeds sedert lang tye jou eie ondervinding vir jou geleer het.

8. Daarom gaan nou heen, en maak eers vrede met jou broeders, en dan eers bring hulle na My, en ons sal dan sien, watter deel van die valsheid die mees gewigtige is! Verstaan dit! Amen.”

(18-12-1841)

9. Na hierdie toespraak het vir Sethlahem begin om ‘n geweldige lig op te kom, daarom hy nou ook nie meer gewaag het, om iets verder te vra nie, maar hy het voor Abedam tot op die aarde gebuig en het dan onmiddelik na die sewe broeders toe gegaan.

10. Hy was uiters aangedaan, toe hy by hulle aangekom het. Hy wou net te graag onmiddelik begin om te praat; alleen hy was glad nie in staat daartoe nie. Want die nabye erkenning van Hom, wat vir hom sodanige les gegee het, het vir hom sodanig aangegryp, dat hy daaroor te veel te doen gehad het, om ook net iets oor sy lippe te kon bring.

11. Toe hy ‘n tyd lank byna stom onder die sewe deurgebring het, het hulle vir sy part bang geword; want hulle het andersins op grond van sy wysheid vir hom ‘n hoë agting gehad. Hy was net nie toegelaat om met iets nuuts vorendag te kom nie, maar moes saam met hulle klipvas by die oue bly en daaroor soveel wyshede kwyt raak soos hy wil, - en dus kon hy daarop reken, dat hulle vir hom aandagtig sal luister. Maar sodra hy vir hulle iets nuuts wou opdis, het hulle hulle ore van sy mond af weggedraai of het ten slotte vir hom selfs gevra om te swyg, indien hy dan nie van beter weet nie.

12. Tog hierdie keer, na sy lang pouse van stilswye, het hulle vir hom die eerste keer toegelaat, om ook iets nuuts te sê, indien hy dan nou glad nie met die eerbare oue iets wou te doen hê nie; ook het die vorige spitsvondige spreker erken, dat hy dit berou, dat hy vir hom, naamlik vir Sethlahem, so bitter toegespreek het.

13. En Sethlahem se hart was verlig. Sy longe het weer begin om meer vrylik asem te skep, en hy het gevoel dat hy woorde het, en het dus soos volg begin om te praat:

14. “Liewe broeders, laat vir my net hierdie een keer praat! Ek wil nie iets vir julle opdring nie, en elkeen kan oor my toespraak by sy eie mening bly; alleen hierdie keer vra ek vir julle, om met my geduldig te wees en vir my van die begin tot die einde aan te hoor. Het julle dit eers verneem, dan kan julle nog altyd oordeel, soos julle wil! En dus luister:

15. Ons hang aan die oue, omdat dit oud is, maar dink nie daaroor, dat daar in die grond van die saak niks bestaan wat oud is nie. Ja, indien ons ‘n saak beskou, soos wat dit langs ons bestaan en verouder het, dan kan ons natuurlik sê: Die saak is oud, aangesien dit saam met ons oud geword het!

16. Maar selfs, as ons so oordeel, misgis ons vir ons geweldig; want sou ons werklik oud wees, dan moes ons mos nog gelyk het soos vyfhonderd jaar gelede!

17. Maar hoe het ons voorkoms mettertyd verander! Hoe kan jy dit oud noem, wat van die werklik oue geen teken meer dra nie?!

18. Ja, ons het ten opsigte van alles verander! Waar is ons hare? Waar die meeste van ons tande? Hoe dikwels het ons vel al vervel? Ja, ek wil vra: Waar is ons hele jeugdige, kragtige liggaam dan heen?

19. Waar is die bome nou, waarvan ons as kinders die vrugte geëet het? Waar die skape en die bokke en die koeie, wat ons as kinders met melk voorsien het?

20. Ons eet nou vrugte van heel nuwe bome en drink melk van nuwe diere, en alles is vir ons aanvaarbaar, omdat die ordelikheid van God dit so bepaal het?

21. As ons by ‘n fonteintjie staan, - en wie wil beweer, dat daar nie elke druppel wat uitloop nuut is of ten minste hernuwe is nie?! En tog proe daardie hernuwing vir ons so uiters aangenaam!

22. Het ooit iemand van ons ‘n ou reëndruppel ontdek?!

23. En elke keer wanneer die nuwe reën kom, is ons bly oor ons landerye!

24. Die nuwe koring is vir ons lekkerder as die oue wat smaakloos geword het. Voortdurend kyk ons vir nuwe vrugte. Nuwe en jonger mense, manlik sowel as vroulik, was nog altyd vir ons meer aangenaam as die oues.

25. Wie is dan nie meer bly oor die opkomende son as oor die dagoue son wat ondergaan nie, waar dit tog steeds dieselfde is?! Vir wie is die nuwe lente nie meer aangenaam as die ou koue winter nie?!

26. Sien, liewe broeders, aangesien in alles, na wat ons net kyk, die nuwe of ten minste die jonger vir ons meer geval en ook vir ons van meer nut is as die oue wat lank reeds vergaan het, en omdat ons almal onteenstrydig ‘n verlange na die nuwe het, en boonop nog die Here Jehova Zebaoth of God, die ewige Herskepper, voor ons oë aanhoudend alles vernuwe, - hoe kan ons in afkeuring mor, indien by die Sabbatoffer volgens die wil van Jehova Zebaoth ‘n klein verandering plaasvind?!

27. Maar ek wil nie hierdeur julle mening omver gooi nie, maar net vir julle gerusstel; want ook julle kan goeie insigte van ‘n teenoorgestelde soort koester, wat ek nie wil betwis nie, aangesien julle vir my reeds bewys het, hoe skerp die oordeel van julle gees is!

28. Maar net een versoek wil ek nog byvoeg, dat julle nog eenmaal met my na die altaar gaan en die vreemdeling wat daar vir julle wag, skerp te beoordeel en vir my sal help om hom te erken. Want sien, sy spraak is geweldig en uiters deurdringend, dat ek lyn reguit op die punt staan, om hom vir Jehova self te hou!

29. Ek merk, dat hierdie my stelling julle laat glimlag, - alleen ek sê vir julle, moet nie te vroeg lag nie, maar toets eers, waaroor julle wil lag, en my ou spreekwoord sal vir julle dan nog meer duidelik word, dat die’ een wat die laaste lag, die beste deel het om te lag.

30. Wat sal julle van ‘n mens dink wat julle mees verborge gedagtes vir julle voorhou en van goddelike dinge praat soos van homself?!

31. Julle het dit vir julle kinders en al hulle nasate so dikwels reeds op een haar bewys, dat die mees innerlike gedagtes van ‘n mens net aan God bekend is; maar vir elke mens is dit suiwer onmoontlik.

32. Ek het nog nooit vir julle ten opsigte van daardie punt weerspreek nie; want ek het die volle waarheid van julle bewyse nog altyd ingesien.

Hoofstuk 175 Mobiele weergawe Kommentaar