Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 184 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 184

1. Na hierdie eindeloos liefdevolle versekering van Abedam aan Ghemela, waardeur ook weer ‘n groot moed in haar teruggekeer het, was sy heeltemal gerus in haar hart. Sy het weer vrylik asem gehaal, en sy het nou van haar wens gebruik gemaak en het uit haar hart die volgende vraag gevra, wat ook in die lys van haar selde, onskuldige vrae behoort het. Hierdie tweede rare vraag het soos volg gelui:

2. “Mees Liefdevolste, my alleen geliefde, bo alles heilige, almagtige Jehova! Aangesien Jy reeds vir Jou so onuitspreeklik laag na ons arm sondaars en sondaresse genadiglik afgebuig het en vir my toestemming verleen het om te vra, sou dit vir Jou aangenaam wees, om vir my met my dwaasheid uit te help?

3. Sien, honderd en duisend keer het ek die woord ‘ewig’ en ‘ewigheid’ gehoor en self nie minder uitgespreek nie; gewis en waar, ek het dit nog nooit verstaan nie!

4. O Jehova, as dit Jou heilige wil is, - ek sou dit graag wil weet!”

5. En Abedam het vir haar geantwoord, om aan haar vraag te voldoen en vir almal verstaanbaar, deur te sê:

6. “Luister, My geliefde Ghemela, wat in werklikheid van My uit die ewigheid is, dit sou jy nooit kon begryp nie en terselfdertyd aan die lewe bly nie, - daarom sal dit onmoontlik wees, om die ewigheid van My standpunt gesien vir jou heeltemal aanskoulik te maak nie; maar wat vir jou en al die ander moontlik is om te verstaan, is die ewigheid vir die gees dit, wat die tyd vir die liggaam is, met die enigste verskil, dat die tyd rondom haar alles verteer en tot niet maak, terwyl die ewigheid ook nie een atoom laat vergaan nie.

7. Daardie tyd bestaan en ontstaan uit die bestendige beweging van alle liggaamlik geskape dinge; want as hulle nie sou beweeg nie, dan sou hulle mettertyd almal oormekaar tuimel, sonne en aardes en mane en alle lewende wesens deurmekaar tot ‘n eindeloos chaotiese klont, wat uiteindelik deur die eindelose sterk opmekaar drukking deur en deur sal ontbrand en sodoende ten einde homself totaal sal vernietig.

8. Maar omdat alles van die kleinste tot die grootste ter wille van sy behoud in bepaalde reg afgemete afstande moet beweeg en selfs die dele van ‘n samehorige liggaam ten minste ‘n bestendige bewegingsdrang in homself moet dra waarvolgens dit wanneer ‘n hindernis verwyder is, binnekort kan begin om te beweeg, word deur die bestendige, onder dieselfde wette steeds terugkerende beweging en wedersydse ordelike ontmoeting, tydperke bewerkstellig wat getel kan word. En wat hierdie bestendigheid in die beweging bewerkstellig, naamlik die slytasie van die’ op pad van beweging ontmoetende dele en daardeur die hetsy stadige of vinnige verganklikheid van die dinge, is die alles verterende tyd. Daarom is ook alles wat tydgebonde is, verganklik, aangesien die dinge vergaan en weer ander in hulle plek tree, en die maatstaf van die tyd word deur die verdwyning en terugkeer van dinge bepaal.

9. Alleen by die ewigheid is dit lynreguit die teenoorgestelde geval! Elke beweging is net skynbaar; terwyl in werklikheid net die mees volmaakte rus in alle dinge heers.

10. In die tyd blyk dinge te rus, en tog beweeg selfs die hardste klip in al sy tallose dele, en daar is niks wat enige rus sou gehad het nie.

11. In die ewigheid is daar weer heeltemal die omgekeerde die geval! Daar blyk alles te beweeg; maar desnieteenstaande verkeer tog alles vanuit My in die mees onverstoorde rus.

12. Maar sodat jy dit reg aanskoulik verstaan, wil Ek vir jou ‘n duidelike en getroue voorbeeld gee:

13. Sien, wanneer jy van hier na daardie vergeleë vuurberg sou loop, dan moes jy jouself op jou voete maak en moeisaam tree vir tree vorentoe loop, om dalk in twee tot drie dae daar uit te kom.

14. In die ewigheid kan elkeen vir hom die moeite spaar, kan gedurig op een en dieselfde punt bly staan en kan alleen met sy gevoelsgedagtes die ongelooflik verste reise onderneem en by sy mees volle bewussyn alles presies aanskou, terwyl sy eintlike persoon ook nie een haar van sy bepaalde plek af beweeg het nie en dus in die bestendige, allersoetste rus bevind, - dit wil sê van My uit gesien.

15. Sien, dit is hoe jy vir jou die saak moet voorstel, asof jy op ‘n sagte bed lê en sou in jou slaap die soetste drome hê, waar jy heen en weer loop en sou spring en dans van vreugde en sal daarby nog ‘n ver en vinnige reis onderneem!

16. Sien en verstaan: by al daardie beweging in die droom, kan tog ook nie die allergeringste plekverandering deur beweging van jou liggaam waargeneem word nie!

17. Net so is vir jou nou nog in ‘n onbegryplike meer volmaakte toestand die ewigheid geaard. Want sien: Net soos deur die beweging die tyd, die vernietiging, die verganklikheid en uiteindelik die dood van alle dinge bewerkstellig word, bewerkstellig die rus die ewige behoud, onverganklikheid en die aanhoudende, ewige mees volmaakte, met My geheel en al eenderse lewe en alle vir My in die liefde en hulle lewendige gees geheel en al eenderse wesens!

18. Net soos Ek ook geen reis hoef te maak nie, om van een oneindigheid tot die ander te kom nie, net so sal My geliefdes dit nie nodig hê, om al die eindelose wonders te aanskou, derhalwe orals persoonlik heen te gaan nie: want hulle sal net soos Ek in alle ewige rus die ware, ewige lewe kan geniet, alhoewel hulle van daardie rus nooit self bewus word nie, maar in plek daarvan net ‘n ewige, mees salige bedrywigheid voel, maar wat juis deur daardie eintlike geestelik-persoonlike rus onvernietigbaar, dit wil sê aanhoudend onderhou word.

19. Sien, My liewe Ghemela, dit is die ewigheid, en dit is die verskil tussen haar en die tyd wat doodmaak!

20. Wat die duurte betref is, is dit met die duur van die tyd gelykstaande. Daarom kan daar net so goed ewighede soos tye bestaan; net word die duurte van die ewigheid nie gevoel soos die’ van die tyd nie, omdat die tyd die verlede nooit weer terugbring nie, terwyl die ewigheid selfs die’ vir jou ondenkbaarste verlede as ‘n mees helder teenwoordigheid voortdurend onderhou en nie minder nie die toekoms as reeds teenwoordig voor hom het. - Verstaan jy dit?”

21. En Ghemela het vriendelik geglimlag: “O Jehova, soos wat Jy dit wil hê, en hoe ver Jy dit vir my toelaat, verstaan ek dit deur Jou genade; maar heeltemal duidelik is dit nog nie, hoe ‘n mens in die bestendige rus nogtans kan beweeg. Sien, dit sou ek graag nog meer duidelik wil verstaan, - as dit Jou heilige wil sou wees!”

22. En Abedam het vir haar gesê: “Dit, liewe Ghemela, sal jy hier nooit volkome verstaan nie, solank as wat jy nog ‘n liggaam het, - maar eendag wel volkome!

23. Vra daarom liewers na iets anders, en Ek sal vir jou alles antwoord uit My liefde vir jou! Amen.”

Hoofstuk 184 Mobiele weergawe Kommentaar