Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 178 Die Huishouding van God, Boek 1

12. Ja, ja, edel worteltjie, my sondewarm trane van berou bevat geen seën nie; want dit vloei uit die meer van my sondes, waarom dit vir jou sal versmoor en doodmaak! En dus wil ek dan op die sand, op die dorre, warm sand wil ek my trane laat vloei en nie eerder opstaan nie, totdat ek óf geen trane meer sal hê nie óf die regverdige, heilige God en Vader ‘n bode na my toe sal stuur, wat vir my ‘n welverdiende strafoordeel moet bring!

13. Ja, in die straf van ewige verbanning sal ek beter vaar en in die buitenste hoek van die aarde meer tevrede wees as hier op hierdie heilige plek, waar ek onwaardig voel om te wees!

14. O stille eensaamheid, waar kan ek vir jou vind, waar ek sonder om deur ‘n getuie in my groot ellende dop gehou en betreur te word, in my sonde kan sterf, ja vir ewig geheel en al sterf?!

15. Ja, ,ja, nou eers het ek die regte ding gevind: My sondes kan voor God op geen ander wyse versoen word as alleen deur die dood, die ewige beëindiging van bestaan! Want as die oortreder tot niet gegaan het, dan het saam met hom sy sonde tot niet gegaan. En so het vir hom, wat nie meer is nie, ook alles wat saam met hom is, opgehou om te bestaan!

16. Maar wat van die moontlikheid, dat daar voor God geen vernietiging bestaan nie, - wat dan?! Kan God ooit iets vergeet?!

17. Maar wat in die onvernietigbare ewige herinnering van God voortbestaan, kan dit ooit vergaan?!

18. Is ons dan nou nie iets anders - as ‘n vrye daarstelling uit die voortdurende herinnering van God voor God self nie?!

19. Maar wie sal ooit in staat wees, om homself uit die ewig-magtige herinnering van God te kan uitwis?!

20. O God, groot, heilige Vader! Nou besef ek eers, hoe nietig alle mense en alle wesens voor Jou is; net Jy alleen is alles in alles!

21. Ook kan ek nou insien, dat ons mense almal, sondaars en geregverdigdes, niks voor Jou vermag nie; want Jy alleen is alles in alles!

22. Wie geregverdig is voor Jou, o heilige Vader, watter aandeel het hy daarby? Niks, - want alles is net Jou groot barmhartigheid!

23. Wat is hy, wat daar ‘n sondaar voor Jou is? ‘n Armsalige niks, aangesien hy iets wou wees en nie vooraf daaraan gedink het nie, dat hy voor Jou niks is nie!

24. Wat is dan nou eintlik die verskil tussen ‘n sondaar en ‘n geregverdigde? Ja, nou sien ek dit duidelik voor my: Die sondaar is ‘n groot dwaas derhalwe, omdat hy veronderstel en doen asof hy uit homself iets voor God is; maar die geregverdigde erken sy nietigheid, en dat dit, wat hy het, suiwer barmhartigheid van die heilige Vader is.

25. Dit is die lig van die geregverdigde; maar die nag van die sondaar is sy groot waan.

26. O groot, heilige Vader, ek sien dit nou net te duidelik, dat ek vir my voor Jou nêrens kan verberg nie; want Jy is dan orals alles in alles. Maar ek sien ook dat Jou barmhartigheid oneindig is! O moet nie vir my in Jou heiligheid kwaad wees nie, maar wees met Jou oneindige Vadermildheid vir my arme, blinde sondaar barmhartig en genadig, en laat, wanneer dit vir Jou welgevallig sal wees, Jou heilige wil oor my kom, en as dit moontlik sou wees, om net die allergeringste onder hulle te wees, wat Jou barmhartigheid ontvang het! O heilige Vader, Jou heilige wil geskied! Amen.”

27. Daarop het hy stil geword en het hardop in die aarde geween, en sy broeders het saam met hom geween.

28. Maar ook Sethlahem en al die ander, Henoch inkluis, was sodanig aangedaan, dat hulle almal saam gehuil het; want die toespraak van Kisehel het vir almal ‘n groot lig laat opgaan wat hulle voorheen nog nie geken het nie.

29. En Abedam het vir hulle laat verstaan, dat hier meer is as tienduisend offeraltare wat voluit brand.

30. En Sethlahem het in sy hart vir homself gesê: “O arm broeder! Ek alleen is skuldig aan die groot ongeluk van jou! Sou ek dit tog net vooruit kon geweet het, dan sou ek eerder vir my in stukke laat skeur het, as om dit oor jou te laat kom!

31. O Abedam, heerlike, liefdevolste Vader! Wees tog barmhartig teenoor hom!”

32. Maar Abedam het vir hom geantwoord: “Moet jou nie oor jou broer bekommer nie, maar daaroor, dat jy soos jou broer word! Want waarlik, Ek sê vir jou: Indien iemand nie so word soos hy nie, die sal eendag voor hom in die ryk van die ewige lewe, gering bly!

33. Verstaan dit en moet nie meer oor die lewendiges bekommerd wees nie! Amen.”

Hoofstuk 178 Mobiele weergawe Kommentaar