Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 180 Die Huishouding van God, Boek 1

4. Waarlik, die wat opstaan, as Ek vir hulle roep, die sal vir die lewe opstaan en sal die dood nooit, ja ewig nooit proe nie!

5. Maar wie daar nie My roepstem sal volg nie, die sal voortaan en voortaan bly lê! Daarom staan nou in vreugde op en wees vry! Amen.”

6. En almal het opgestaan en het van te groot vreugde gehuil; want hulle het onmiddelik vir Hom erken, wat vir hulle laat opstaan het, en het vir Hom met hulle liefdevolste harte geloof en geprys.

7. Onder hulle was daar vyf maagde, wat kleinkinders van Kisehel was. Hulle was besonders mooi, en met ‘n ouderdom van dertig tot veertig jaar, het geen een van hulle nog ‘n man gehad nie, alhoewel ‘n groot aantal werwers. Want hulle eenvoudige, vrome Vader het vir hulle geleer om vir My te soek en om alleen vir My lief te wees. Indien hulle dit sou doen, het hy dikwels vir hulle gesê, dan sal Jehova vir hulle op die regte tyd uitverkore mans gee, waarmee hulle ‘n groot vreugde sal hê, dalk self seuns van die hoofstamvader Adam.

8. (Want dit was vir die’ wat uitwaarts gewoon het, by verre meer as tans ‘n keiserlike kroonprins.)

9. Deur sodanig goeie leerstelling gelei, het hierdie vyf maagde vir Jehova steeds meer en meer liefgekry ten spyte van hulle vir die oertyd nog baie teer jeug.

10. Ek het hulle derhalwe van tyd tot tyd My liefde deeglik laat proe, en so was hulle op ‘n onsigbare wyse in My, hulle Jehova, totaal verlief en was nie in staat om hulle harte van My af te wend nie, maar hulle groot hartstog vir My het van dag tot dag toegeneem, ja dikwels van uur tot uur.

11. Hulle was ook ondermekaar onskeibaar lief vir mekaar, en dit op so ‘n wyse, dat die een gedoen het , wat die ander gedoen het, en die ander, wat die een gedoen het.

12. Alles, na wat hulle net gekyk het, het vir hulle opgewonde gemaak; want in alles het hulle ‘n getroue aandenking van hulle enigste Geliefde, raakgesien.

13. In besonder, indien hulle enige vars, ongewone blommetjie gevind het, was dit beslis deur My vir hulle bestem! Maar dan was dit ook weer heeltemal verby met hulle; want met groot, liefde-bewerige eerbiedigheid, het hulle die blommetjie geneem en het daarmee in vreugde na hulle vader toe gehardloop, en vir hom gewys wat hulle heilige Geliefde weer alles vir hulle gegee het. Daaroor was hulle vader dan uiters bly en het vir My diep in sy hart gedank, dat Ek sy liewe kinders beskerm het voor sommige onkuis agtervolging deur die manlike lus. En na sy dankgebed, het hy hulle weer vir My geoffer en het vir My innig gevra, om ook voortaan deur genade en barmhartigheid met My liefde die harte van sy dogters te trek, watter versoek Ek onder die gegewe omstandighede sekerlik nie geweier het nie.

14. En op daardie manier het die vyf maagde suiwer in My liefde groot geword en het daardeur ook steeds mooier en meer aantreklik en meer teer geword, geestelik sowel as liggaamlik. Ja, hulle skoonheid was so groot, dat alle teenswoordige skoonhede van die aarde nie eers ‘n doudruppel teenoor hulle sou uitmaak nie, al sou hulle verenig kon word; want vir hulle groot liefde vir My, het Ek vir hulle liggaamlik soveel dit net moontlik was, hemels mooi laat word, waarom hulle ook deur almal ‘Die mooi kinders van die liefde’ (Allurahelli) genoem was.

15. Na hierdie voorafbeskrywing kan elkeen ‘n klein begrip kry, hoe hierdie vyf maagde gevoel het, toe hulle in Abedam hulle hoogs geliefde Jehova ontdek het:

16. As hulle vader hulle nie gekeer het nie, sou hulle Hom brandend oorval het.

17. Aangesien Abedam hulle lank beproefde liefde sekerlik net te duidelik gesien het, het hy vir die vader van die maagde gesê:

18. “Luister, Zuriel, diegene wat na My toe wil kom, moet jy nie keer nie! Of is Ek nie Hy, vir wie jy jou dogters geleer het dat hulle alleenlik vir Hom moet liefhê nie?! Laat hulle dus na My toe kom, en moet hulle nie keer nie!”

19. En die vrome Zuriel het sy dogters vol van die hoogste eerbiedigheid na Abedam gelei, het voor Hom gekniel (want om te kniel was sy gebruik van eerbied, wanneer hy tot My gebid het) en het gesê:

20. “O Jehova, oorheilige Vader van alle mense en Skepper van alle dinge, kyk genadiglik vir My, en verneem die gerammel van my mond!

21. Sien, hulle wat ek reeds van kinderdae af vir Jou uurliks geoffer het, en wie se harte ek met Jou genade na Jou toe gelei het, hierdie Jou geskenk aan my onwaardige, bring ek vir Jou, o Jehova, volgens my wete as ‘n suiwer offer terug met die innige dank van my hart, aangesien Jy vir my ‘n onwaardige waardig bevind het, om vir my sodanig heerlike gawe toe te vertrou!

22. Mag ek vir Jou ‘n welgevalle offer gebring het!

23. O Jehova, wees vir my arm sondaar genadig en barmhartig! O Jehova, Jou heilige wil vir ewig! Amen.”

24. En die hoë Abedam het vir Zuriel geantwoord: “Luister, Zuriel, blind en stom was die gawe, toe dit deur My hand in die skoot van jou vrou geplaas was, en onrein en vol van vullis het hulle die lig van die aarde gesien! Jy het vir hulle volgens My wil met al die fluksheid van jou hart gereinig en het vir My vyf mooi boompies van die lewe groot gemaak, wat binnekort in My tuin die heerlikste vrugte sal dra, - dit kan jy verseker van wees!

25. Die jongste sal Ek vir die hele aarde seën, en haar nasate sal die groot einde van alle dinge aanskou. Deur die ander sal die gees se kunstige werking geseën wees; want daar sal tye kom, waar julle die kunste sal benodig, en hulle sal ‘n seën vir hulle wees, wat hulle wys sal gebruik, maar ook ‘n oordeel vir diegene, wat met selfsugtigheid daarvan gebruik sal maak.

26. Jy, Zuriel, sal die dood nooit proe nie! Sien, nou het ek jou gees van die vlees bevry, sodat hy ‘n heerser kan wees in sy vleeslike huis en volgens eie goeddunke in en uit sal kan gaan; maar jy moet jou huis nie heeltemal verlaat, alvorens Ek nie vir jou sal laat roep nie.

27. Ek sê dit vir jou: In die ryk van die liefdeslig sal jy eendag met jou hele gesin die mooiste woning hê, waarlik, mooier en groter as alle sigbare hemele; maar vir nou bly met jou gesin by My! Amen.”

28. En verder het Abedam met die vyf verliefdes ‘n woord gepraat, deur hulle te vra: “Allurahelli! Hoe geval Ek vir julle? Hoe is julle met my tevrede? Het julle vir My vir julle so voorgestel, toe julle in julle liefde vir My, My aandenkings in die veld gaan soek het?”

29. En die vyf, wat skaars gewaag het om op te kyk, het met ‘n lieflike bewende stem geantwoord: “O, Jy die enigste voorwerp van ons liefde, Jy sien tog ons harte; sodanige genade deur Jou is ons veels te onwaardig!

30. O Jehova, Jy alleen, net Jy alleen is mos ons hoop, Jy alleen die Geliefde van ons harte!

31. Het ons dit verdien, dat Jy genadiglik toegelaat het dat ons vir Jou sodanig mag liefhê? Dit alleen erken ons reeds in nederigheid as die allerhoogste seën!

32. O Jehova, as ons tog net aan Jou mag raak en ten minste net Jou hand aan ons harte mag druk!”

33. En Abedam het toegelaat dat hulle aan Hom mag raak en het vir Hom heeltemal laat vasdruk en het vir hulle gesê:

34. “Na Eva is julle die eerstes, wat aan My mag raak! Aangesien julle reeds vir My vasgedruk het, wil Ek ook vir julle met die hand aanraak, wat op ‘n tyd hemel en aarde geskep het, en vir julle soen tot die ewige lewe met die mond, wat op ‘n tyd, soos nou, alle dinge laat ontstaan het!

35. Daarom bly ook by My, en volg vir My na Adam op die oggendhoogte! Amen.”

Hoofstuk 180 Mobiele weergawe Kommentaar