Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 19 Die Huishouding van God, Boek 1

Hoofstuk 19

1. En sien en luister verder! - Maar die twee offeraltare van Ahbel en Cahin het nie ver van mekaar af gestaan nie, en die hele afstand was sewe maal tien treë, en was die herd van Ahbel teen die oggend en die van Cahin teen die aand geleë.

2. En sien, toe Cahin nou gewaar het, dat die rook van Ahbel opwaarts na die hemel gestyg het terwyl syne na die aarde toe geval het, toe het Cahin in sy hart kwaad geword; maar sy gesig het hy glad gemaak, dat ‘n mens nie sy ergernis moet agterkom nie, terwyl Ahbel vir Cahin gebid het, aangesien hy sy valsheid agtergekom het.

3. En die Here het die gepleit van Ahbel gehoor en het volgens sy vrome wens Sy stem vir Cahin wat vol grimmigheid was laat hoor en het met ‘n sterk stem gesê:

4. “Cahin, waarom het jy ontrou teenoor My geword en het vir jou deur die grimmigheid in jou hart laat mislei, en waarom verdraai jy jou gesig en lieg met jou oë? Jy voer teen Ahbel boosheid in die mou! Is dit nie so nie? Ontken dit, as jy kan!

5. Ek het gehoor, toe jy vir My son gevloek het, en het die leë gerwe gesien, waarmee jy vir My in jou traagheid en in jou suinigheid tevrede wou stel, en het ook verskeie kere vir jou gesien dat jy in jou groot luiheid hoerery gepleeg het, aangesien jy byna nooit gedoen het, wat Ek vir jou beveel het om te doen, voordat jy met jou vrou gemeenskap sal hê. Sê dan, is dit nie so nie?

6. En sien, Ek het vir jou geduldig gekyk en het nie op jou My strawwende regterhand laat val nie en het nie oor jou in My heiligheid kwaad geword nie! Daarom oorweeg My woorde, en word vroom in jou hart, en jy sal vir My aangenaam wees, en jou offer sal weer aangeneem word; maar wanneer jy in die geheime boosheid van jou hart sal bly, dan het die sonde voor jou deur vir hom ‘n rusplek berei en sal oor jou heers, en jy en al jou nasate sal slawe en knegte daarvan word, en die dood sal oor julle almal kom.

7. Daarom moet jy nie haar wil volg nie, sodat sy nie oor jou kan heers nie, maar breek dit kragtig, en maak dit onderdanig aan jou, sodat jy kan vry word, - ‘n meester oor jou wil, wat van grond af boos is, aangesien dit van jou afkomstig is en nie van My af nie!”

8. En sien, toe het Cahin af na die aarde af gebuk, asof hy sy skuld wil berou. Maar sien, toe het hy aan sy voete ‘n slang gewaar en het toe hewig daarvoor en geskrik en het vinnig weer vanaf die aarde af opgestaan en wou na Ahbel toe vlug; maar sien, toe verstrengel die slang sy voete, sodat hy nie die plek kon verlaat nie.

9. En die slang het sy kop opgetel, het sy bek oopgemaak en het sy dubbele tong beweeg en sê toe vir Cahin: “Waarom wil jy van my af vlug? Wat het ek aan jou gedoen?! Sien, ek is ‘n wese net soos jy en moet in hierdie ellendige gestalte rondkruip; verlos my, en ek sal net soos jy wees en mooier as jou vrou Ahar, en jy sal net soos God word, sterk en magtig oor alles, wat daar op aarde is!”

10. En sien, toe sê Cahin vir die slang: “Sien, jy lieg; want toe ek vir jou in die gras gekry, verskeur en opgeëet het, het jy vir my bedrieg! Hoe moet ek nou vir jou woorde glo?! Want destyds moes ek as gevolg van jou baie swaarkry; daarom ken ek jou leun en kan nooit vir jou stem glo nie. En het jy dan nie ook die woorde van Jehova van bo verneem nie?!

Hoofstuk 19 Mobiele weergawe Kommentaar