Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 180 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 180

1. En hulle het na die kinders van Kisehel gegaan, wat ook nog, van te veel eerbied aangegryp, op die aarde gelê het en in die hart opreg gebid het en vir My oor en oor geloof het.

2. Toe hulle daar aangekom het, het die hoë Abedam na hulle toe gegaan en bo oor hulle gepraat:

3. “Staan almal op julle kinders van Kisehel en sy broeders se kinders saam met die moeders! Want Ek, voor wie julle op julle aangesigte lê, het Self na julle toe gekom, gehul as julle gelyke, en wil nou, dat julle moet opstaan tot die lewe van die liefde uit My!

4. Waarlik, die wat opstaan, as Ek vir hulle roep, die sal vir die lewe opstaan en sal die dood nooit, ja ewig nooit proe nie!

5. Maar wie daar nie My roepstem sal volg nie, die sal voortaan en voortaan bly lê! Daarom staan nou in vreugde op en wees vry! Amen.”

6. En almal het opgestaan en het van te groot vreugde gehuil; want hulle het onmiddelik vir Hom erken, wat vir hulle laat opstaan het, en het vir Hom met hulle liefdevolste harte geloof en geprys.

Hoofstuk 180 Mobiele weergawe Kommentaar