Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 177 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 177

1. Toe die sewe dit van Abedam verneem het, het hulle vir Hom vol van berou en onderdanigheid aan Sy wil gedank en het dan na hulle aangewese plek teruggegaan.

2. Toe hulle na ‘n kort rukkie daar aangekom het, het hulle vrouens en kinders by hulle gekom, dit beteken hulle seuns, wat geen jongelinge meer was nie, maar selfs grysaards van etlike honderd jare, en die’ se moeders.

3. Aangesien hulle agtergekom het, dat hulle andersins vrolike vaders getreur het, het hulle vir hulle gevra, wat met hulle skort, aangesien hulle so treur.

4. En Kisehel het vir hulle met die volgende woorde geantwoord, deur te sê: “Kinders, moet nie vra hoekom ons vir die eerste keer geregverdig treur nie, maar kyk nou na die môre en aanskou hoe heerlik die grot van Adam weer straal! En tog weet julle almal en het julle almal julle verbasende hartseer daaroor geuiter, toe julle vanoggend op pad hiernatoe in plek van die grot, net ‘n wydverspreide, groot hoop klippe opgemerk het!

5. Hoe lyk die saak nou vir julle? - Dink in julleself daaroor na!

6. Ek sê vir julle, daar is iemand by die altaar van Henoch! Gaan in julle harte, ja gaan na God Jehova, Zebaoth, en soek in die liefde van julle harte die heilige Vader! En op die’ wyse voorberei, trek met eerbied na die altaar, en julle sal daar vind, luister! - , wat julle soek!

7. En nou verlaat ons weer, en volg my raad, dan sal julle gelukkig wees, ja gelukkig, gelukkig, onuitspreeklik oorgelukkig!”

8. En al die kinders en vrouens, toe hulle dit verneem het, het na hulle vorige plek teruggekeer en het van te groot eerbiedigheid nie gewaag, om na die heerlik stralende grot te kyk nie, maar almal het op hulle aangesigte neergeval, en het die groot goedheid, mag en heerlikheid van God geloof en geprys. En hulle harte het voller en voller van liefde vir Jehova geword.

9. Maar Kisehel het na sy broeders gedraai, en het die volgende vir hulle gesê: “Broeders, wat gaan in julle harte aan, wat voel julle?

10. Sien, ek wil van te veel liefde uitmekaar bars! Dit trek vir my geweldig na die altaar! Waarlik, sou ek nie so vermetel diep geval het nie, dan sou vir my geen vuur kon keer nie! Middel deur hemelhoë vlamme wil ek na Hom, ag na Hom, na Hom!

11. Maar my skuld, my grootste skuld voor Hom, die Allerheiligste, verlam my voete! My siel bewe, en daar waar ek staan, wankel die aarde, en ek vermag nog nie om na Hom, ja na Hom toe te gaan nie!

12. Vir Hom wat ek nou bo alles liefhet, vir Hom vrees ek nou ook bo alles! Ek vrees nie Sy oneindige mag nie, wat vir my vir ewig kan vernietig, ook nie Sy toorn nie, wat vir my vir ewig kan vernietig, en nie Sy grimmigheid nie, wat vir my vir ewig kan vervloek en doodmaak, maar ek vrees, dat ek vir Hom te min liefhet!

13. O waarom is ek dan nie heeltemal liefde nie! Waarom is my bene nie liefde nie?! Waarom nie my hele liggaam nie?!

14. Ja, broeders, die vuur van die hart moet eerder al my beendere deurdring, my hele liggaam in liefde verteer, alvorens ek vir Hom kan nader! Die regverdige is rein, aangesien hy die sonde nie ken nie, omdat hy daarvan af weg gevlug het terwyl hy nog aan die moederbors gehang het; maar ons het vir so lank die sonde geniet, dat dit ten slotte voorgekom het, asof dit ‘n suiwer reg voor God is!

15. Maar die sonde het vir ons daardeur ook deur en deur verhard, dat ons derhalwe nie meer in staat is, om vir onsself in liefde te verander nie; maar nogtans moet dit gebeur, en dit van nuuts af in die hart!

16. Die vlam van liefde in ons harte moet sodanig heftig word, dat dit ons sondevolle liggaam moet verteer en uit die as van die verteerde liggaam ‘n nuwe liggaam, wat deurgaans tot liefde in staat is, moet opstaan; en met daardie liggaam kan ons eers vir Hom nader!

17. Ja, broeders, ek sou nie eerder na Hom toe kon gaan nie; want van al die oortreders hou ek nou die’ een as die grootste, wat vir Hom - die heiligste, liefdevolste Vader, die ewige, oneindige God! - - te min liefhet en wat met sodanig onvolmaakte liefde dit waag om vir Hom te nader!

18. O broeders, verstaan dit goed, want julle het dit saam met my aangevoel, wat dit beteken: om onwaardig vir Hom te nader!

19. Daarom gee aandag aan hierdie woorde! - Waarlik, ewighede sal hierdie verskriklike indruk nie uit my gees kan uitwis nie, toe ek daar gestaan het: ‘n sondaar voor God!

20. O broeders, dink daaroor! Dink daaroor, jy die hele aarde; want dit is nou God, vir wie jy dra!

21. My moeë tong hakkel, die aarde bewe, die sonne dreun, wat die God nie kan begryp nie! Dit is een God, ‘n heilige Vader, vir wie julle prys!

22. O hoe heilig is jy nou, o aarde, aangesien die almagtige Skepper se voete aan jou raak!

23. Hoe heilig is nou ook jy, mooiste glans van die son! O son, gee aandag, ja gee saam met my nietigheid aandag daaraan, wie dit is, vir wie jy vandag lig gee!

24. O Vader, heilige Vader! Jy het na ons toe gekom, na ons onwaardige sondaars, nie kinders nie, soos wat ons vir ons dikwels verkeerdelik Jou kinders noem!

25. Wie kan Jou oneindige barmhartigheid begryp, wie die grootte van Jou liefde?!

26. O help vir my, om vir Hom te loof en te prys, vir Hom, wat na ons sondaars toe gekom het, al julle my broers, al julle kinders, jy aarde, jy son, en jy, my hele sondige, harde liggaam! Help vir my om vir Hom te loof, julle skepsels en al julle engele; want Hy alleen is goed, Hy alleen is heilig en Hy alleen vol van die allerhoogste liefde, mag en krag!

Hoofstuk 177 Mobiele weergawe Kommentaar