Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 182 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 182

1. Maar die vyf maagde wat aan die hoë Abedam vasgeklou het, was nog sodanig in die liefde van hulle harte verdiep, dat hulle van alles wat plaasgevind het niks agtergekom het nie.

2. Maar omdat die totale oorgawe van hulle heel rein harte vir Abedam welgeval het, het Hy nou weer aan hulle geraak en het met ‘n sagte stem vir hulle geroep en het dan die volgende woorde aan hulle gerig:

3. “Allurahelli, julle My geliefde dogters en bruide van My liefde vir julle, ontwaak nou ook julle uit die rein liefde tot die netso rein genadelig uit My en gee nou ‘n bietjie aandag van waar julle julle nou bevind en sê vir My dan, hoe dit julle voorkom, en wat julle daarvan dink!”

4. En die maagde het opgestaan en het begin, om skaam om hulle te kyk. Na ‘n rukkie van kyk, het hulle eers erken, dat hulle op die oggendhoogte van Adam was.

5. Maar nou was dit heeltemal verby met hulle. Elkeen sou graag begin het om te praat en vir Abedam allerlei vrae vra; alleen geeneen kon ‘n geskikte begin maak nie. Maar omdat Abedam hulle natuurlike verleentheid gesien het, het Hy vir hulle te hulp gekom en het vir die jongste een gesê:

6. “Jy is verbaas, net soos jou vier susters, dat jy hierheen gekom het, sonder om te weet hoe nie?!

7. Alleen dink net aan die storm van verlede nag, wat sodanig skielik stil geword het, waarna alles weer na sy vorige ordelikheid teruggekeer het tot op die see, wat moes terugtrek, om vir julle ‘n vrugbare land agter te laat, wat julle binnekort sal nodig kry, wanneer julle getalle sal verveelvoudig, en tot op die verafgeleë brandende berge, sodat die aarde in sy binnenste wyer en uitgehol word om weer plek te maak vir die opname van die see wat teruggetrek het en ter opname van daardie wesens, wat vir My haat en vlug, sodat hulle daar met die versonke see sal ween en met die see se sterkste ongedierte, wat saam in die toorndiepte van die aarde gesink het en wie se naam ‘Leviathan’ heet, sal kan tande kners!

8. Sien, andersins is alles weer onbeskadig daar, soos dit van tye en tye af so was.

9. Maar omdat sodanige storm, deur My wil gesterk, selfs deur Seth kon stil gemaak word, hoeveel moet eers vir Myself alles moontlik wees!

10. Maar nie ter wille van julle het Ek hier so iets laat gebeur nie, maar ter wille van julle vrome, vir My onderdanige vader, omdat hy die leë vrees gehad het, dat julle deur julle liefde vir My, die gang van My voete hinderlik kon wees.

11. Maar Ek het daar My hand uitgestrek en het vir julle almal hiernatoe gebring. Toe julle vader gesien het, dat ons ons reeds by die’ plek bevind het, toe het hy eers ten volle begryp, hoe niks vir My op My weë hinderlik kan wees nie.

12. Vir julle, My geliefde bruide en dogters, vertel Ek die oorsaak van hierdie gebeurtenis daarom, sodat julle uit hierdie versekerde en noodsaaklike boodskap kan lig skep en, deur volledig uit julle slaap te ontwaak, sal erken, dat ook die vrou vir die liefde en die lig, en nie net vir die stomme liefde nie en daarmee saam vir die duisternis, deur My geskep is! - Verstaan jy My woorde?”

13. En die jongste het geantwoord: “O Jehova, hoe moet ek vir Jou dank?! Sien, nou het in my alles lig geword! Ek verstaan Jou heilige woord; ja vir myself sien ek nou deur en deur en kom vir myself so lig voor!

14. Ag, hoe oneindig goed voel ek nou! Hoe oorgoed is Jy tog, o Jehova!

15. Maar Jy my bo alles enigste geliefde Jehova, sê vir my tog: Voel my susters net so goed soos ek? En sien hulle hulleself ook deur en deur helder verlig soos ek van en deur jou genade?”

16. En Abedam het vir haar geantwoord: “O kyk net vir hulle, en jy sal binnekort gewaar, dat hulle by My niks kortkom nie!”

17. Wie by My is, soos julle nou, die is reeds met alles versorg!

18. Sien, My liewe Ghemela, Ek is so lief vir jou, asof daar behalwe vir jou in die hele oneindigheid niemand meer sou wees, vir wie Ek kon liefhê nie! Maar sien, dit is nie so nie; want die oneindigheid is vol van tallose wesens, wat vir My lief is soos jy en dus ook van My gelief word soos jy, - en elkeen, wat van My ontvang, die het aan dit, wat hy van My ontvang het, in oormaat genoeg vir alle ewighede der ewighede!

19. Maar soos jy nou tevrede en salig is in die rein liefde vir My, net so sal dit almal in hulle volmaakte manier wees, wat alleen vir My lief is en dan deur My ook nes Ek volkome lief sal wees vir al sy broeders en susters.

20. Maar sodat jy, liewe Ghemela, ‘n kleinste deel van dit, van alles wat oor My liefde bly is, kan sien, pluk vir jou ‘n blommetjie, wat daar langs jou voete vir jou wag.”

21. En sy het die blommetjie van die steel afgebreek en het dit vir Abedam gewys. Maar Hy daaraan geraak en vir Ghemela in die oë geblaas en dan vir haar gesê:

22. “Wat jy nou sien, vertel vir almal om ons deur eenvoudige woorde!

23. Nou, wat sien jy alles op jou blommetjie? - Moenie bang wees om te praat nie; want jy behoort vir ewig aan My en sal vir ewig nooit My groot liefde vir jou verloor nie. Dus, wat sien jy alles?”

24. En Ghemela het liefde-skaam begin om te praat, soos daar volg, deur te sê: “O groot, oorheilige, oorheerlike Jehova! Wat is dit? - O wonder, wonder bo wonder! - Dit is nie ‘n blom nie! Wêrelde, onoorsigtelike groot wêrelde is dit!

25. Wie sou die oneindige veelheid daarvan kon tel?! Die een oortref die ander aan nooit gesiene heerlikheid! Watter onbeskryflike glans omsluit hulle!

26. En - o Jehova, onuitspreeklike heilige Vader! - ek sien ook lewende wesens van alle soort! Hulle getal is oneindig! Ek sien groot waters in en op die oppervlakte van hierdie tallose wonderwêrelde; ook is hulle gevul met tallose lewe! En sien, talloses styg voortdurend uit hierdie wêrelde op, en tallose keer weer na hierdie wêrelde vol glans terug!

27. O Jehova, Jehova! Ek kan nie meer praat nie; die wonders word al hoe meer, groter en nuwer! O Jehova, hoe heilig en goed moet Jy wees! O my - Jehova!”

28. Hier was dit vir haar nie meer moontlik om verder te praat nie; want die wonders wat te groot geword het, het haar spraak verstik, en sy het soos bewusteloos aan Abedam se bors geval.

29. Maar Hy het haar in Sy arms opgevang en haar weer opgewek en het haar dan gevra: “Ghemela, dit sou jy verseker nie by hierdie blommetjie gesoek het nie!?

30. En sien, tog is dit so, en van My uit gesien nog heel oneindig anders! Op ‘n dag in My ryk sal jy dit nog baie beter kan aanskou en geniet!

31. Sien, vir hoeveel Ek reeds moet sorg by ‘n enkele blommetjie; maar nou dink eers vir jou die oneindige liggaamlike en geesteswêreld!

32. En tog het Ek vir jou lief, asof Ek net vir jou alleen gehad het!

33. Nou verstaan jy vir My alreeds beter?! O, Ek sê vir jou, jy sal jou geliefde vir ewig meer en meer verstaan en leer ken! Amen.”

Hoofstuk 182 Mobiele weergawe Kommentaar