Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 181 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 181

1. Maar die vyf maagde was sodanig rondom om Hom en het vir Hom aanhoudend gedruk, dat Hy verhinder was om verder te loop, en Hy ‘of vir Sy krag ‘n bietjie ruimte moes gegee het, ‘of Hy moes hulle saam gesleep het.

2. Maar Zuriel het gemeen, dat sodanige gedrag van sy dogters vir Abedam Jehova tog ietwat onaangenaam sou wees, en hy het met groot eerbied nog steeds op sy knieë vir Abedam gevra:

3. “My dogters sal nie vir Jou lastig wees nie; moet ek hulle vir Jou welgevalle terug roep?! Want Jy wil dan op die môrehoogte van Adam gaan, en hulle hinder Jou heilige voete!”

4. Maar Abedam het vir hom geantwoord: “Luister, Zuriel, jy dink wêrelds van My! Wie kan vir My voete hinderlik wees?! Watter aarde sou My treë kon verhinder?!

5. Meen jy dan, indien die gedrag van jou dogters vir My onaangenaam sou wees, Dat Ek nie in staat sal wees om vir My van hulle te kan losmaak nie?! Jy is nog sterk blind op die regter oog!

6. Kyk hier, elke sandkorreltjie wat aan jou voete vaskleef, moet Ek met die krag van My liefde vashou, ja by verre meer intensief as die maagde nou My voete, sodat dit kan bestaan, - en jy kan dit dan vrylik ronddra, waar jy tog net ‘n medeskepsel uit My is, en Ek moet vir jou daarby nog oneindig keer meer intensief vashou, sodat jy kan bestaan en lewe, dink, voel en van jouself duidelik bewus wees, sodanig dat jy ook deur My nie opgehou word, om vir jou vrylik te kan beweeg nie!

7. Sien, Die aarde beweeg vrylik, die maan, die sonne, netso die tallose sterre, wat almal niks anders is as vir jou onbegryplik verskillend gevormde wêreld soos hierdie aarde en sonne soos hierdie son is, sommige onvergelykbaar groter, hier en daar sommige ook kleiner met ‘n verskillende lig!

8. Ek moet vir hulle eindeloos en aanhoudend in al hulle oneindig onderskeie dele vas omsluit hou, beginnende by die atome tot die allergrootste middelsonne, waarvan die liggaamlike grootte - verstaan dit goed! - hierdie aarde saam met die son, wat self reeds baie duisend keer groter is as die aarde, skaars sodanig vergelyk soos ‘n atoom tot die aarde, - andersins hulle skielik sou ophou om te bestaan; en sien, tog kan alles vrylik beweeg!

9. Verstaan jy nou jou blindheid?! Hoe kon dit vir jou byval, jou dogters kon vir My voete hinderlik wees?!

10. O sien, sodanig dwase mening bestaan daar nog baie onder julle!

11. Maar omdat aan dit, wat die maagde aan My doen, Ek geen afkeur het nie, maar net ‘n groot welgevalle het, kan jy tog daaruit sien, dat Ek hulle met graagte duld. Of moet Ek mense met liefde nie om My toelaat nie?! Wie anders durf vir My nader?

12. Maar Ek sê vir julle almal: Wanneer ‘n vrou nie vir My sal aanvat en vasgedruk vashou soos hierdie My liewe dogters nie, die sal vir ewig nooit My aangesig sien nie!

13. Verstaan jy, Zuriel, die betekenis van hierdie toespraak?”

14. En Zuriel het geantwoord: “O Jehova! Vergewe vir my arme, blinde dwaas - dit is al, wat ek hier in staat is om te sê -, en wees geduldig en vergeeflik met my! O, ek wil nou net voor Jou vergaan; nee, dit kan ek vir myself nooit vergewe nie!

15. Hoe meer ek nou daaroor nadink, des te meer duidelik kom die onuitspreeklike dwaasheid van my vraag na vore! O Jehova, red vir my, andersins sal die groot skande van my dwaasheid voor Jou, vir my verteer! Jou heilige wil! Amen.”

16. Maar Abedam het Sy hand na Zuriel uitgestrek en het vir hom gesê: “Zuriel, Ek sê vir jou: Wees rustig in jou hart; want jou fout het uit jou blinde liefde vir My ontstaan! Maar daarom het Ek nou vir jou ‘n lig gegee, sodat jy voortaan nie meer so blind sal wees soos nou nie, maar moet liefhê met die sig van beide oë. Maar tog sê Ek ook vir jou: Wie nie in sy blindheid sal begin om vir My lief te hê nie, die’ sal beswaarlik ‘n hoër lig uit My liefde ontvang!

17. Aangesien jy nou volledig sienend geword het, sal jy nou ook onskadelik vir jou sien, hoe min of selfs glad nie hierdie maagde wat aan My voete klou, in staat is om My treë te belemmer nie.

18. Kyk net ‘n bietjie om jou, waar ons ons nou bevind, en jy sal jou vroeëre leë bekommernis nog meer duidelik agterkom!

19. Hoe kom dit nou vir jou voor? Of bevind ons ons nog op die plek, waar Ek na julle toe gekom het? Of kort daar ook net een van julle?”

20. Hier het Zuriel van verwondering stom geword; want hy het nou eers agtergekom, dat hulle reeds almal by die ongeveer halfuur ver oggendhoogte van Adam was en dus ook reeds by Adam self was.

21. En Abedam het weer vir Zuriel gevra: “Luister, Zuriel, waarom is jy stom? Is dit nie reg so, dat ons reeds by die plek is, waarheen ons nog moeisaam moes gegaan het?”

22. En Zuriel wat ter nouer nood herstel het, het geantwoord: “O Jehova, of dit nie reg so is nie?! - Wat Jy doen, is altyd en ewig reg gedoen; maar net, nee - ek weet nie - dit is tog nie ‘n droom nie - is ons dan werklik daar?

23. Ja - maar net - hoe het dit dan tog gebeur? Met sodanig onbegryplike spoed, - ek het tog geen beweging gevoel nie; - ek het gekniel en kniel nog!

24. O Jehova, hoe wonderbaarlik is tog jou mag en hoe heilig Jou oneindige krag! Ja, wie sou vir Jou nie bo alles kon liefhê nie, al het hy vir Jou net in stomheid erken, waar Jy tog die allerhoogste liefde Self is!

25. Dit sou sekerlik weer te dom wees, indien ek weer vir Jou sou vra, hoe dit moontlik is. Nee, nee, - ek vra nie. Wat sou dan vir Jou onmoontlik wees?!

26. O Jehova, sien, ek praat mos nou, dat dit ‘n skande is, deurmekaar soos ‘n ou vrou in ‘n droom!

27. Wees geduldig met my, en laat vir my eers herstel en oriënteer; want dit is te veel op een slag vir my wat onrein is voor Jou!

28. Ek dank vir Jou, heilige, ja oorheilige Vader vir sodanig oneindig veel genade en barmhartigheid; ek is nie die allergeringste deel daarvan waardig nie!

29. Alleen, heilige Vader, het Jy vir ons almal Jou onthalwe waardig gemaak; daarom vir Jou alle nederigheid van ons harte vir ewig toekom! Amen.”

30. En Abedam het vir hom geantwoord, deur te sê: “Zuriel, jy is dus verbaas, dat jy met al die ander jou skielik hier bevind, - en tog sê Ek vir jou, dat elke asemtrek, elke hartklop in jou, ja alles aan jou ‘n groter wonderwerk is as wat nou gebeur het, wat Ek net laat gebeur het, sodat jy des te duideliker kan sien, hoe heeltemal onnodig jou bekommernis vir die vryheid van My voete was!

31. Maar jy is geregverdig en lewendig, aangesien jy ‘n uiters opregte hart het; daarom jy ook ‘n vrye bewoner van jou huis sal bly! Amen.”

32. Maar ook Adam het nou nader gekom en het vir Abedam daaroor geloof en geprys, omdat Hy selfs teenoor die vroulike geslag so neerbuigend genadig en barmhartig is.

33. En Abedam het vir hom geantwoord: “Adam, het Eva dan nie uit My hand voortgegaan nie?! Waarom sal dan die vrou in My liefde terugstaan?!

34. Maar Ek sê vir jou, dat, wanneer Ek eendag ‘n nuwe hemel sal bou, Ek dit in ‘n vrou sal begin om te bou maar nooit in ‘n man nie!

35. Maar daaroor moet niemand vir My verder uitvra nie; voor dit sal daar nog groot dinge gebeur! Amen.”

Hoofstuk 181 Mobiele weergawe Kommentaar