Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 181 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 181

1. Maar die vyf maagde was sodanig rondom om Hom en het vir Hom aanhoudend gedruk, dat Hy verhinder was om verder te loop, en Hy ‘of vir Sy krag ‘n bietjie ruimte moes gegee het, ‘of Hy moes hulle saam gesleep het.

2. Maar Zuriel het gemeen, dat sodanige gedrag van sy dogters vir Abedam Jehova tog ietwat onaangenaam sou wees, en hy het met groot eerbied nog steeds op sy knieë vir Abedam gevra:

3. “My dogters sal nie vir Jou lastig wees nie; moet ek hulle vir Jou welgevalle terug roep?! Want Jy wil dan op die môrehoogte van Adam gaan, en hulle hinder Jou heilige voete!”

4. Maar Abedam het vir hom geantwoord: “Luister, Zuriel, jy dink wêrelds van My! Wie kan vir My voete hinderlik wees?! Watter aarde sou My treë kon verhinder?!

5. Meen jy dan, indien die gedrag van jou dogters vir My onaangenaam sou wees, Dat Ek nie in staat sal wees om vir My van hulle te kan losmaak nie?! Jy is nog sterk blind op die regter oog!

6. Kyk hier, elke sandkorreltjie wat aan jou voete vaskleef, moet Ek met die krag van My liefde vashou, ja by verre meer intensief as die maagde nou My voete, sodat dit kan bestaan, - en jy kan dit dan vrylik ronddra, waar jy tog net ‘n medeskepsel uit My is, en Ek moet vir jou daarby nog oneindig keer meer intensief vashou, sodat jy kan bestaan en lewe, dink, voel en van jouself duidelik bewus wees, sodanig dat jy ook deur My nie opgehou word, om vir jou vrylik te kan beweeg nie!

Hoofstuk 181 Mobiele weergawe Kommentaar