Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 179 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 179

1. Na hierdie kort herinnering aan die mede-aanwesiges het Abedam nog ‘n kort rukkie gewag, maar dan het Hy na Kisehel wat nog steeds op sy aangesig gelê het, gegaan, het aan hom geraak en die volgende vir hom gesê:

2. “Kisehel, staan op tot die ewige lewe; want jy het dit waaragtig gevind!

3. Ek, Abedam Jehova die Ewige, Ek, jou goeie, heilige Vader, het Self na jou toe gekom, om vir jou op te help! Daarom staan op sonder vrees; want sien, Ek het jou sonde vir ewig uitgewis, omdat jy vir My met jou hart aangegryp het, soos wat nog niemand van My kinders op hierdie aarde vir My aangegryp het nie! Daarom staan op, soos nog niemand opgestaan het nie! Staan op, toegerus met groot wysheid, wat uit jou liefde ontstaan het, en toegerus met groot mag, wat vir jou uit jou liefde geword het, en daarom sal selfs alle lewelose en lewendige dinge aan jou onderdanig wees, en uiteindelik nog toegerus met die ewige lewe; want waarlik, jy sal voortaan die dood nie proe nie, aangesien jy deur die liefde vir My jou vlees in alles waaragtig gedood het!

4. Wie dus sterf, soos wat jy nou in liefde vir My gesterf het, en Ek na hom toe kom en hom verwek, waarlik, die is nie vir hierdie tyd verwek nie, maar vir die lewe in ewigheid!

5. Maar Ek sê vir jou: Wie nie soos jy die ewige lewe sal herwin nie, die sal in die hiernamaals baie lank moet wag, tot die groot dag van verlossing oor die dooies sal kom!

6. En dus staan op, en rig ook jou broers en al jou kinders op, en volg dan vir My! Amen.”

7. Toe Kisehel die stem en die woorde van die Here verneem het, het hy diep gesug, het opgestaan en was geheel en al van oordankbare vreugde verdoof, sodanig dat hy aan sy hele liggaam gebewe het en nie in staat was, om een woord oor sy lippe te bring nie.

8. Maar Abedam het nog nader gekom en nog ‘n keer aan hom geraak, en vir hom gesê:

9. “Ek sê vir jou: Bly vas, en alle vrees sal vir ewig uit jou verban wees en elke sonde saam met die vrees, ja selfs die moontlikheid, om van voor af te val! Want wat jy van nou af sal doen, dit sal jy in My naam en in My liefde doen. Maar wie dit wat hy doen en wat hy praat, in My naam en in My liefde doen en spreek, hoe sou dit moontlik wees om dan nog aan ‘n sonde te dink?!

10. Maar Ek sê nou vir julle, wat sonde is en hoe iemand kan sondig, maar ook hoe hy nie meer kan sondig nie.

11. Maar dit is die sonde, indien iemand ‘n drang in hom gewaar en sien die voordeel daarvan, gryp dan na die drang omsluit dit met sy begeerte, keer dit dan om in sy eie en handel dan, om vir homself van nut te wees. Uit hierdie roof van sodanige drang, wat die eieliefde in hom dra, ontstaan ‘n bose gees, wat die hele mens dan deurdring en in duisternis hul, sodat hy dan nie meer die waarheid van die valsheid en die goeie van die bose kan onderskei nie.

12. Maar indien iemand ‘n drang in homself gewaar, maar dan by homself dink en sê: ‘O Here, ek erken, dat Jy aan my geraak het! Die drang kom van Jou, o Vader! Jou oneindige goedheid was barmhartig met my en wil vir my wat onwaardig is, in die ware nederigheid vastigheid gee en dus in die ware liefde vir Jou. O Vader, ek is nie waardig, om dit te doen nie, soos wat Jy dit deur die versoekende drang aan my te kenne gegee het! Joune is alle mag, alle krag, Jy alleen is die Here van hemel en aarde. Laat net vir my dit doen, wat vir my voor Jou, o heilige Vader, betaam om te doen, naamlik om vir Jou alleenlik kinderlik lief te hê! Maar neem hierdie hoër handelingsdrang genadiglik weer van my af weg, soos wat Jy dit vir my gegee het; want dit is ‘n goddelike krag! Sou ek arm en nog swak skepsel en kind daarvolgens handel, dan sou ek mos ‘n wese wees, wat vir hom met Jou, ten opsigte van hierdie punt, wil gelykstel, aangesien ek met sodanige Jou krag sou wou handel, wat alleenlik net Jou toekom om mee werksaam te wees. Daarom neem Jou heiligdom van my onwaardige, en laat vir my by die kinderlike liefde vir Jou, o heilige Vader, bly!’ -

13. Sien, maar wanneer Ek sodanige nederigheid by ‘n mens sal vind, meen julle, dat Ek dan die drang van My krag van hom af sal wegneem?!

14. O nee, Ek sê vir julle, Ek sal vir hom die drang seën en vir hom, naamlik die mens, met dieselfde drang tot die ewige lewe verwek! En so word die mens deur juis dieselfde middel, waardeur hy eiemagtig enersyds ‘n growwe sondaar sou geword het, vir die ewige lewe verenig met My en sal dan duisendvoudig uit My dieselfde kan doen, en sal daardeur nooit meer kan sondig nie; want wat hy nou doen, dit doen hy nie meer uit homself nie, maar uit My!

15. Meen julle, dat die sondaar iets anders doen as alleenlik My wil?! O Ek sê vir julle: beslis nie! Nie een haar op sy hoof kan iemand sonder My wil aanraak nie!

16. Julle dink nou by julleself: ‘Maar hoe kan diegene sondig, wat handel volgens Jou wil?’

17. Ek het reeds vir julle gewys van watter aard die sonde is, en sal nou nog ‘n voorbeeld byvoeg sodat julle dit beter verstaan:

18. Iemand word geweldig kwaad deur die optrede van sy broer, sodanig, dat hy daaroor sy broer, nes Cahin, wil doodmaak; maar hy besin hom vinnig en erken waarvandaan daardie drang gekom het. Maar, dat hy dit erken, is nog nie voldoende nie, terwyl die nederige erkenning van hierdie vreemde magtige drang hom ook sal laat erken, dat net Ek die Here oor lewe en dood is. Met daardie erkenning sal hy wat deur My mag aangeraak is, voor My heiligheid wat so naby na hom toe gekom het, neersak en sal dit wat Myne is met ‘n redelike en oordankbare hart aan My terugbesorg.

19. Maar Ek sal dan My krag wat hom oorweldig het nie meer terugneem nie, maar vir hom met daardie krag seën en vir hom tot die ewige lewe verwek.

20. Hy sal dan na sy broer toe gaan en vir hom bekeer, dit beteken, hy sal sy broer dan ten opsigte van die wêreld doodmaak en met die volheid van My krag weer vir hom tot die ewige lewe verlewendig.

21. Wie wil dan nog beweer, dat hy aan sy broer ‘n sonde begaan het?!

22. Maar wie na gewaarwording van die vreemde drang in hom, eiemagtig sal optree, asof hy reeds deur My krag werksaam is, sou hy nie ‘n growwe sondaar wees nes Cahin, wat My krag in homself omgekeer het, aangesien hy boos was en daarom sy broeder doodgeslaan het?!

23. Net so sal elke sondaar, indien hy betyds sy dwaasheid erken het en dan vol berou en liefde na My toe terugkeer, wees soos iemand wat geregverdig was van geboorte af, indien hy daardeur alles wat hy onregmatig geroof het, voor My sal neerlê en dan in nederigheid weer na My toe terugkeer. Waarlik Ek sê vir julle, al sy sondes sal vir hom nagelaat word, al was die getal daarvan soos die sand by die see! Daar sal niks van hom af weggeneem word nie, en hy sal groot word volgens die grootte van sy berou en nederigheid en liefde.

24. Maar des te meer wee vir die hardnekkiges! - En dus, Kisehel, het al jou sondes tot niet geword, en jy is nou, asof jy ewig nooit gesondig het nie, aangesien jy dit wat Myne is in jou, erken het!

25. Daarom kry nou vastigheid, en volg vir My saam met jou broers na jou kinders! Amen.”

Hoofstuk 179 Mobiele weergawe Kommentaar