Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 175 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 175

1. En Sethlahem het aanstaltes gemaak om ‘n nuwe vraag te vra; maak ook hier het Abedam vir hom voorgespring en het Hy vir hom gesê:

2. “Sethlahem, jy is nog nie rein nie; want ‘n groot vraag van twyfel druk jou hart en maak vir jou blind, waarom jy nie My woorde kan en wil verstaan nie!

3. Wat is daaraan geleë, of dit wat jou broeders beweer, waar of vals is? Want jy het dan nog niks, waardeur jy die egtheid van jou skat van wysheid kon waarborg nie!

4. Maar wat is dan nou beter: om die een valsheid met ‘n ander valsheid te wil slaan, of om te erken dat jou eie valsheid van geen waarde is nie en om die valsheid van die broeder ter wille van eendrag en liefde nie teen te staan nie, waardeur dan die broeder, wat vir jou lief is, wanneer jy ‘n ware lig sal ontvang, vir jou graag sal wil volg, omdat hy lief is vir jou?!

5. Maar wanneer jy met die eie valsheid hardnekkig die valsheid van die ander teenstaan, waaroor hy sal kwaad word, hoe sal hy dan vir jou volg, wanneer ‘n ware lig in jou opgekom het?!

6. Sien, die liefde is die begin van alle wysheid; maar die nederigheid is ‘n magtige hefboom van die liefde sowel ook die wysheid! Wanneer jy nederig is, waarlik, geen mens sal probeer om vir jou van iets te wil oortuig nie; want waar die veglustige geen teenstand meer gewaar nie, dan sit hyself sy strydbyl opsy, - en wat jy in jouself het, dit sal niemand van jou wil wegneem nie! En dus is die nederigheid die grootste beskermer van alle wysheid en daarby die beste skool vir alle wysheid, waarvan die saad die liefde is.

Hoofstuk 175 Mobiele weergawe Kommentaar