Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 185 Die Huishouding van God, Boek 1

6. O Jehova, is Jy dan kwaad oor my dwaasheid? Dan wil ek eerder van te groot skande in die diepste afgrond van die aarde wegkruip en vir die res van my lewe my dwaasheid in die allerdigste duisternis beween.

7. Ten spyte, o my enigste bo alles geliefde Jehova, ek vereis nie die lig van Jou nie, maar neem hierdie vraag net as ‘n mees nederige versoek van my aan, en Jou bo alles allerheiligste wil moet doen, wat vir hom welgevalle is, en ek sal alles van Jou oorgroot barmhartigheid en onuitspreeklike, allerhoogste en -grootste vaderliefde in die diepte van die diepte van my hart dankbaar erken!

8. O vergewe My, wie se naam my hart, in liefde vir Jou ontbrand, nie meer waag om uit te spreek nie!”

9. En Abedam was opgewonde en het vir haar en al die ander gesê:

10. “Waarlik, Ek sê vir jou soos al die ander: So baie nederigheid het Ek nog by niemand van julle gevind nie!

11. Ghemela, is jy dan werklik en waaragtig bo alles en alleenlik lief vir My?”

12. En Ghemela het begin om te huil en het snikkend vir Abedam geantwoord: “O Jy, my warm Geliefde, Jy die ewige liefde Self! Hoe kan Jy vir My vra, Jy, wat vir my geskep het en vir my hierdie hart gegee het, wat daar - niks behalwe vir Jou alleen kan liefhê!

13. O as dit net moontlik sou wees, dan sou ek graag duisendvoudig die dood self lei uit liefde vir Jou, as dit nie anders moontlik sou wees, om vir Jou te wys, hoe bo alles, alles, alles ek vir Jou lief is! - Alleen, wat praat ek; Jy sien mos my hart!”

14. En Abedam het na die aarde af gebuig, het Ghemela wat voor Hom op die aarde gelê het, opgerig, ja Hy het haar heeltemal op Sy regterarm opgetel en vir haar opsigtelik heftig aan Sy heilige bors gedruk en dan vir haar gesê:

15. “O bekoorlike, liefste, heerlike pêrel van My liefde en barmhartigheid, waarlik, jou jeugdige hart het meer liefde en lewe as die hele aarde! Wat jy nou beleef, het nog geen allerreinste en mees wyse engel ervaar nie!

16. Ek wil vir jou seën vir alle tye! Sien, heerlike Ghemela, hoe Ek, jou Skepper, jou ewige, heilige Vader, vir jou op My hart dra, wat die ewige fondament van alle lewe en alle bestaan van die hele oneindigheid is, net so sal eendag ‘n geheel en al eenderse dogter uit jou bloed - luister! - vir Myself, vir My, die ewige oneindige God, die ewige lewe, die almagtige Skepper van alle kreatuur vanaf die atoom tot by die allerhoogste engelsgees, vir My, die allenige Here van alle mag en krag, onder haar hart dra!

17. Maar vir jou sal Ek binnekort ‘n seun deur My Lamech gee; vir hom sal jy Noah noem, en hy sal ‘n redder van jou volk word.

18. Maar hoe dit sal gebeur en wanneer, dit sal jou toekomstige seun op die regte tyd onmiddelbaar, soos jy nou hierdie belofte van My barmhartigheid, van My ontvang. Bewaar dit goed, en jy sal dan ook binnekort verstaan en voldoende begryp, wat die lewe is, en hoe elke mens daarvan bewus word en dan in die lewe vrylik kan doen, wat hy wil!

19. Maar sodat jy voorlopig met jou vraag nie sonder antwoord met jou voete op die aarde trap nie, onthou die volgende: Wat die lewe aan en in Myself is, sou onmoontlik vir jou wees om te begryp; want soos Ek Self die mees eintlike lewe vir ewig en oneindig is, sal ook nooit die hoogste, mees diepsinnige Cherub in staat wees om te begryp en te aanskou nie. Maar wat die eintlike lewe in jou is, is dit niks anders as My asem in jou of My volkome ewebeeld in elke mens. En soos Ek vir My in die ewige en oneindige steeds allerduidelikste bewussyn van die hoogs eie mees volmaakte lewe bevind, net so het ook elke skepsel ‘n, indien ook vir jou uiters onbegryplik kleinste deel van hierdie My lewe in hom en heeltemal lewendig daaruit vir sy eie behoeftes.

20. Maar alle lewe is sodanig bestel, dat dit voortdurend kan vermeerder en groei deur My onophoudelike invloed; maar des te meer volwasse die lewe word, des te meer volmaak stel dit homself voor.

21. Maar die lewe word eers van homself bewus, wanneer dit met die vonkie van liefde ook ‘n vonkie van die genadelig uit God bykry; met hierdie lig erken die gegewe lewe homself en word vry van homself bewus.

22. Maar wanneer hierdie homself bewuste lewe nie net van homself, maar in hom van sy ewige, heilige oorsprong bewus word en gee dit dank en eer, liefde en aanbidding en erken Die’ se wil, wat hom geskep het, dan eers word dit volkome vry en word deur hierdie erkentenis deur die liefde ‘n kind van die ewige liefde en die ewige lewe, deur watter lewe dit dan eers tot die mees duidelike bewussyn van homself en tot die lewendige bewussyn van Hom, wat nou vir jou op Sy hande dra, sal gelang.

23. Het jy dit ook alles verstaan, My Ghemela?” (05-01-1842)

24. En Ghemela, oorvol van werklik hemelse verrukking, het vir Abedam geantwoord:

25. “O Jy my heilige Vader, my allerhoogste Liefde, wie sou of kan daar Jou woord nie verstaan en begryp nie, in besonder wanneer ‘n mens nog die onuitspreeklike genade besit, wat Jy nou aan my betoon, om deur Jou, o oorheilige Vader, op die hande gedra te word!

26. Sien, dus moet ook Jou Ghemela verstaan, wat Jou oneindige vaderliefde vir haar verlig! Ek kan vir Jou daarvoor nie met my mond dank nie; maar des te meer ontbrand my hart vir Jou!

27. Maar luister, Jy my enigste mees geliefde Jehova, nou het vir my ‘n vreeslik treurige vraag bygeval!”

28. En Abedam het vir haar vinnig en soos verras gevra: “Nou, wat dan, wat dan? Wat kan vir jou, My geliefde, heerlike Ghemela dan so skielik en so treurig op My hande kon bygeval het?

29. Sê dit net vir My baie gou; wie weet, dalk vind ek nog ‘n troos vir jou geestelike teer hartjie?”

30. En Ghemela het ‘n bietjie verleë geglimlag, het met die vol hare van Abedam gespeel maar het dit nie so regtig gewaag om met haar vraag vorendag te kom nie.

31. Na ‘n bietjie langer pouse, toe Abedam vir haar nog ‘n keer aangemoedig het, het sy uiteindelik met ‘n liefde-bewerige stem haar treurige vraag uit gebring en sy het gesê:

32. “O Jehova, sien, uit sommige van Jou heiligste woorde het ek afgelei, dat jy vir ons binnekort weer sal verlaat; en sien, aangesien ek vir Jou reeds oneindig, vir my hart gesproke, liefhet, hoe sal dit met my arme gaan, wanneer ek vir Jou nie meer soos nou, Jy my ewige liefde, om my sal hê nie?”

33. En Abedam het vir haar geantwoord: “Luister, My heerlike, liefste Ghemela, jou bekommernis is enersyds nie ongegrond nie; want Ek kan nie altyd by julle bly nie, en dit sou ook vir niemand goed wees nie. Want as Ek altyd by julle sou bly, dan kon niemand tot die ware, selfstandige, vryste lewe gelang nie, omdat die sonde reeds eenmaal die wêreld in harde knegskap geneem het en juis daarom ook reeds dwang en bande in groot hoeveelheid op aarde teenwoordig is. As Ek nou as die allerhoogste oerkrag en oermag aanhoudend sigbaar onder julle sou verwyl, dan sou julle nog ‘n tweede dwang op aarde hê, sodat daar niemand ook net in die geringste kon vrylik beweeg nie, hetsy heen en weer, of op en af nie.

34. Maar as Ek vir julle oë vreemd bly, maar - indien iemand dit ernstig wil, soos jy dit nou wil en dit getrou ook altyd wou gehad het - des te meer bekend en vertroud in die hart, dan is elkeen ten spyte van die harde knegskap van die sonde, volkome vry. Hy kan daardie knegskap met - veragtelike voete trap en kan hom aan My, deur vir My in die liefde van sy hart te soek en vrylik self te bind, wend, waar hy dan onmiddelik volgens die maat van sy liefde deur My opgeneem en volgens sy liefdewil behou en onderhou sal word, wat alles dan eers die herwinning van die ewige lewe is.

35. Maar dink, wie daar iets sou waag om te doen, indien hy vir My sou sien en met sekerheid sou weet dat Ek vir die hele lewe aan sy sy sal wees!

36. Kyk net, en hou die mense dop, wat weet dat ek sigbaar onder hulle is! Wat doen hulle nou?

37. Geeneen van hulle waag dit om ook net vrylik asem te haal nie, nie eers gepraat om iets anders te doen nie, hetsy reg of verkeerd. En kyk vir die groot skare rondom ons, wat nie weet dat Ek sigbaar onder julle is nie, hoe hulle vrolik beweeg en draai.

38. Baie onder hulle glo dat Ek bokant die sterre is, ander weer dat Ek in ‘n trek van lug teenwoordig is, en nog ander huldig duisenderlei menings van hoe ver Ek van hulle is.

39. Sien, hulle almal lei geen dwang deur My nie en is volkome vry, maar wat by julle almal nou nie die geval is nie, alhoewel julle langs My ver van die knegskap van sonde is, - maar des te meer word julle getrek deur My liefde, waarom julle nou nie anders kan, as om vir My bo alles lief te hê nie, maar wat ten spyte van die heilige reg van die liefde nog steeds ‘n dwang is, aangesien julle in My aangesig nie anders kan, as om vir My lief te hê nie!

40. Maar vir solank Ek sigbaar onder julle is, kan vir niemand sy teenswoordige liefde vir die lewe bygereken word, maar eers dan, wanneer Ek nie meer sigbaar onder julle sal wandel nie, en ook dit, hoe iemand vir My liefgehad het voordat Ek sigbaar geword het!

41. Sien, My heerlike, liefste Ghemela, ook jou teenswoordige liefde vir My sou geen waarde gehad het nie, as jy nie van te vore vir My netso of soms nog meer innerlik lief gehad as nou nie, terwyl op hierdie oomblik nie eintlik jy lief nie, maar jy net deur My met My liefde versadig word tot die ewige lewe!

42. Maar desnieteenstaande kan jy nogtans jou treurige vraag deur ‘n los wind laat verwaai; want jou liefde het sy werk van altyd af nog vrylik gedoen, omdat jy ter wille van My baie met die wêreld geveg het, waarom jy ook so uiters mooi gevorm is, soos wat dit voor jou nog niemand van jou geslag was nie.

43. Op grond van jou voortdurende geveg, het jy My sigbaarheid en selfs My aanraking onskadelik gemaak, en dit sodanig, dat Ek ook net vir jou dinge kon wys, waar die aanskouing daarvan baie, wat nie voorheen nes jy die liefde se oorwinning behaal het nie, sou dood gemaak het.

44. En My herhaaldelike sigbaarheid sal ook vir jou vir ewig onskadelik bly; want jy is reeds aan My gebind. En soos wat Ek nou vir jou sigbaar op My hande dra, net so sal Ek ook vir jou onsigbaar op My liefde se hande dra, en altyd wanneer Ek vir My aan jou sal openbaar, sal jy vir My sien hoe Ek vir jou dra. Daarom wees net vrolik en bly in jou hart; want van nou af sal jy nooit weer vir My mis nie!

45. Sien, My heerlikste, teer en geliefde Ghemela, meen jy dan, Ek sou dit toelaat dat Ek vir jou sal mis?!

46. O sien, jy het nou vir My hart net so onontbeerlik geword soos Ek vir joune; daarom kan jy vir jouself troos, dat Ek nie vir jou, soos dit vir jou wil voorkom, sal verlaat nie.

47. Daarom ook, My heerlikste, allerliefste Ghemela, soos Ek reeds genoem het, laat jou treurige vraag net sorgloos deur die wind verwaai! Amen.”

Hoofstuk 185 Mobiele weergawe Kommentaar