Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 19 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 19

1. En sien en luister verder! - Maar die twee offeraltare van Ahbel en Cahin het nie ver van mekaar af gestaan nie, en die hele afstand was sewe maal tien treë, en was die herd van Ahbel teen die oggend en die van Cahin teen die aand geleë.

2. En sien, toe Cahin nou gewaar het, dat die rook van Ahbel opwaarts na die hemel gestyg het terwyl syne na die aarde toe geval het, toe het Cahin in sy hart kwaad geword; maar sy gesig het hy glad gemaak, dat ‘n mens nie sy ergernis moet agterkom nie, terwyl Ahbel vir Cahin gebid het, aangesien hy sy valsheid agtergekom het.

3. En die Here het die gepleit van Ahbel gehoor en het volgens sy vrome wens Sy stem vir Cahin wat vol grimmigheid was laat hoor en het met ‘n sterk stem gesê:

4. “Cahin, waarom het jy ontrou teenoor My geword en het vir jou deur die grimmigheid in jou hart laat mislei, en waarom verdraai jy jou gesig en lieg met jou oë? Jy voer teen Ahbel boosheid in die mou! Is dit nie so nie? Ontken dit, as jy kan!

5. Ek het gehoor, toe jy vir My son gevloek het, en het die leë gerwe gesien, waarmee jy vir My in jou traagheid en in jou suinigheid tevrede wou stel, en het ook verskeie kere vir jou gesien dat jy in jou groot luiheid hoerery gepleeg het, aangesien jy byna nooit gedoen het, wat Ek vir jou beveel het om te doen, voordat jy met jou vrou gemeenskap sal hê. Sê dan, is dit nie so nie?

6. En sien, Ek het vir jou geduldig gekyk en het nie op jou My strawwende regterhand laat val nie en het nie oor jou in My heiligheid kwaad geword nie! Daarom oorweeg My woorde, en word vroom in jou hart, en jy sal vir My aangenaam wees, en jou offer sal weer aangeneem word; maar wanneer jy in die geheime boosheid van jou hart sal bly, dan het die sonde voor jou deur vir hom ‘n rusplek berei en sal oor jou heers, en jy en al jou nasate sal slawe en knegte daarvan word, en die dood sal oor julle almal kom.

7. Daarom moet jy nie haar wil volg nie, sodat sy nie oor jou kan heers nie, maar breek dit kragtig, en maak dit onderdanig aan jou, sodat jy kan vry word, - ‘n meester oor jou wil, wat van grond af boos is, aangesien dit van jou afkomstig is en nie van My af nie!”

8. En sien, toe het Cahin af na die aarde af gebuk, asof hy sy skuld wil berou. Maar sien, toe het hy aan sy voete ‘n slang gewaar en het toe hewig daarvoor en geskrik en het vinnig weer vanaf die aarde af opgestaan en wou na Ahbel toe vlug; maar sien, toe verstrengel die slang sy voete, sodat hy nie die plek kon verlaat nie.

9. En die slang het sy kop opgetel, het sy bek oopgemaak en het sy dubbele tong beweeg en sê toe vir Cahin: “Waarom wil jy van my af vlug? Wat het ek aan jou gedoen?! Sien, ek is ‘n wese net soos jy en moet in hierdie ellendige gestalte rondkruip; verlos my, en ek sal net soos jy wees en mooier as jou vrou Ahar, en jy sal net soos God word, sterk en magtig oor alles, wat daar op aarde is!”

10. En sien, toe sê Cahin vir die slang: “Sien, jy lieg; want toe ek vir jou in die gras gekry, verskeur en opgeëet het, het jy vir my bedrieg! Hoe moet ek nou vir jou woorde glo?! Want destyds moes ek as gevolg van jou baie swaarkry; daarom ken ek jou leun en kan nooit vir jou stem glo nie. En het jy dan nie ook die woorde van Jehova van bo verneem nie?!

11. Daarom, indien daar enige insig van waarheid in jou is, dan vertolk vir my dit alles met jou stem, en oortuig my van die teendeel, dan wil ek vir jou glo en doen, wat jy van my verwag!”

12. En sien, toe het weereens die slang gesê: “Sien, aan alles dit is jou broer Ahbel skuldig! Hy wil die mag om te heers sy eie maak, om vir jou die eersgeborene van jou reg te ontneem, en dit alles doen hy met groot agterbaksheid, sodat hy selfs die Liefde van die Godheid verblind, en vroom voor Haar oë optree, sodat Sy vir hom tog net oor alles, wat daar op aarde is, moet laat heers, en hy vir jou met sy voete kan spot en vertrap. Want destyds, toe jy vir my in die gras gekry en gedoen het, wat ek vir jou aangeraai het, sou jy ‘n heerser oor alles geword het, indien dit nie was vir die agterbakse slinksheid van jou netjiese broer nie, wat vooraf agtergekom het, wat met jou moes gebeur het, - wat dan onmiddelik met huigelagtige broederliefde na jou toe gekom het, asof hy vir jou wou help; ja, hy het vir jou ook gehelp, maar nie op die troon nie, wat net vir jou bedoel is, maar in ellende en totale nietigheid van jou verhewe wese, wat jy al lankal by jou moes agterkom.

13. Sien, selfs oor die’ kleinigheid was hy afgunstig teenoor jou, aangesien die Here jou offer net soos syne aangeneem het, en het hy deur sy skandelike vleierige toertjies die swak wil van Jehova sodanig beïnvloed, dat Hy jou offer verstoot het en vir jou boonop nog ‘n growwe teregwysing op die hals laat toekom het.

14. En sien, dit was nie vir hom genoeg, dat die Here nie vir jou onmiddelik vernietig het nie. Daarom kyk net vir hom, soos hy, nog slinks bid, en die Here probeer oortuig, dat Hy aan jou dit moet voltrek, wat Hy tot nou toe genadiglik nog nie gedoen het nie.

15. En nou sien, dit is die groot slinksheid van Ahbel, dat hy deur sy mees skandelikste, agterbakse huigelary die Here daarheen wil bring, dat Hy ten slotte in Sy blindheid al Sy mag aan hom moet oorhandig, waarna daardie Ahbel Hom van die troon sal verwyder. En op die’ manier sal God op aarde smag; maar hy sal dan ‘n heersende God op die troon van Jehova wees vir ewig.

16. Daarom gaan nou; dit is die laaste keer, dat ek nog in staat is, om jou met die nodige krag te voorsien, om vir jou en God te red! Daarom gaan gou na hom toe en praat met hom in soet woorde, sodat hy gewillig vir jou hiernatoe sal volg! Dan sal ek sy voete en sy hande bind; maar jy moet dan ‘n klip vat, en hom hard op die kop slaan, dan sal jy vir hom die dood gee, waarmee hy vir jou deur Jehova laat dreig het! En op die manier sal jy jou van die andersins versekerde dood bevry en sal die oë van die blinde Liefde van God wat bedrieg is, oopmaak, wat dan vir jou ‘n heerser op aarde sal maak en sal aan jou die dood van die sonde onderdanig maak.”

17. En nou, op hierdie wyse oorreed in die boosheid van sy hart, het Cahin sy plek verlaat en het na Ahbel toe gegaan en het met ‘n soet stem gesê: “Broer, broer, kom tog gou hiernatoe, en bevry vir my van die slang, wat weereens vir my ten gronde wil laat gaan!”

18. En Ahbel het vir hom geantwoord: “Dit, wat jy glo, eers moet gebeur, het reeds plaasgevind; maar wat jy van my in jou verdorwenheid verwag, wil ek vir jou in my liefde doen. Die dood, wat jy dink jy vir my sal gee, sal oor jou kom; en my bloed, waarmee jy die aarde sal drenk, sal na God skree en sal oor jou hoof en oor al jou kinders kom; en die klip, waarmee jy jou broer sal vermoor, sal ‘n klip van aanstoot word, en al jou kinders sal daaraan verpletter; maar die slang sal al die bloed op aarde laat sleg word, en die kinders van seën sal vir jou bloed om wraak skree; en dan sal oor julle ‘n groot duisternis kom, en niemand sal die stem van sy broer meer verstaan nie, soos wat jy my stem reeds nie meer verstaan nie, aangesien jy vir jou deur jou groot boosheid laat verblind het, deur die gestalte van die slang in en om jou, wat daar was, is en ewig sal wees die ware vloek van die regverdige oordeel van God!

19. En sien, soos wat die Here vir my die plan van al jou geheime boosheid gewys het en vir my jou groot grimmigheid laat weet het, net so weet ek ook, wat jy met my wil doen en waarom!

20. O jy, wie se blindheid tot aan die einde van alle tye sal duur, lei my dan as ‘n skuldelose slagoffer daarheen, en doen aan my volgens jou boosheid in en om jou, sodat jou slang tot ‘n ewige leuenaar gestraf sal word en jy later aan jou mag ervaar, wie van ons twee die’ een is, wat bedrieg is!

21. En die skande, wat jy aan die Here begaan het, sal vir jou gevange neem, en na die daad sal vir jou die oë en ore oopgemaak word, sodat jy kan sien, hoe die Here vir my na Hom toe, as die laaste offer uit jou hand wat vir Hom welgevalle is, sal opneem; want voortaan sal geen offer nie, maar die dood, waardeur jy vir jou broer geoffer het, vir jou gegee word.

22. En sien, ek het al die mag oor jou, en dit sou vir my maklik wees, om vir jou, soos daardie berg daar anderkant die rivier teen middernag, te vernietig!

23. Kyk, ek sal die berg aanspreek en sê: ‘Hier is ek, Ahbel, die geseënde een van die Here, vol van mag en krag van die heilige Gees; daarom verdwyn en word tot niet, sodat Cahin kan ervaar, hoe groot sy leun is!’

24. En nou sien jy, Cahin, hoe die magtige berg uit sy bestaan deur die inwonende krag van die gees van die liefde in my, verdwyn het. En sien, net so maklik sou dit vir my wees, om ook jou te vernietig! Maar sodat jy kan sien, dat daar in God geen swakheid is en in jou broer geen skandelike heerssugtigheid is nie, wil ek vir jou soos ‘n lam na die slagting volg.”

25. En sien, toe neem Cahin vir Ahbel heel vriendelik by die arm en sê: “Ahbel, wat dink jy van my?! Ek soek hulp, en jy wil vir my reeds vooraf beskuldig vir die dood aan jou; kom dan, en volg vir my na die plek, waar die slang vir jou wag, en vernietig dit soos die berg en maak vir my vry en vir jou los van die beskuldiging van die slang.”

26. En Ahbel het kortweg vir hom geantwoord: “Wat is die verskil tussen jou en die slang?! - Meen jy blinde mens, dat ook ek ‘n moordenaar van my broer is?! - Daarom volg ek vir jou en sterf vir die lewe terwyl jy sal bly lewe vir die dood!”

27. En sien, dit was Ahbel se laaste woorde aan Cahin, en van die lippe van Ahbel het geen geluid meer aan die ore van Cahin gedring nie; en so het hy gewillig vir Cahin gevolg, waarheen hy hom gelei het.

28. En toe hulle nou volledig by die plek aangekom het, waar die slang van Cahin gewag het, was dit die plek waar Cahin se slinksheid openbaar gemaak was en het hy die voete en hande van Ahbel gebind en het hom op die grond gegooi, ‘n groot klip geneem en daarmee die kop van Ahbel verpletter, sodat sy bloed en sy murg wyd op die aarde gespat het.

29. En die slang het homself van die voete van Ahbel losgemaak, het die klip in sy bek geneem en het dit voor die deur van Cahin geplaas en het in die sand onder ‘n doringbos, weggekruip, - vry.

Hoofstuk 19 Mobiele weergawe Kommentaar