Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 186 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 186

1. En toe Ghemela sodanig heerlike troos van Abedam verneem het, was sy so uitermate vrolik, dat sy op die arm van Abedam feitlik begin het om rond te spring, en dit sodanig, dat sy in die roes van haar vreugde skoon van haar skaamte vergeet het, en haar vader vir haar geroep het, dat sy haarself nie so moet ontbloot nie en tog moet onthou, wie Hy is, wat vir haar dra.

2. Maar Abedam het vir Zuriel oor sodanige ontydige teregwysing berispe, en het vir hom gesê:

3. “Indien jy vir My ken, hoekom is jy bekommerd? En as jy nog nie vir My herken het nie, dan laat vir jou eerder deur jou dogter teregwys, sodat ook jy vir My sal erken, soos wat sy vir My erken het!

4. Wil jy dan vir jou mees onskuldige kinders die slang van ontug wys en vir hulle vir hulle totale onskuld ‘n kommervolle gewete van die wêreld gee?!

5. O sien, hoe groot dwaas jy is! Vir wie sou dit moontlik wees om vir hom op My hande onwaardig te kan gedra?!

6. Wees derhalwe in toekoms meer verstandig! - En jy Ghemela, laat nie vir jou hinder in jou vrolikheid nie; want dit is die volheid van die ewige lewe uit My in jou, en wat jy nou voel, het nog nooit ‘n allerreinste engel gevoel nie. Daarom moet jy net aanhou om te huppel en te spring; want dit is goed om op My hande te huppel en te spring!”

(07-01-1842)

7. En Abedam het nog ‘n kort rukkie vir haar geliefkoos en het dan vir haar gesê: “Sien, My heel rein geliefde, sodat ons nie die jaloerse afguns van diegene, wat so pas van alle kante af nader kom, omdat Ek vanoggend bodes uit gestuur het, verwek nie en vir hulle geen aanleiding gee om in die geheim kwaad te word nie, omdat hulle nog nie vir My erken het nie, soos jy en alle aanwesiges hier vir My ken, sit Ek nou weer vir jou sigbaar op die aarde neer, maar onsigbaar vir vleeslike oë, dus in die gees en in alle waarheid, bly jy op My ewige liefde se hande! Amen.”

8. Met hierdie woorde het Abedam haar nog ‘n keer aan Sy hart gedruk en het haar dan baie versigtig op die aarde neergesit, en dit langs Sy voete. En kort daarna het reeds die verkondigers van die offer en die boodskap volgens die woord van Abedam, nadergekom en het voor Abedam op hulle aangesigte neergeval en het vir Hom uit die diepte van hulle harte aanbid; en agter hulle het onafsienbare skares hulle goeie voorbeeld gevolg.

9. Maar na ‘n kort rukkie het Abedam vir hulle gevra om op te staan en het vir hulle gesê: “Julle het redelik en getrou gewerk; want die vrugte van julle dade volg vir julle, waarom Ek ook ‘n groot vreugde oor julle het en dit nou aan julle oorlaat, om van My ‘n beloning te vra. En soos julle wens net altyd daar sal uitsien, sal dit in vervulling gaan; en dus laat julle harte hardop verneem!”

10. Maar almal het begin om te skree: “Here, heilige God, Jy ons allerliefdevolste Vader, ons Emanuel Abedam! Wat moet ons nog van Jou vra, aangesien ons vir Jou het, vir Jou, die ewige Liefde, vir Jou, ons heilige Skepper en Vader?!

11. Wat kon die mees warm eieliefde nog uitdink, wat daar sou meer wees as Jy?!

12. Sien, in Jou het ons reeds die allerhoogste beloning vir ons harte wat alleenlik vir jou lief is, in sodanige allerhoogste volheid ontvang, wat ons, al sou ons ewighede agtermekaar vir Jou daagliks onuitspreeklik meer sou kon gedien het as vanoggend, nie in die minste verdien het nie! Ja, selfs ons mees ywerige diens vir ewighede, is tog net ‘n blote ydel nietigheid teenoor die oneindige grootte van hierdie onuitspreeklike, heiligste loon, dat Jy, liefdevolste, heilige Vader Self, besluit het om na ons wurms in stof van die aarde af te kom, en vir ons almal vervul het met Jou liefde en Jou allerheiligste genadelig, wat ons nie waardig was en nog steeds nie is nie!

13. O, die aarde moet vir ons in wye en diep vlammende klowe verslind, indien daar in ons langs Jou ook net die kleinste wens sou oorbly, alhoewel ons vir Jou, o Emanuel, ook vir hierdie versoek ewig nie voldoende kan bedank nie!

14. Vir wat kon ons Jou ook vra?! Sou ons dan ook weet, of dit goed en nuttig sou wees?!

15. Maar dit weet ons wel deur Jou genade, dat net Jy vir ons almal noodsaaklik is. Maar vir Jou het ons almal!

16. Vir wat kon ons dan nog vra?! Ja, ons kan vir Jou vra, dat Jy nooit weer vir ons moet verlaat nie! As daardie versoek aan ons toegestaan word, dan het ons oneindig meer as alles , wat in alle ewighede der ewighede ons gloeiende harte kan vind om te wens en daarom kan ons alleenlik net dit vir Jou vra, - maar beslis nie as vergoeding vir ons nietige diens nie, maar alleenlik van weë Jou barmhartigheid en jou Vaderliefde!

17. O Emanuel! Maar vergewe ons self hierdie versoek, aangesien ons almal voor jou blind is en nie weet, wat ons doen nie! Wat alleenlik net vir Jou welgevalle kan wees, is Jou heilige wil; en sodoende gebeur nou, soos altyd en ewig, Jou heilige wil! Amen.”

Hoofstuk 186 Mobiele weergawe Kommentaar