Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 185 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 185

1. En Ghemela was met die antwoord van Abedam oor haar laaste kort vraag volkome gerus, en het weer vir Abedam gevra:

2. “O allersoetste Jehova, wat vol is van die allerhoogste barmhartigheid, liefde en genade, - aangesien ons reeds so oneindig veel genade voor Jou gevind het, sal ek dit waag om vir Jou uit die binnenste liefde van my hart vir Jou, met nog ‘n vraag lastig te val! Ek weet net te goed, dat Jy, o Allerheiligste, deur elkeen van my onrein woorde veronheilig word, waarom ek ook altyd versigtig is, om my onrein mond voor Jou oop te maak, omdat dan die volle insig van my algehele onwaardigheid en verworpenheid voor Jou my longe laat lam word wat dan vir ‘n tyd lank my keel laat toetrek, sodat ek nie vermag om ‘n enkele woord oor my lippe te bring nie; maar as ek dan weer dink, hoe oneindig en onuitspreeklik goed, liefdevol en barmhartig Jy is, dan kry ek weer moed, om van Jou uiters milde toestemming gebruik te maak.

3. En dus is ek nou weer voorbarig en vra vir Jou, dat Jy vir My en al die ander, indien hulle dit saam met my nog nie sou weet nie, sal sê en ons groot dwaasheid verlig, wat dan in werklikheid die lewe is, en hoe dit gebeur, dat ons daarvan ten volle bewus is, dat ons dit weet en deur en deur aanvoel, dat ons bestaan, en vrylik kan doen, wat ons ook net altyd wil doen!

4. Maar ek is vol dwaasheid van alle soort; verseker het ek nou deur hierdie my vraag die som daarvan voor Jou heilige oë aansienlik laat toeneem!

5. Ja, ja, ek kom dit reeds op Jou aangesig agter, dat ek ‘n uiters dwase vraag gevra het! As ek tog net vinnig iets kon gevra het!

6. O Jehova, is Jy dan kwaad oor my dwaasheid? Dan wil ek eerder van te groot skande in die diepste afgrond van die aarde wegkruip en vir die res van my lewe my dwaasheid in die allerdigste duisternis beween.

Hoofstuk 185 Mobiele weergawe Kommentaar