Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 178 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 178

1. En dus het hulle na die plek toe gegaan waar die sewe op hulle aangesigte gelê het. Toe hulle nou daar aangekom het, het hulle volgens die wil van Abedam ‘n tyd lank vertoef en vir Kisehel geluister, wat daar op die aarde gelê het, en in gebed die volgende selfgesprek gevoer het, wat soos volg lui:

2. “O ek uiters arme, allerlaagste sondaar! Wat het ek gedoen? Voor God het ek met my oneindige groot dwaasheid, wat ek ‘n steekhoudende wysheid genoem het, gespog en het feitlik vir myself aanbid!

3. Sy barmhartigheid het net vir my ‘n klein vonkie van Sy oneindige wysheid gewys, wat op ‘n tyd hemel en aarde georden het en vir my ellendige wurm vol van ondankbaarheid en vol van ongehoorsaamheid die wonderbaarlike ‘n bestaan gegee, - en ek lê reeds bewusteloos in die stof!

4. Wat sou van my geword het, as Hy vir my nog meer as ‘n vonkie van Sy oneindige, ewige, onverstaanbare wysheid sou gewys het.

5. O, hoe sou ek dan skielik tot niet gegaan het, asof ek nooit bestaan het nie!

6. Maar Sy onmeetbare goedheid, Sy oneindige liefde, Sy onbeperkte barmhartigheid het my onuitspreeklike vermetelheid verskoon. In plek daarvan om vir my met die ewige vernietiging te straf wat ek deur my hele lewe vir elke oomblik van my onwaardige bestaan honderdvoudig verdien het, het Hy vir my my onuitspreeklike skuld vergewe, en het vir my hiernatoe gestuur, sodat ek vir Hom in my moet soek en erken en dan weer na Hom toe moet terugkeer!

7. Ek, die grootste, onwaardige sondaar moet na Hom terugkeer?! O aarde, gaan oop en verslind vir my eerder geheel en al! Al het ek volgens my gevoel heeltemal in liefde vir Hom verander, - sal ewighede my sonde tot niet kan maak, asof ek nooit voor hom gesondig het nie?

8. O heilige Vader van beter kinders! Nee, nee, - dit kan, ja dit mag nie gebeur nie; want Jy, goeie Vader, Jy is mos heilig, oorheilig! Hoe kan ek dan nog ‘n keer en nog meer voorbarig voor Jou sondig?!

9. Dit is voldoende, ja vir ewig voldoende, dat ek een keer voor Jou gesondig het, toe ek blind was en nie in staat was om vir Jou te erken nie! Watter naam kon daardie sonde dra, indien ek, aangesien ek vir Jou, o heilige Vader, as ‘n stowwerige wurm nou erken het, as ingeligte sondaar voor Jou heilige aangesig sou tree?!

10. O die vreeslike gedagte! Ek, ‘n sondaar voor God, - nee, nee, o heilige Vader, Jy is dan te goed en sal vir my arme sondaar tog nie oorhard wil straf nie?!

11. Ek het wel die hardste straf verdien, - alleen, as ek weer daaroor dink, hoe onuitspreeklik lief ek nou vir Hom is, dat ek selfs in elke haar liefde voel, asof daar duisende harte in Hom is, wat daar vol van liefdesbrand is, dan sou dit my verdiende straf mos ophef, aangesien ek daardeur net vir die eindeloos magtige trek in my hart wil volg! Daarom wil ek hier ween oor my groot dwaasheid! En al was ek volgens my wete nog nooit vir die aarde van enige nut nie, moet tog net my trane nou die aarde nat maak! Wie weet, of nie enige dors grasgroeiseltjie daardeur verkwik sal word nie, - dalk ook deur die harde trane van ‘n groot sondaar sterf?!

12. Ja, ja, edel worteltjie, my sondewarm trane van berou bevat geen seën nie; want dit vloei uit die meer van my sondes, waarom dit vir jou sal versmoor en doodmaak! En dus wil ek dan op die sand, op die dorre, warm sand wil ek my trane laat vloei en nie eerder opstaan nie, totdat ek óf geen trane meer sal hê nie óf die regverdige, heilige God en Vader ‘n bode na my toe sal stuur, wat vir my ‘n welverdiende strafoordeel moet bring!

Hoofstuk 178 Mobiele weergawe Kommentaar